Voorsittersverslag 2026

 Sanlam-Staptoerklub se Algemene Jaarvergadering

Saterdag 14 Februarie 2026 om 11:00 by Kaapzicht-wynlandgoed

SAKELYS

  1. Verwelkoming, verskonings en konstituering
  2. Notule van vorige AJV vir goedkeuring (15 Februarie 2025)
  3. Voorsittersverslag Amanda Matthee
  4. Lojaliteitsprogram – Steph du Toit
  5. Finansiële verslag – André Venter
  6. Algemeen
  7. Verkiesing van nuwe bestuur
  8. Afsluiting

VOORSITTERSVERSLAG

VERWELKOMING EN KONSTITUERING

Baie welkom aan almal. Dankie dat julle vandag almal hier is. Elke jaar het ‘n afskop nodig, en die algemene jaarvergadering is Sanlam-Staptoerklub se afskop, al het ons reeds ‘n hele paar stappe agter die rug.

Voldoende kennisgewing van die vergadering is volgens die reglement van die klub gegee en aangesien ‘n kworum teenwoordig is (volgens die reglement 20 lede), word die vergadering as behoorlik gekonstitueer verklaar en geopen. Verskonings is ontvang van onder meer Rudi Burger, Kobus en Edna Terblanche, Santie Kies, Ilse Marais, Wynand en Madeleine Krause, Gerrit Nortjé, Freddie en Susan Pohl, Mariaan de Villiers, Abrie en Ina Marais, Joubert Matthee, Hanna Jacobs, en Gerna Hough.

NOTULE VAN VORIGE ALGEMENE JAARVERGADERING 15 FEBRUARIE 2025 OM 11:00 BY KAAPZICHT-WYNLANDGOED

Steph du Toit haal die belangrikste punte uit die vorige notule aan.

OORSIG VAN 2025

Op ons program was die volgende stappe:

Dagstappe (40) (2025: 36)

1. Seestap – Blouberg

2. Durbanville Meander

3. Franschhoek: Berg-rivier stap + swem

4. Houwhoek Inn: dagstap

5. Tulbagh: Murludi – stap en vrugte pluk

6. Paarl: Plaisir de Merle (Simondium-pad)

7. Helderberg: Wes-Piek

  1. Volmaanstap Boschendal
  2. Koopmanskloof
  3. Sterretjieskop – Franschhoek
  4. Volmaanstap by Plaisir-wynlandgoed

9. Jonkershoek Perdeskoen circuit

10. Devonvale-plaasstap (Devon Valley Hotel)

11. Chapmanspiek

12. Bainskloof: Luiperd-kamerastap

13. Tafelberg: Orangekloof

14. Polkadraaipad: Asara-wynlandgoed

15. Jonkershoek: Sosyskloof

16. Tafelberg Extreme

17. Tafelberg: Kabelkar + stap na MacClear’s Baken en terug

18. Franschhoek: Frankrykrivierkloof

19. Rhebokskloof

20. Platteklipkloof

21. Bottelaryheuwels: Koopmanskloof

22. Mont Rochelle: Perdekop

23. Zevenwacht-dagstap

24. Kirstenbosch: Silver Tree

25. Paarlberg

26. Bainskloof: Luiperd-kamera diens

27. Tafelberg: Twaalf Apostels

28. Franschhoek (Berg-rivier): Assegaaibos-kloof

29. Tafelberg: 5 damme

31. Tafelberg: Duiwelspiek

32. Riebeek-Kasteel: Kloovenburg

33. Tygerberg-Natuurreservaat

34. Grotto Bay (tussen Melkbos + Yzerfontein)

37. Tafelberg: Rooikat Ravine

38. Seepunt-seestap

39. Wynkeldertoer

40. Klein Roosboom “Party bike”

Naweekstappe (8) (2025: 5)

