NUUS EN STAPSAKE
Dagsê
- Februarie se stappe – kom stap saam! Net ‘n vinnige nuusbrief om Februarie se stappe met julle te deel – die Seepunt-V&A-stap, Algemene Jaarvergadering, die Majik Forest-roete, en die Hermanus-kuspad (wat die kano-roei vervang). Ons volledige program is by die Algemene Jaarvergadering beskikbaar.
- Kom na ons Algemene Jaarvergadering Sat 14 Febr van 11:00 tot 14:00: Ons hou weer ons AJV by Kaapzicht-wynplaas op die Bottelary-pad. Hulle maak heerlike pizzas en gee ‘n verskeidenheid wyne. Ons gee ‘n kort opsomming van die jaar wat verby is, kies die nuwe bestuur, en deel die boekieprogram uit met al die inligting oor vanjaar se stappe (koste, roetebeskrywings, moeilikheidsgraad, ens.). R150 pp. Kry meer inligting hieronder en bespreek by Amanda Matthee by 082 570 3895 teen Dinsdag 10 Februarie om 12:00 op die laatste. Ons sien uit na ‘n lekker kuier!
- Seepunt-stap Saterdag 7 Februarie: Daar is nog plek op hierdie stap wat by Queens Beach-parkeerarea in Seepunt begin (ons sal PIN stuur) en dan tot by die bekende Oranjezicht-mark in die V&A Waterfront loop en terug. Om te sien langs die pad: wenfoto’s van jaarlikse Orms & Canon fotokompetisie wat groot teen die promenademuur uitgestal is. Swem in die getypoel is ook ‘n opsie. Kry al die inligting hieronder bespreek nou by Kobus en Edna Terblanche 082 379 3171.
- Stapverslae: Ons gee volgende keer weer stapverslae (Sondagaand se volmaanstap by Plaisir-wynlandgoed was betowerend mooi).
VOLGENDE SARSIE STAPPE VIR DIE JAAR
SEEPUNT-STAP – SATERDAG 7 FEBRAURIE 2026
Bespreek nou
Stapleiers: Kobus en Edna Terblanche 082 379 3171. Beginpunt- en tyd: 06:45 by Queens Beach-parkeerarea in Seepunt. Graad: 1A (stapafstand 10 km). Groepgrootte: Onbeperk. Inpak: Soos vir dagstap met reën-, wind- en sonbeskerming, water, kos, ens. Koste: Brandstofdonasie: R100. Adminheffing R10 (lid) / R20 (besoeker).
Kobus en Edna Terblanche sê: Ons begin vroegoggend by die Queens Beach-parkeerarea in Seepunt (ons sal PIN stuur) en stap al met die promenade langs tot by die bekende Oranjezicht-mark (“Recognized globally, including being named one of the top 20 farmers’ markets worldwide by The Independent UK … Supporting over 40 local farmers and 80 artisanal food traders”). Die mark, wat nou V&A Waterfront toe geskuif het, is dan ons omdraaipunt. Een van die moeite-werd dinge langs die pad is die uitstalling van foto’s van die jaarlikse Orms & Canon wit-en-swart fotokompetisie teen die promenademuur. (“Chasing Contrast” celebrates South Africa’s cities, heritage, landscapes, and everyday beauty through the timeless art of monochrome. No colour, no distractions, just light, texture, and emotions.) Swem in die getypoel is ook ‘n opsie.
ALGEMENE JAARVERGADERING SAT 14 FEB 2026 vanaf 11:00 tot 14:00 BY KAAPZICHT
Bespreek voor Dinsdag 10 Februarie om 12:00
Kom kry jou boekieprogram met al die stapinligting (koste, roetebeskrywings, moeilikheidsgraad, ens.), help om die nuwe bestuur te kies, en kuier lekker oor heerlike pizzas en Kaapzicht-wyne.
Op die agenda: Ons gee ‘n kort verslag oor die jaar wat verby is, kies die nuwe bestuur, deel van boekie-program uit, deel die kilometer-wapentjies en -geskenkbewyse uit vir die stappers wat kwalifiseer, en verduidelik ‘n paar van die langstappe en ander spesiale stappe.
