~ 25 Februarie 2025: Wespiek vervang met Leopard’s Loop

Ons vervang hierdie Saterdag (1 Maart) Helderberg Wespiek met Helderberg Leopard’s Loop (makliker stap maar steeds goeie oefening) want Werner moet werk. Kry die besonderhede hieronder en bespreek by Gerna.

LEOPARD’S LOOP, HELDERBERG, SOMERSET-WES – SATERDAG 1 MAART 2025
Bespreek nou by Gerna Hough by 082 978 8611. Beginpunt- en tyd: 07:30 by Helderberg-natuurreservaat. Graad: 2B (sowat 11 km; 533 m klimhoogte). Groepgrootte: Onbeperk. Inpak: Dagsakkie met water, sonbeskerming, kos, windjekker. Koste: Hekgeld R30 per persoon (R20 pensioentrekkers) en R20 per voertuig. R120 brandstofdonasie. Adminheffing R5 (lid) / R20 (besoeker).
Gerna sê: ‘n Lekker vroegoggendstap sirkelroete wat in die Helderberg-natuurreservaat begin met Disakloof se inheemse woud as omdraaipunt. Ons stap op die jeeppad op, eet iets bo langs die stroompie in die kol inheemse woud, en stap dan met voetpaadjie terug. Die roete het baie mooi uitsigte oor die Helderbergkom.