1. Montagu-naweek (kamp + 2 dagstappe)

2. Groot Winterhoek

3. Arangieskop

4. Tafelberg: Overseer’s Cottage + dagstappe

5. Redelinghuys: Papkuilsfontein

6. Elandsbaai-naweek in blommetyd

7. Bettysbaai-naweek

8. Worcester: Fonteintjiesberg

Langstappe (4) (2025: 4)

  1. Tsitsikamma
  2. Visrivier Canyon
  3. Lang Sederberge
  4. Otter-voetslaanpad

Klubfunksies (2) (2025: 3)

1. Stap + Algemene Jaarvergadering – Kaapzicht-wynlandgoed

  1. Jaareindfunksie – La Rochelle-kerksaal met Erns Grundling, Steve Chadwick as sprekers, en met THE Socks en verkoopstafel

Dit is die stappe of funksies wat ons aangebied het. Enkele van hierdie stappe is as gevolg van die weer (reën of brande) of deur die roete-eienaar gekanselleer (byvoorbeeld Tafelberg: Overseer’s Cottage-naweekstap is deur Sanparke gekanselleer; of CapeNature of Sanparke sluit reservaat vir die naweek as gevolg van weer). Maar stap het ons gestap.

Ek wil graag enkele stappe uitsonder. Ek gaan uiteraard nie almal noem nie, maar weet dat ons dankbaar is vir elke stapleier (en voorstapper en agterstapper) wat help om ons stapprogram moontlik te maak.

DAGSTAPPE

Dagstappe – wat het uitgestaan?

Die stappe het gewissel van toeganklik tot veeleisend. Die toeganklike stappe het die “seestappe”, wynplaastappe en Jonkershoek ingesluit. Hier wil ek dankie sê aan Edna en Kobus Terblanche, Freddie en Susan Pohl, Wynand en Madeleine Krause, Gerrit en Mariette Nortjé, en Arie en Arina van Eck.

Ons moeiliker dagstappe het ingesluit die Tafelbergstappe (Duiwelspiek, Platteklipkloof, die “Werner-stappe”), Mont Rochelle-stappe, die stappe by die Bergrivierdam in Franchhoek en die Bainskloof-stappe. Hier wil ek dankie sê aan Werner Dalziel, Brenda Sideratos en Werner Booyens, Abrie Marais, en Steph du Toit.

• Die recce van stappe: ‘n Groot dankie ook aan almal wat hul stappe ge-recce het (op hul eie koste en eie tyd) om seker te maak dat ons veilig en voorspoedig kan stap. Hier wil ek vir Kobus en Edna Terblanche en Freddie en Susan Pohl uitsonder.

• Die ekstras rondom hierdie stappe: Dan wil ek ook dankie sê vir al die ekstras wat rondom hierdie stappe gereël word – soos die vrugte en tamaties wat ons op die plaas Murludi kon koop (Freddie Pohl), die koffie en heerlike croissants by die Zevenwacht-stap (Arie en Arina van Eck), die kompetisie met die Niknacks as prys by die Grotto Bay (tussen Melkbos + Yzerfontein) (Freddie Pohl), ‘n pakkie Winegums vir die een wat al vyf damme op Tafelberg kan opnoem. By die Montagu-naweek het ons spanspele gehad met ‘n rit in ‘n 1956 Cadillac-rit met toergids/chauffeur en vonkelwyn vir die drie mense in die wenspan (Freddie Pohl). Dankie vir die moeite wat jul doen en vir die inisiatief.

Dagstappe – wat het ons geleer?

  • Verspreiding van stappe: In die verlede was al die maklike stappe aan die begin van die jaar sodat jy geleidelik kon fiks word saam met die klub. Maar die Koopmanskloofstap op 27 September 2025 het vir ons gewys mense soek toeganklike stappe reg deur die jaar want daar het 26 mense opgedaag. Ons het dus vanjaar toeganklike stappe regdeur die jaar.