Plek: Kaapzicht-wynplaas op die Bottelarypad (dieselfde afdraai as Mooiplaas). Hier is die aanwysings. Hulle het ‘n lekker breë stoep waar ons by lang tafels sit.
Spyskaart: Heerlike pizzas en ‘n verskeidenheid van Kaapzicht se wyne.
Koste: R150 per persoon. Betaalbaar by die venue. Yoco-kaartmasjien beskikbaar. (As jy na 10 Feb kanselleer, moet jy nog altyd betaal.)
Wie wil jy op 2026 se bestuur sien? Stuur asb jou nominasies aan amandam@mweb.co.za teen Donderdag 12 Feb.
Besprekings: Bespreek by Amanda Matthee by 082 570 3895 of amandam@mweb.co.za voor Dinsdag 10 Feb om 12:00 (vir spysenieringsdoeleindes).
MAJIK FOREST, DURBANVILLE – SATERDAG 21 FEBRUARIE 2026
Bespreek vanaf Maandag 9 Februarie
Besprekings: Amanda Matthee by 082 570 3895. Stapleier: Estelle Zietsman. Beginpunt- en tyd: 07:00 by Majik Forest. Graad: 1A (stapafstand 9 km, twee geleidelike bulte). Groepgrootte: 16. Inpak: Soos vir dagstap met reën-, wind- en sonbeskerming, water, kos, ens. Koste: Brandstofdonasie: sal afhang van waarvandaan jy ry. Adminheffing R10 (lid) / R20 (besoeker).
Estelle sê: Ons parkeer aan die agterkant van die Spar-winkel by die Majik Forest-winkelsentrum en kom by die Majik Forest se “boonste hek” (naaste aan Spar) bymekaar. Ons neem die “breë pad” tot by die hek aan die Jip de Jager-kant van die reservaat, stap oor die riviertjie en dan deur die woud-gedeelte tot weer by die boonste hek. Hier neem ons ‘n jeeppad tot op ‘n koppie waar ons ons koffie drink en broodjies eet en die uitsigte geniet. Daarna stap ons weer terug tot by ons motors. Die Majik Forest-bewaringsgebied vorm deel van die Tygerberg-heuwels en is grootliks met renosterveld oortrek. Lekker vroegoggend-stap!
HERMANUS-KUSPAD – SATERDAG 28 FEBRUARIE 2026
Bespreek vanaf Maandag 16 Februarie
Besprekings: Amanda Matthee by 082 570 3895. Beginpunt- en tyd: 08:00 byGrotto-strand, Hermanus. Graad: 1A (stapafstand sowat 15 km). Groepgrootte: 16. Inpak: Soos vir dagstap met reën-, wind- en sonbeskerming, water, kos, ens. Koste: Brandstofdonasie: R190 (120 km x 2) (motor met 3 betalende passasiers OF reël self onderling). Adminheffing R10 (lid) / R20 (besoeker).
Amanda sê: ‘n Dag by Hermanus! Ons stap vanaf Grotto Beach se parkeerarea tot by die Nuwe Hawe en weer ‘n ent terug op die bekende Hermanus-rotspad (Hermanus Cliff Path Walk). Die paadjie is onlangs met 3 km verleng sodat jy vanaf die Ou Hawe (dit was in die verlede die eindpunt) tot by die Nuwe Hawe kan stap. Die roete vorm deel van die Fern Kloof-bewaringsgebied en bied fantastiese uitsigte oor Walkerbaai en die ruwe kusgebied. Ons loop verby plekke met name soos Lawaaiwater, Kammabaai, Tamatiebank en Platbank. Die roete het verskeie toekennings gewen, onder meer die SA Institution of Civil Engineering (SAICE) se Goue Toekenning vir die Poolebaai-brug. Daar is ook plek vir swem in die getypoele – bring gerus swemklere saam. Ons kan die markie by die Ou Hawe besoek en vis en chips by die Nuwe Hawe eet. Hermanus is ‘n entjie om te ry, maar hierdie rotspad is beslis die moeite werd.
HOE OM STAPGELD TE BETAAL
- Internetbetalings in die “62-rekening”: First National Bank. Rekeningnaam: Sanlam-Staptoerklub. Rekeningnommer: 62049730999. Tak: Civic Centre, Bellville. Takkode: 200910.
