NUUS EN STAPSAKE
Dagsê
- Nuwe jaar, nuwe begin: Net ‘n vinnige nuusbrief om te sê ons is besig om die jaar op die pad te kry en sien uit na ‘n voorspoedige, veilige en verrykende stapjaar. Mag 2026 vir ons almal baie goedheid inhou. Môre stap ons ‘n mooi roete vanaf die Eden on the Bay winkelsentrum in Blouberg tot by Kreeftebaai en terug. Kry die besonderhede hieronder en bespreek by Freddie Pohl by 074 304 7678.
- Algemene jaarvergadering op Saterdag 14 Februarie: Kom kry jou boekieprogram met al die stapinligting (koste, roetebeskrywings, moeilikheidsgraad, ens.), help om die nuwe bestuur te kies, en kuier lekker saam. Bespreek by Amanda Matthee by 082 570 3895 of amandam@mweb.co.za. Ons gee binnekort meer inligting oor die venue en koste. Wie wil jy op 2026 se bestuur sien? Stuur asb jou nominasies aan amandam@mweb.co.za.
- Fotokompetisie vir stapboekie se voorblad: Ons is op soek na ‘n mooi foto vir ons 2026-boekieprogram se voorblad. Kyk deur jou foto’s van verlede jaar se stappe en stuur jou twee mooiste foto’s na Gerna Hough by gernah81@gmail.com teen Donderdag 29 Januarie. Dit moet ‘n “dwars” foto wees (landskapformaat) met iets interessants aan die regterkant.
- Ledegeld vir 2026: R110 vir die hooflid en R190 per paar (of hooflid en 1 afhanklike kind bo 18). Elkeen moet ‘n lidmaatskapvorm invul. Lidmaatskap hou baie voordele in: Jy kry ’n stap-infrastruktuur met ’n jaarprogram en stapleiers wat ervare is, voorkeur op besprekingslyste bo besoekers, ’n kleiner administratiewe heffing (R10 per dag vir lede teenoor R20 per dag vir besoekers). Die lidmaatskapvorm is hierby aangeheg.
- Hoe om ledegeld te betaal: Internetbetalings in die “62-rekening”: First National Bank. Rekeningnaam: Sanlam-Staptoerklub. Rekeningnommer: 62049730999. Tak: Civic Centre, Bellville. Takkode: 200910. Verwysing by jou inbetaling: jou naam en van + ledegeld (bv. Piet Pakstap ledegeld). Stuur jou inbetalingsbewys saam met jou lidmaatskapvorm aan Steph du Toit by steph@essef.co.za en aan André Venter by andre@matimbers.co.za.
- WEG-stapfees: 20 tot 22 Februarie by Meerendal. Verskeie dagstappe. Sien https://topevents.co.za/event/weg-stapfees-go-festival-of-hiking-2026/.
- Kaapstad word gasheer van 2027 World Mountain and Trail Running Championships: Cape Town is set to become the first city in Africa to host the World Mountain and Trail Running Championships in 2027. About 1 200 elite runners from over 80 nations are expected to compete in the championship races from 6 to 10 October 2027, while a limited-entry race will also be open to recreational trail runners. https://tygerburger.co.za/cape-town-to-host-2027-world-mountain-and-trail-running-championships/
- Stapverslag: Stapverslag van ons eerste dagstap hieronder.
VOLGENDE SARSIE STAPPE VIR DIE JAAR
- BLOUBERG (EDEN BAY) NA KREEFTEBAAI EN TERUG – SATERDAG 17 JANUARIE 2026
Bespreek voor 14:00 vandag
Stapleiers en besprekings: Freddie Pohl by 074 304 7678. Beginpunt- en tyd: 09:00 by Eden on Bay winkelsentrum. Graad: 1A (stapafstand 10 km). Groepgrootte: Onbeperk. Inpak: Soos vir dagstap met reën-, wind- en sonbeskerming, water, kos, ens. Koste: Brandstofdonasie: R100. Adminheffing R10 (lid) / R20 (besoeker).
Freddie en Susan sê: Hierdie is nog ‘n kry-die-jaar-op-die pad seestap vanaf Eden Bay by Bloubergstrand na Kreeftebaai en terug. Mooi uitsigte oor Tafelberg en Robbeneiland. Die weer wat vir Saterdag voorspel word, is baie matig met 24 grade Celsius maksimum. Ons kry mekaar naby die groot geel fotoraam voor die sentrum se eetplekke op die seefront – dit is naby Happy Folks en die Fat Cactus. Kan agterna koffie drink of roomys eet.
- FRANSCHHOEK: LA MOTTE – SATERDAG 24 JANUARIE 2026
Ons herskeduleer hierdie stap en kyk na iets anders in die plek hiervan
- VOLMAANSTAP, PLAISIR WYNLANDGOED, FRANSCHHOEK – SONDAGAAND 1 FEBRUARIE 2026
Bespreek vanaf Maandag 19 Januarie
Beginpunt- en tyd: 17:45 by Plaisir Wine Estate se parkeerplek, Franschhoek. Stapleiers: Gerrit en Mariette Nortjé by 082 929 8493. Graad: 2A (redelik, 11 km, klimhoogte 304 m, geleidelike klim). Groepgrootte: Onbeperk. Inpak: Soos vir volmaanstap met piekniekkos, FLITS, stapstok, reënbaadjie en beanie, genoeg water, glas of beker vir wyn, ens. Koste: Permitkoste R250 (kinders onder 14 gratis, pensioentrekkers 50% afslag; sluit Banhoek-bewarea se fooi in; sluit glas wyn in). Brandstofdonasie R100. Adminheffing R10 (lid) / R20 (besoeker).