NAWEEKSTAPPE EN LANGSTAPPE

Die reëlings vir naweekstappe en langstappe is eksponensieel meer as vir dagstappe omdat daar vervoer, roetes, permitte, verblyf langs die pad, etes, en ekstras soos besienswaardighede bykom. En net soos ‘n mens “alles by die handles het”, dan onttrek iemand weens baie geldige redes soos siekte of siekte in die familie. Of die weer speel nie saam nie of iemand kry ‘n besering. Die lewe gebeur. Daar is dus baie meer veranderlikes wat gehanteer moet moet word. Baie belangrik: die stapleiers hierdie werk vrywillig. ‘n Paar voorbeelde:

  • Tsitsikamma: Dit is gereël deur Werner Dalziel. Talle rivierkruisings.
  • Visrivier Canyon: Abrie Marais en Joubert Matthee. Puik stapleiding.
  • Lang Sederberge: Santie Kies. Deeglike beplanning.
  • Otter-voetslaanpad: Elvin en Carine van Zyl. Baie voorspoedige stap met die Bloukransrivier wat in die middel van die dag oorgesteek kon word (al het 3 van die mense die ontsnaproete geneem).

KLUBFUNKSIES

Ons het verlede jaar ook ons Algemene Jaarvergadering by die Kaapzicht-wynlandgoed gehou. Ons het as gevolg van logistieke redes nie ‘n winterfunksie gehad nie, maar ons jaareindfunksie in die La Rochelle-kerksaal met Erns Grundling en Steve Chadwick as sprekers, en met THE Socks en verkoopstafel en Ina en Abrie Marais wat vir die spyseniering gesorg het, het opgemaak daarvoor. (Ons sal vanjaar weer ‘n funksie saam met Outdoor Warehouse reël – het reeds met die takbestuurder Enwill Alexander hieroor gesels. Hulle sal weer pryse vir gelukstrekkings borg en vir ons 10% afslag gee op die staptoerusting en -klere wat ons daardie aand koop. Hulle het ons laas met met heerlike boereworsrolletjies en koeldrank bederf.)

STATISTIEK

  • Getal lede einde 2025: 110 (2024: 111)
  • Erelede: 12
  • Lewenslange lidmaatskap: 5

• Stapverslae: Verslae van die stappe verskyn op ons webwerf by www.sanlamstaptoerklub.co.za

ERELEDE

Ere-lidmaatskap van Sanlam-Staptoerklub is aan die volgende toegeken:

  1. Louis Fourie – Stigterlid en lid van die eerste bestuur
  2. Merven Mellet – Stigterlid en lid van die eerste bestuur
  3. Niel Krige – Stigterlid, lid van die eerste bestuur en later voorsitter
  4. Kasper Jager – Stigterlid en lid van die eerste bestuur
  5. Hilda Truter – Stigterlid en lid van die eerste bestuur
  6. Andrew Keyser – Stigterlid
  7. Gerrit Kritzinger – 11 jaar bestuurslid waarvan 5 jaar as voorsitter
  8. Ederik Kritzinger – 12 jaar bestuurslid waarvan 4 jaar as tesourier
  9. Daniel Rousseau – 21 jaar bestuurslid waarvan 4 jaar as voorsitter
  10. Mercia Conradie – 22 jaar as bestuurslid vaarvan 16 jaar as tesourier
  11. Ilse Marais – 21 jaar op die Stapklub se bestuur (sedert 2002) – 7 jaar as sekretaresse en 14 jaar met sosiale funksies

LEWENSLANGE LIDMAATSKAP

  • Marius le Roux – meer as 20 betrokke by Sanlam-Staptoerklub, onder meer as bestuurslid van 2004 tot 2012

Lewenslede

ENKELE AANTEKENINGE

BLY OOPKOP, BLY AANPASBAAR EN BLY LEER

Bly leerbaar (“groenvyekonfyt-storie”). Daar is stapleiers wat gevra het om meer betrokke te wees by die beplanning van die stapprogram en om meer van stapleiding te leer. Ons het verlede jaar twee belangrike beplanningsessies gehad en ons sal vanjaar daarmee voortgaan. Hoe meer gesamentlike kennis daar in die klub is, hoe beter.

