NUUS EN STAPSAKE
Dagsê
- Ons jaareindfunksie kom nader: Bespreek nou vir ons jaareindfunksie op Woensdagaand 22 November om 19:00 in NG Kerksaal, La Rochelle, Bellville. Kom vir die 2024-stapprogram (stewige program!), die verkoopstafels (bring al jou stapgoed wat jy nie meer gebruik nie en kom verkoop dit – sien die instruksies hieronder), die lekker kos (tuisgemaakte hamburger, slaaie en nagereg) en die lekker gesels. R80 per persoon. Kry al die inligting hieronder en bespreek nou by Ilse Marais by 082 377 4584. Onthou van die kajakroei by Houtbaai se hawe Saterdag 25 November en die Wynkeldertoer by Babylonstoren Saterdag 2 Desember.
- Die verkoopstafels by ons jaareindfunksie: As jy staptoerusting of stapverwante items by ons jaareindfunksie wil kom verkoop, stuur e-pos aan Madeleine Krause by madeleine@nautical4u.co.za om ‘n nommer te kry (want jy moet jou items met jou nommer en die prys merk – in R10’e). As jy kom koop, bring geld in kontant saam – alles in R10-eenhede (moenie staat maak op kleingeld nie). Die reëlings word hieronder by die Jaareindfunksie se inligting verduidelik. Daar sal ook ‘blister-free’ sokkies, kamaste (gaiters), en heuning (R65 ‘n flessie) te koop wees.
- Weg!-stapfees 16-24 Februarie 2024: Die stapfees word op die Meerendal-wynlandgoed buite Durbanville aangebied met Hi-Tec en Stanley as borge. Vrydagaand: 5 km. Saterdag: 5 km, 12,5 km of 25 km. Sondag: 10 km. Verskillende “pakkette” kan gekoop word wat wissel van R100 (Saterdag se R5 km stap) tot R950 (al drie dae se stappe). Sien https://www.topevents.co.za/event/weg-stapfees-go-festival-of-hiking-presented-by-hi-tec-2024/ en ook https://www.netwerk24.com/weg/nuus/stap-5-125-of-25-km-by-die-weg-stapfees-20231025.
- Ons simpatie: Ons simpatie met Alana van Rensburg (alanavanrensburg@gmail.com of 0824125647) wie se moeder op 13 November oorlede is. Ons dink aan Alana en haar familie in hierdie hartseer tyd.
- Stapverslae: Sien stapverslag vir Yzerfontein-naweek hieronder.
VOLGENDE SARSIE STAPPE
BERGRIVIER – FRANKRYKRIVIERSKLOOF, FRANSCHHOEK – SATERDAG 18 NOVEMBER 2023
Bespreek nou
Beginpunt- en tyd: 08:00 op Robertsvlei-pad buite Franschhoek. Stapleier: Werner Dalziel by 082 579 0968. Graad: 2B (redelik, 17 km). Groepgrootte: Onbeperk. Inpak: Dagsakkie met kos, water, sonbeskerming, reënbaadjie, ens.Maak seker jy het genoeg warm klere en maak gereed vir enige weersomstandighede. Koste: Permit R50. Brandstofdonasie R100. Adminheffing R5 (lid) / R10 (besoeker).
Werner sê: Ons stap vanaf die hek by die Bergrivierdam en draai eers links om die boonste kontoer te vind. Hiervandaan loop ons dieper in voordag ons terugdraai tot by die wier. Hier steek ons die rivier oor voordat ons die roete aan die oorkant aanpak. Ons stap dan deur die drie klowe van die drie vertakkings van die Frankrykrivier. Daar is ook ‘n opsie van ‘n bietjie rock-hopping vir dié wat daarvoor kan sien. Ons steek weer die Bergrivier oor en stap terug na ons motors. Swem en voete in die water sit is hier ‘n goeie opsie.