Gerrit en Mariette sê: ‘n Sondag-aand met ‘n verskil! Die sirkelroete begin by die parkeerplek van Plaisir-wynlandgoed (op R45) naby Simondium, Franschhoek, en loop deur die wingerde en inheemse fynbos na ‘n uitkykpunt teen die hange van Simonsberg. Hier hou ons piekniek. Dit is baie spesiaal om hier te sit en kyk hoe die maan oor die berge van die Franschhoek-vallei opkom (maan kom 19:48 op). Begroot sowat 4 uur vir die hele stap (sluit tyd in vir piekniek by die uitkykpunt). Sien ook https://www.entryninja.com/events/82748-feb2026-full-moon-hikes.
STAPVERSLAE
Strand: Paardevlei en na Hibernian en terug – 10 Januarie 2026
Ses van ons ontmoet mekaar om 07:15 in erge wind by die Paardevlei-parkeerplek. Steph noem dat as jy in die Strand stap sonder wind is jy op die verkeerde plek! Ons vertrek om 07:30 en stap deur die oostelike hek antikloksgewys óm die vlei. Daar is heelwat voëls wat flaminke insluit. Ons stap by die westelik uitgang uit en maak ‘n vinnige stop by die motors voordat ons die suid-oostewind tromp-op aanpak. Ons stap by Busamed en Checkers verby en oor die Lourensrivier. Ons hou vir die eerste 800m aan die geboue se kant van Kusweg (want die sand wat deur die wind opgeswiep word, voel soos skuurpapier teen jou vel) waarna ons oorgaan na die seekant. Ons draai by Hibernian Towers om waar die wind só erg waai dat party bang is hulle waai om. Met die wind van agter gaan dit makliker en ons hou aan die seekant terug na die motors wat ons om 10:30 bereik. Ons gaan almal na Lorenzo Marx restaurant vir iets om te drink en “brunch”. Baie dankie aan Steph du Toit vir die reëlings. Stapafstand: 11 km. Klimhoogte: 3 meter.
HOE OM STAPGELD TE BETAAL
- Internetbetalings in die “62-rekening”: First National Bank. Rekeningnaam: Sanlam-Staptoerklub. Rekeningnommer: 62049730999. Tak: Civic Centre, Bellville. Takkode: 200910.
- Inbetalingsbewys vir stapgeld: Stuur aan André Venter by andre@matimbers.co.za en aan die stapleier / staporganiseerder.
- Verwysing by jou inbetaling: jou naam en van + die stap se naam (bv. Piet Pakstap Kaappunt)
HOE OM LEDEGELD TE BETAAL
- Internetbetalings in die “62-rekening”: First National Bank. Rekeningnaam: Sanlam-Staptoerklub. Rekeningnommer: 62049730999. Tak: Civic Centre, Bellville. Takkode: 200910.
- Inbetalingsbewys vir ledegeld: Stuur aan Steph du Toit by steph@essef.co.za en aan André Venter by andre@matimbers.co.za.
- Verwysing by jou inbetaling: jou naam en van + ledegeld (bv. Piet Pakstap ledegeld)
LIDMAATSKAP VIR 2026
R190 per paar (of hooflid en 1 afhanklike kind bo 18). Bestaande lede hoef nie weer ‘n vorm in te vul nie (tensy jou besonderhede verander het). Nuwe lede kan ons vorm by www.sanlamstaptoerklub.co.za kry. Lidmaatskap hou baie voordele in: Jy kry ‘n stap-infrastruktuur met ‘n jaarprogram en stapleiers wat ervare is, voorkeur op besprekingslyste bo besoekers, ‘n kleiner administratiewe heffing (R10 per dag teenoor R20 per dag vir besoekers) en gereelde nuusbriewe. Die lidmaatskapvorm is hierby aangeheg.
ALGEMENE STAPREËLS
- Vrywillige deelname: Deelname aan enige stap of aktiwiteit van Sanlam-Staptoerklub (ongeag die stapleier of verteenwoordiger) is geheel en al op eie risiko.
- Kies jou stappe volgens jou fiksheidsvlak: Dit is wenslik om met ‘n makliker stap te begin en geleidelik al moeiliker stappe te doen.
- Noodhulp: Stappers moet hul eie noodhulp-items saambring. Die volgende word as minimum aanbeveel: 1) Rehydrate (of iets vir krampe), pleisters en verbande. 2) Persoonlike medikasie. 3) ‘n Beskrywing, op ‘n stukkie papier, van enige bestaande mediese toestand wat jy het, en wat ‘n derde party kan help as jy tydens ‘n staptog iets oorkom.
- Besoekers: Besoekers is welkom om saam te stap as dit stappermit en/of groepgrootte dit toelaat. (Adminheffing van R20 per persoon per dag bo en behalwe die gewone koste van die stap.)
LAAT MENS DINK
“Hiking is the ultimate way to multitask. You get some exercise, enjoy nature, and completely ignore your problems.” – Unknown
KLUB SE KONTAKBESONDERHEDE
E-pos: amandam@mweb.co.za | Selfoon: 0825703895. Web: www.sanlamstaptoerklub.co.za. Facebook: Sanlam-Staptoerklub Kaapstad. As jou kontakbesonderhede verander het, laat weet ons asseblief.
Jy ontvang hierdie e-pos omdat jy ‘n lid van Sanlam-Staptoerklub is of omdat jy toestemming gegee het dat ons jou naam op die nuusbrief se verspreidingslys kan sit. As jy nie meer ons e-nuus wil ontvang nie, Reply met “Kanselleer” in die onderwerpblokkie. Van Sanlam-Staptoerklub se bestuur: Amanda, Steph, André, Werner, Wynand, Santie, Freddie en Gerna