- Inbetalingsbewys vir stapgeld: Stuur aan André Venter by andre@matimbers.co.za en aan die stapleier / staporganiseerder.
- Verwysing by jou inbetaling: jou naam en van + die stap se naam (bv. Piet Pakstap Kaappunt)
HOE OM LEDEGELD TE BETAAL
- Internetbetalings in die “62-rekening”: First National Bank. Rekeningnaam: Sanlam-Staptoerklub. Rekeningnommer: 62049730999. Tak: Civic Centre, Bellville. Takkode: 200910.
- Inbetalingsbewys vir ledegeld: Stuur aan Steph du Toit by steph@essef.co.za en aan André Venter by andre@matimbers.co.za.
- Verwysing by jou inbetaling: jou naam en van + ledegeld (bv. Piet Pakstap ledegeld)
LIDMAATSKAP VIR 2026
R190 per paar (of hooflid en 1 afhanklike kind bo 18). Bestaande lede hoef nie weer ‘n vorm in te vul nie (tensy jou besonderhede verander het). Nuwe lede kan ons vorm by www.sanlamstaptoerklub.co.za kry. Lidmaatskap hou baie voordele in: Jy kry ‘n stap-infrastruktuur met ‘n jaarprogram en stapleiers wat ervare is, voorkeur op besprekingslyste bo besoekers, ‘n kleiner administratiewe heffing (R10 per dag teenoor R20 per dag vir besoekers) en gereelde nuusbriewe. Die lidmaatskapvorm is hierby aangeheg.
ALGEMENE STAPREËLS
- Vrywillige deelname: Deelname aan enige stap of aktiwiteit van Sanlam-Staptoerklub (ongeag die stapleier of verteenwoordiger) is geheel en al op eie risiko.
- Kies jou stappe volgens jou fiksheidsvlak: Dit is wenslik om met ‘n makliker stap te begin en geleidelik al moeiliker stappe te doen.
- Noodhulp: Stappers moet hul eie noodhulp-items saambring. Die volgende word as minimum aanbeveel: 1) Rehydrate (of iets vir krampe), pleisters en verbande. 2) Persoonlike medikasie. 3) ‘n Beskrywing, op ‘n stukkie papier, van enige bestaande mediese toestand wat jy het, en wat ‘n derde party kan help as jy tydens ‘n staptog iets oorkom.
- Besoekers: Besoekers is welkom om saam te stap as dit stappermit en/of groepgrootte dit toelaat. (Adminheffing van R20 per persoon per dag bo en behalwe die gewone koste van die stap.)
LAAT MENS DINK
Life Lessons from the Trail – https://www.thetrailmaster.com/tales/hiking-humor/
- A pebble in a hiking boot always migrates to the point of maximum irritation.
- The return distance to the trailhead where you parked your car remains constant as twilight approaches.
- The sun sets two-and-a-half times faster than normal when you’re hurrying back to the trailhead.
- The mosquito population at any given location is inversely proportional to the effectiveness of your repellent.
- Waterproof rainwear isn’t. (However, it is 100% effective at containing sweat).
- The width of backpack straps decreases with the distance hiked. To compensate, the weight of the backpack increases.
- Average temperature increases with the amount of extra clothing you’re carrying in your day pack.
- Given a chance, matches will find a way to get wet.
- The weight in a backpack can never remain uniformly distributed.
- When reading the instructions for a water filter, “hour” should be substituted for “minute” when reading the average quarts filtered per minute.
- The little toothpick in your new Swiss Army knife will disappear the first time you take it on a hike.
KLUB SE KONTAKBESONDERHEDE
E-pos: amandam@mweb.co.za | Selfoon: 0825703895. Web: www.sanlamstaptoerklub.co.za. Facebook: Sanlam-Staptoerklub Kaapstad. As jou kontakbesonderhede verander het, laat weet ons asseblief.
Jy ontvang hierdie e-pos omdat jy ‘n lid van Sanlam-Staptoerklub is of omdat jy toestemming gegee het dat ons jou naam op die nuusbrief se verspreidingslys kan sit. As jy nie meer ons e-nuus wil ontvang nie, Reply met “Kanselleer” in die onderwerpblokkie. Van Sanlam-Staptoerklub se bestuur: Amanda, Steph, André, Werner, Wynand, Santie, Freddie en Gerna