JAAREINDFUNKSIE – WOENSDAGAAND 22 NOVEMBER 2023 OM 19:00
Bespreek teen Maandag 20 November om 13:00 (vir spysenieringsdoeleindes)
Plek: Die kerksaal van die NG Kerk La Rochelle. Hoek van Meerlust- en Hadleystraat, Bellair.
Op die agenda: Bekendstelling van 2024 se stapprogram (sodat jy volgende jaar se stappe kan beplan), lekker eet en kuier. Ons stel die program met ‘n PowerPoint-aanbieding bekend. Verkoopstafel (kry solank jou stapklere en staptoerusting reg wat jy nie meer gebruik nie, maar nog bruikbaar is en kom ondersteun die sirkelekonomie).
Op die spyskaart: Tuisgemaakte hamburgers met twee slaaie. Roomys en vars vrugte vir nagereg.
Koste: R80 pp – betaalbaar by die deur (jy kan ook met ‘n kaart betaal).
Vir saambring: Eie skottelgoed en drinkgoed. En ‘n flits vir ingeval van beurtkrag.
Besprekings: Ilse Marais by 082 377 4584 / ilse.marais@sanlam.co.za
Hoe om gebruikte staptoerusting by ons jaareindfunksie te kom verkoop
Stuur e-pos aan madeleine@nautical4u.co.za om ‘n nommer te kry
Kom ons ondersteun die sirkelekonomie en verkoop die toerusting wat ons nie meer gebruik nie in plaas daarvan dat dit net plek in ‘n kas opneem of, nog erger, op ‘n vullishoop beland en ons koolstofvoetspoor vergroot. Dit gaan oor hergebruik, herwinning en herverwerking. As ons sien dit werk goed, kan ons dit elke jaareinde herhaal.
Wat kan jy kom verkoop? Enigiets van bruikbare stapklere (wat te groot of te klein is, of verkeerd gekoop is) en ‘n slaapsak (wat jy nie meer nodig het nie) tot vol gaskannetjies (omdat jy ‘n ander soort stofie gekoop het).
As jy items wil verkoop:
- Stuur e-pos aan Madeleine Krause by madeleine@nautical4u.co.za om ‘n nommer te kry.
- Merk jou items met die prys (in eenhede van R10) en jou nommer. (As daar nie ‘n prys of nommer op is nie, is dit ‘n skenking 😊 )
- Sorg dat al jou items bruikbaar, skoon en heel is.
- Bring jou items vooraf (tussen 18:00 en 18:30) na die verkoopstafel by die jaareindfunksie.
- Na die funksie kan jy jou geld kom afhaal en jou item(s) wat nie verkoop het nie kom kry. (Items wat nie afgehaal word nie, sal vir ‘n liefdadigheidsorganisasie geskenk word.)
As jy wil kom koop
- Kom snuffel en vul jou staptoerusting aan.
- Betaal kontant in R10-note (moenie staat maak op kleingeld nie).
KAJAK-ROEI BY HOUTBAAI – SATERDAG 25 NOVEMBER 2023
Bespreek teen Woensdag 22 November
Besprekings: Amanda Matthee by 082 570 3895. Beginpunt- en tyd: 08:30 by Houtbaai. Graad: 1A (maklik). Groepgrootte: 12. Inpak: Swemklere, sonbeskerming. Koste: R475 per persoon.Brandstofdonasie R100. Adminheffing R5 (lid) / R10 (besoeker).
Amanda sê: Ons doen ‘n slag iets anders. Ons roei saam met Brent Thomas van Karbonkelberg Toerisme. Hulle voorsien die kajakke en reddingsbaadjies. Ons leer ook meer oor die plaaslike geskiedenis en kultuur terwyl ons verby vissersbote, seilbote, die “glowing green room” en ‘n kolonie beskermde robbe roei. Groot pret! Dalk vis-en-chips parcels by Fish on the Rocks by die hawe agterna?
