ALGEMENE JAARVERGADERING SAT 15 FEB 2025 om 11:00 BY KAAPZICHT
Bespreek teen Maandag 10 Februarie om 14:00
Kom kry jou boekieprogram met al die stapinligting (koste, roetebeskrywings, moeilikheidsgraad, ens.), help om die nuwe bestuur te kies, en kuier lekker oor kaasborde, pizzas en ‘n glasie wyn of vrugtesap.
Op die agenda: Ons gee ‘n kort verslag oor die jaar wat verby is, kies die nuwe bestuur, deel van boekie-program (met stappe se roetebeskrywings, afstande, koste, ens.) uit, deel die kilometer-wapentjies uit en verduidelik ‘n paar van die langstappe.
Plek: Kaapzicht-wynplaas op die Bottelarypad (dieselfde afdraai as Mooiplaas).
Spyskaart: Kaasborde, pizzas, wyn en druiwesap
Koste: R150 per persoon. Betaalbaar by die venue. Yoco-kaartmasjien beskikbaar.
Wie wil jy op 2025 se bestuur sien? Stuur asb jou nominasies aan amandam@mweb.co.za.
Besprekings: Amanda Matthee by 082 570 3895 of amandam@mweb.co.za
PLAISIR DE MERLE, SIMONDIUM-PAD – SAT 22 FEB 2025
Bespreek vanaf Maandag 10 Februarie
Stapleiers en besprekings: Kobus en Edna Terblanche by 082 379 3171. Stapbeginpunt: 08:00 by die proelokaal. Graad: 2B (14 km). Groepgrootte: 20. Inpak: Dagsakkie met kos, water, sonbeskerming, reënbaadjie, ens. Koste: Stappermit: R100. Brandstofdonasie R100. Adminheffing R5 (lid) / R20 (besoeker).
Kobus en Edna sê: Ons stap ‘n roete op die Plaisir de Merle wynlandgoed op die R45 tussen die Paarl en Franschhoek. Die roete teen die hange van Simonsberg word gekenmerk deur ‘n groot verskeidenheid fynbos, talle voëlsoorte en selfs kleiner boksoorte. Mooi uitsigte. Die roete vorm deel van die Banhoek-bewaringsarea.