Sanlam-Staptoerklub Werkwinkel – Sondag 13 April 2025, Melkbos (Wynand en Madeleine Krause)

Op die agenda was sake soos opvolgbeplanning, die stapprogram, stapleiers (moet hulle byvoorbeeld vergoed word), dissipline tydens stappe (die hantering van mense wat nie in groepverband kan stap nie, die besprekingsproses van stappe, die klub se geldsake, die byhou van statistiek en stapverslae, en kommunikasie in die klub. Ons het die dag met ‘n heerlike bou-‘n-pizza-kompetisie afgesluit.

Sanlam-Staptoerklub Stapleierswerkwinkel – Sondag 28 September 2025, Brackenfell; (Abrie en Ina Marais)

Die gasspreker was Steve Chadwick wat al vir meer as 60 jaar betrokke is by bergleierskap, bergredding en natuurbewaring. Daarna het ons 3 besprekingspunte hanteer:

Stapleiers: i) Hoe hanteer jy dit prakties as stappers vooruit stap / nie na die stapleier luister nie / nie in groepverband kan stap nie / nie stapreëls nakom nie? (ons het byvoorbeeld verlede jaar ‘n geval gehad waar twee stappers eers “online trading” moes doen voor hulle verder kon stap en so die hele groep opgehou het); Recce van stappe – vergoeding aan stapleiers: i) Redes vir besluite wat vroeër geneem is, ii) Waaruit gaan die fondse kom? iii) Hoe verhaal ons dit? / begroting / word ekstra koste gedra deur die spesifieke stap? Admingeld: Wegdoen met admingeld, verhoging van ledegeld: Wat van besoekers? Riglyne vir stapleiers: Voor, tydens en na die stap.

Ons sal vanjaar hierdie verder neem. Forming, storming, norming, performing.

STAPBEPLANNINGSKOMITEE 2025

Komitee van 17 lede – stapleiers en beplanners en ondersteuners. Ons het by die Stapleiersdag vergader en van toe af aanlyn en via WhatsApp. Dit is ons hoofbron van nuwe insette. Ons sal beslis hiermee voortgaan want dit gee ons ‘n uiters noodsaaklike bron van nuwe insette. My aanbeveling sal wees om die bestuurspan klein (“lean en mean”) te hou en dit aan te vul met die substantiewe Stapbeplanningskomitee omdat ons stapprogram ons belangrikste aanbod is.

ONS STAPPROGRAM IS ONS BELANGRIKSTE AANBOD

Die wêreld beweeg weg van die hiërargiese model van die alwetende baas hierbo en al die volgelinge hieronder na een van samewerking en spanwerk. Daar moet doeltreffende leierskap wees, maar daar moet ook ‘n sterk span wees wat hul monde kan oopmaak en bydraes na die tafel toe kan bring. Die twee leierskapkundiges Warren Bennis en Patricia Biederman het in 1998 reeds gesê: Great leaders and great teams co-create each other. Ons daag mekaar uit, ons skaaf mekaar, ons is oopkop vir nuwe insette, ons leer uit ons foute, ons groei, ons gaan vooruit. Ons stapprogram is die eindproduk van soveel mense se insette, skaafwerk, omgee, en “campaign” vir wat hulle op die program wil sien. Hier wil ek spesiaal dankie sê vir Werner Dalziel, Brenda Sideratos en Werner Booyens, Wynand en Madeleine Krause, Edna en Kobus Terblanche, Freddie en Susan Pohl, Steph du Toit, Abrie Marais (ook vir die webwerf, en Ina wat altyd regstaan met koffie), Santie Kies, Ari en Arina van Eck, Gerrit en Mariette Nortjé, en Gerna Hough. Dit is belangrik om te onthou dat almal dit uit die liefde van die saak doen – vrywillig.