WYNKELDERSTAP BY BABYLONSTOREN – SATERDAG 2 DESEMBER 2023
Bespreek vanaf Maandag 13 November
Stapleier: Steph du Toit by 082 851 9953. Beginpunt: Om 09:00 by Babylonstoren naby Franschhoek.Kry die aanwysings by https://babylonstoren.com/map-directions. Graad: 1A (redelik). Groepgrootte: 16. Inpak: Soos vir ‘n dagstap met water, sonbeskerming, kos, ens. Koste: R120 vir wynproe met 4 wyne plus vonkelwyn, of R140 vir 7 wyne. Albei sluit peuselgoed plus die toegangsgeld tot Babylonstoren in. Brandstofdonasie R100. Adminheffing R5 (lid) / R10 (besoeker).
Steph sê: Hierdie toer is baie gewild en dit sal ons 16de wyntoer wees. Ons kom om 09:00 by die toegangskantoor by Babylonstoren bymekaar en gaan almal as ‘n groep deur. Ons dwaal vir 75 minute deur die pragtige tuine en meld om 10:30 by die proelokaal aan. Ná die wynproe kan elkeen op eie koste iets by die verskeie plekkies op die landgoed eet of in die winkeltjies rondkyk. “Babylonstoren is one of the oldest Cape Dutch farms, set at the foot of Simonsberg in the Franschhoek wine valley. It has a fruit and vegetable garden of beauty and diversity, unique accommodation, fine food and wine, and evokes a sense of wellbeing.”
STAPVERSLAE
Yzerfontein – kamp- en stapnaweek: 10 tot 11 November 2023
Ons groep kom Vrydagmiddag so stuk-stuk by Yzerfontein se karavaanpark aan en almal slaan vinnig hul tent-tuiste vir die naweek op – van klein inkruip-staptentjies tot behoorlike kamptente met al die toerusting wat kamp huislik maak. Die see se gedruis op die effense briesie bring ons almal in ‘n vakansieluim. Daar word saam gekuier op een staanplek wat as die basis vir die naweek dien. Ons het vooraf bespreek om saam kos te maak en elkeen het ‘n bedrag bygedra. Die vure word aangesteek en ons kuier lekker saam en bewonder die sonsondergang net duskant ons. Saterdagoggend spring ons om 08:00 weg na Schaapeiland. Dis laagwater met heerlike weer. Die eiland is so 4,35 km waar ons gelukkig as gevolg van die laagwater kan oorstap en ‘n breek met voete in die mooi poele kan geniet. Die terugstap is mooi tussen al die verskillende poele en rotsformasies. Die res van die middag is almal vry. Party gaan besoek die Rosemead-bakkery, Beaches-restaurant, en/of Blake Family Wines. Drie dapper dames trotseer die yskoue see vir ‘n vinnige swem. Teen 17:00 het die kring op ons basis-staanplek al groter begin raak en is die vure weer aangesteek vir ‘n lekker hoenderbredie. ‘n Groepie wat weer na die sonsondergang oorkant die duin gaan kyk, word verras met ‘n klompie sangers wat die oomblik magies saamvat. Sondag begin ons weer 08:00 stap vir ‘n totale afstand van 10 km al langs die see. Ons draai by die 5 km merk om na ‘n kort breek en besigtiging van ‘n galjoen-seilskip se mas wat jare gelede daar uitgespoel het. Vier perde met ruiters kom verby ons op die strand. Die wind van voor word ‘n bietjie frisser, maar niemand kla nie en ons stap geselsend tot by die kampterrein waar ons oppak, groet en elkeen in ons eie rigting vertrek. ‘n Groot dankie aan Wynand en Madeleine Krause vir die verkenning vooraf, al die reëlings, Vrydagaand se boereworsrolle en Saterdagaand se heerlike hoenderkerriepot met al die ekstras. Stapafstand: 19 km. Klimhoogte: 175m.
HOE OM STAPGELD TE BETAAL
- Internetbetalings in die “62-rekening”: First National Bank. Rekeningnaam: Sanlam-Staptoerklub. Rekeningnommer: 62049730999. Tak: Civic Centre, Bellville. Takkode: 200910.
