Kom verken die land saam met ons
Kom verken die land saam met ons – dit is waaroor Sanlam-Staptoerklub gaan. Ons bied elke jaar ten minste twee langstappe aan, met talle naweekstappe en dagstappe, en drie klubfunksies daarby. Die moeilikheidsgraad van die stappe wissel van maklik tot by uitdagend.
Ons hoofdoel is om die natuur toeganklik te maak deur stap. Die klub bied dus ‘n infrastruktuur waarby jy kan inskakel om die natuur deur pakstap te verken, gesonde oefening te kry, en goeie vriende te maak. Die klub is in 1977 gestig.
Lidmaatskap van die klub bied talle voordele, soos ‘n goed gevestigde infrastruktuur en voorkeur op besprekingslyste vir permitstappe. Kom sluit aan en stap saam!
2026
Belangrik: Ons sorg dat ons jaarprogram (boekieprogram) aan die begin van die jaar so volledig as moontlik is. Maar stappe reën uit, brande maak dat roetes gesluit word, reservate word onverwags gesluit, of ons vind later uit dat ‘n sekere stap beter in ‘n ander seisoen sal pas. Dit beteken dat ons soms stappe herskeduleer. Die JONGSTE STAPINLIGTING is altyd beskikbaar in ons NUUSBRIEF (enigeen kan hierop inteken by amandam@mweb.co.za), op SSWAG (WhatsApp-groep vir lede – hoofsaaklik as ‘n diens Sondagaande om te sê watter stappe se besprekings die Maandagoggend oopmaak; en 4 terugvoerfoto’s oor elke stap), en op die KALENDER op ons webwerf se tuisblad.