ADVIESKOMITEES VIR LANGSTAPPE

Klein komitees (twee tot vyf lede) vir gesamentlike besluitneming vir stappe soos die Visrivier Canyon en Tsitsikamma verlede jaar. Vanjaar het ons reeds ‘n advieskomitee vir die Baviaanskloofstap gevorm. Waarom? Onder meer omdat dit groot bedrae geld behels (Baviaanskloof permit en verblyf: R45 600; Tafelberg Overseer’s Cottage: R20 571.14; Ebb & Flow-Wildernis-wegbreek: R16 000) – ons werk met ander mense se geld; en omdat die motorbestuurders ‘n sê moet hê in die oornagverblyf langs die pad. (Ons kan nie van ‘n motorbestuurder verwag om op die laaste stapdag 7 uur te stap en dan nog 5 uur terug te ry Kaap toe nie.)

ONS STAPPROGRAM EN KOMMUNIKASIE

Ons gee die boekieprogram, wat ons volledige program is, in gedrukte formaat uit. Ons voeg van tyd tot tyd nuwe dagstappe by of moet stappe herskeduleer omdat dit weens reën, brande of herstelwerk toegemaak word. Onthou dus dat die nuusbrief (almal kan daarop inteken) en Sanlam-Staptoerklub se WhatsApp-groep SSWAG (net vir lede) altyd die jongste inligting bevat. SSWAG gaan oor ‘n diens aan die klub. Ons stuur dus gewoonlik Sondae onthou-boodskappe uit wat sê watter stappe se besprekings die Maandag open. As

jy ‘n lid is en jou naam is nie op SSWAG nie, laat weet ons gerus. Dankie aan Madeleine Krause wat die SSWAG-lys in stand hou.

Wildcard: As jy ‘n gereelde stapper is, kan die Wildcard jou help om bewaringsfooie en hekgelde by CapeNature en Sanparke uit te skakel. Maar maak eers die somme om te kyk by watter stappe CapeNature en Sanparke betrokke is en kyk hoeveel ‘n Wildcard jou gaan kos. (Byvoorbeeld: Die “All Parks Cluster” is nou al R930 vir individue.)

Brandstofpryse: Julle sal ‘n voorgestelde brandstofdonasie by elke stap in die boekie sien. Dit is uitgewerk volgens ‘n formule wat uit die kilometer-afstand, brandstofprys (R20,75 per liter in Feb 2026) en die getal passasiers bestaan (2 passasiers by oornagstappe, 3 passasiers by dagstappe, die bestuurder betaal nie). Moenie skrik vir die bedrag by die langstappe nie. By langstappe is hierdie bedrag feitlik altyd MINDER omdat ons die werklike brandstofverbruik van die voertuie in ag neem, en meestal 3 passasiers per voertuig kan neem. Ons deel van die totale koste van al die voertuie se brandstof gelyk op tussen al die passasiers.

Bergbok-wisseltrofee

Ons stapklub het in Januarie 1998 met ‘n lojaliteitsprogram begin waar elke kilometer wat jy as ingeskrewe lid saam met die klub stap vir ‘n wapentjie tel (beginnende by 500 km, dan 1000 km, 2000 km, 3000 km, ens.). MAAR – alle kilometers is nie gelyk nie. Dit voel altyd of stappe soos Chapmanspiek en Platteklipkloof hoër is as wat hulle lank is. Een van ons bestuurslede – Niel Visser – stel toe voor dat ons ook die klimhoogte van elke stap begin aanteken. Hierdie trofee word dus gegee aan die stapper wat “die hoogste geklim het” die jaar. Wenners tot dusver: 2021 Werner Booyens en Brenda Sideratos; 2022 Werner Dalziel; 2023 Amanda Matthee; 2024 Gerna Hough; en 2025 Gerna Hough. (Statistiek tot en met 18 November 2025.)