- Kontant en tjekbetalings in die “74-rekening” slegs by ‘n OTM (nie binne-in die tak nie asseblief): First National Bank. Rekeningnaam: Sanlam-Staptoerklub. Rekeningnommer: 74049732396. Tak: Civic Centre, Bellville. Takkode: 200910
- Inbetalingsbewys vir stapgeld: Stuur aan André Venter by andre@matimbers.co.za en aan die stapleier / staporganiseerder.
- Verwysing by jou inbetaling: jou naam en van + die stap se naam (bv. Piet Pakstap Kaappunt)
HOE OM LEDEGELD TE BETAAL
- Internetbetalings in die “62-rekening”: First National Bank. Rekeningnaam: Sanlam-Staptoerklub. Rekeningnommer: 62049730999. Tak: Civic Centre, Bellville. Takkode: 200910.
- Kontant per OTM en tjekbetalings in die “74-rekening”: First National Bank. Rekeningnaam: Sanlam-Staptoerklub. Rekeningnommer: 74049732396. Tak: Civic Centre, Bellville. Takkode: 200910.
- Inbetalingsbewys vir ledegeld: Stuur aan Steph du Toit by steph@essef.co.za en aan André Venter by andre@matimbers.co.za.
- Verwysing by jou inbetaling: jou naam en van + ledegeld (bv. Piet Pakstap ledegeld)
LIDMAATSKAP VIR 2024
R100 vir die hooflid en R170 per paar (hooflid + gade of kind bo 18). Elkeen moet ‘n lidmaatskapvorm invul. Lidmaatskap hou baie voordele in: Jy kry ’n stap-infrastruktuur met ‘n jaarprogram en stapleiers wat ervare is, voorkeur op besprekingslyste bo besoekers, ’n kleiner administratiewe heffing (R5 per dag teenoor R10 per dag vir besoekers) en gereelde nuusbriewe. Die Stapklub se lidmaatskapvorm is by www.sanlamstaptoerklub.co.za.
ALGEMENE STAPREËLS
- Vrywillige deelname: Deelname aan enige stap of aktiwiteit van Sanlam-Staptoerklub (ongeag die stapleier of verteenwoordiger) is geheel en al op eie risiko.
- Kies jou stappe volgens jou fiksheidsvlak: Dit is wenslik om met ‘n makliker stap te begin en geleidelik al moeiliker stappe te doen.
- Noodhulp: Stappers moet hul eie noodhulp-items saambring. Die volgende word as minimum aanbeveel: 1) Rehydrate (of iets vir krampe), pleisters en verbande. 2) Persoonlike medikasie. 3) ‘n Beskrywing, op ‘n stukkie papier, van enige bestaande mediese toestand wat jy het, en wat ‘n derde party kan help as jy tydens ‘n staptog iets oorkom.
- Besoekers: Besoekers is welkom om saam te stap as dit stappermit en/of groepgrootte dit toelaat. (Adminheffing van R10 per persoon per dag bo en behalwe die gewone koste van die stap.)
LAAT MENS DINK
“On a hike, the days pass with the wind, the sun, the stars; movement is powered by a belly full of food and water, not a noxious tankful of fossil fuels. On a hike, you’re less a job title and more a human being. A periodic hike not only stretches the limbs but also reminds us: Wow, there’s a big old world out there.” – Ken Ilgunas
KLUB SE KONTAKBESONDERHEDE
E-pos: amandam@mweb.co.za | Selfoon: 0825703895. Web: www.sanlamstaptoerklub.co.za. Facebook: Sanlam-Staptoerklub Kaapstad. As jou kontakbesonderhede verander het, laat weet ons asseblief.
Jy ontvang hierdie e-pos omdat jy ‘n lid van Sanlam-Staptoerklub is of omdat jy toestemming gegee het dat ons jou naam op die nuusbrief se verspreidingslys kan sit. As jy nie meer ons e-nuus wil ontvang nie, Reply met “Kanselleer” in die onderwerpblokkie.
Van Sanlam-Staptoerklub se bestuur: Amanda, Steph, Ilse, André, Werner, Wynand en Santie