2025 se voorbokke wat AFSTAND betref: Magda Kritzinger (371 km), Gerna Hough (351 km), Amanda Matthee (264 km), Brenda Sideratos (256 km), Werner Booyen (224 km), Ari van Eck (222 km), Arina van Eck (222 km); Miranda Myburgh (215 km), Edna Terblanche (203 km), en Ulla Esterhuyzen (194 km)

2025 se voorbokke wat KLIMHOOGTE betref: Gerna Hough (14 372 m), Magda Kritzinger (12 613 m), Brenda Sideratos (11 236 m), Werner Booyens (9 482 m), Amanda Matthee (8 805 m), Miranda Myburgh (7 861 m), Edna Terblanche (6 857 m), Ari van Eck (6 796 m), Arina van Eck (6 796 m), Ulla Esterhuyzen (6 711 m), Beulagh Keulder (6 439 m), en Werner Dalziel (6 121 m).

LOJALITEITSPROGRAM

Die volgende mense kwalifiseer vir kilometer-balkies:

Elza Geldenhuys (3 004 km)

Edna Terblanche (2 061 km)

Santie Kies (2 017 km)

Estelle Zietsman (2 000 km)

Gerna Hough (1 080 km)

Sinmarie Pieterse (501 km)

DIE NAKOM VAN STAPREËLS

  • Stap as ʼn groep saam: Daar is ʼn direkte verband tussen saamstap as ʼn groep en die hele groep se veiligheid. Dit word baie sterk deur Sanparke, CapeNature en Wilderness Search and Rescue (WASR) bevestig. Ons stel by elke stap ʼn voorstapper en agterstapper of sweeper aan en vra almal om dan nie vóór die voorste stapper of agter die sweeper te stap nie. Dit is ook in ons reglement as ‘n ononderhandelbare reëls aangeteken.

‘N TYD VIR DANKIE SÊ

  • Baie dankie aan elke lid van 2025 se bestuurspan – Amanda, Steph, André, Werner, Wynand, Santie, Freddie en Gerna – vir die onbaatsugtige werk wat julle doen. Ons bestuurspan vir 2025 was: Amanda Matthee (voorsitter, programkoördineerder en e-nuus), Steph du Toit (ondervoorsitter, sekretaris, webwerf, lidmaatskap en lojaliteitsprogram), André Venter (tesourier), Werner Dalziel (stapprogramnavorsing), Wynand Krause (stapprogramnavorsing), Santie Kies (stapprogramnavorsing), Freddie Pohl (stapprogramnavorsing), en Gerna Hough (sosiale media, programnavorming).
  • Baie dankie aan almal wat agter die skerm bydraes lewer – onder meer Abrie Marais wat ons webwerf op datum hou, Madeleine Krause vir die SSWAG, Mariana du Toit wat ons noodhulpsakkies op datum hou.
  • Baie dankie aan elke lid en elke besoeker wat saamstap. Saam maak ons dit vir mekaar moontlik, lekker en veilig om te kan stap. Elkeen bring iets na die tafel toe – dié ken plante se name, daardie een weet van ‘n lekker koffiedrinkplek langs die pad, en daardie een kyk die hele tyd uit of almal okay is, sonder om ‘n woord te sê.

WAT WIL ONS HÊ ONS JY MOET VAN SANLAM-STAPTOERKLUB WEET?

  • Veiligheid en goeie voorbereiding sal altyd ons eerste prioriteit wees.
  • Ons het ‘n toegewyde bestuurspan met goeie ondervinding en kennis, met die klem op spanwerk. Ons glo in gesamentlike leierskap.
  • Ons doen BAIE MOEITE om ‘n goeie jaarprogram op te stel.

AFSLUITING

“Moving your body will do more for your brain that any riddle, math equation, mystery book, or even thinking itself.” – David Perlmutter, MD

“Reis maak jou wys.” Mens moet ‘n wêreldbeskouing / worldview hê

Stap leer ons om uit te kom en af te skakel, om die wêreld rondom ons waar te neem, en na ons liggame te luister. Dit neem ons na plekke in die wêreld waar ons nog nooit was nie, en dit neem ons na plekke binne-in onsself wat ons meer van onsself leer.

Sanlam-Staptoerklub se uitnodiging staan: Kom verken die land saam met ons.