~ 7 Junie 2023: Verken Tafelberg se grotte die Saterdag | Volgende sarsie stappe

NUUS EN STAPSAKE

  • Nou op ons program: Kom stap hierdie Saterdag saam op Tafelberg om bekende grotte te verken – van die “duikplank” en Rendezvous Cave tot by Tranquillity Cracks. Dit lyk of ons tussen die kouefronte deur sal kan stap. Bespreek nou by Werner Dalziel by 082 579 0968. Kyk ook uit vir die winterfunksie van Woensdagaand 12 Julie wat uit ‘n werkwinkel vir selfoonfotografie bestaan (besprekings open Maandag 12 Junie). Kry ook al die inligting (datums, koste, program) oor die Tuinroete Pelgrimstog in Oktober hieronder. Daar is 2 opsies – een van 14 dae en een van 7 dae (besprekings open Maandag 7 Julie). Ons probeer altyd om ‘n stap wat uitgereën het later te herskeduleer. Warm en veilig bly in die koue weer!
  • Twee roetes van SA onder wêreld se lys van top 35: Die Robberg-skiereiland by Plettenbergbaai en Cecilia Forest in Kaapstad is ingesluit in Explore! se 35 beste staproetes in die wêreld. Kry die volledige lys hier: https://www.getaway.co.za/travel/travel-news/2-south-african-hikes-featured-in-35-best-hikes-in-the-world-list/
  • Simpatie: Ons simpatie gaan aan Annie Boshoff, wat jare lank lid van die klub was, is op 6 Mei vanjaar oorlede is. Ons wens haar familie baie sterkte toe. Ons simpatie gaan ook aan Adellethea (Delfie) Issel wie se dogter Kascha op 5 Junie 2023 oorlede is. Baie sterkte aan Delfie en haar dogters Kaylin en Keleé in hierdie hartseer tyd.
  • Ledegeld: Ons ledegeld vir 2023 bly R100 per persoon en R170 vir twee mense (gade of kind bo 18). Lidmaatskap bied voordele soos ‘n veilige infrastruktuur vir stap, ‘n vooruitbeplande jaarprogram, voorkeur op besprekingslyse, ‘n lojaliteitsprogram (die kilometer-wapentjies), gereelde e-nuusbriewe, ‘n kleiner administratiewe heffing, en 10% afslag by Cape Union Mart in Tygervallei. Die inskryfvorm vir lidmaatskap is op ons webwerf by www.sanlamstaptoerklub.co.za.
  • Stapverslae: Ons gee volgende keer weer stapverslae.

VOLGENDE SARSIE STAPPE

TAFELBERG-GROTTE – SATERDAG 10 JUNIE 2023

Bespreek nou

Besprekings: Werner Dalziel by 082 579 0968. Beginpunt- en tyd: 07:00 vanaf Kloofnek-parkeerarea. Graad: 3C (veeleisend; 15 km; klimhoogte 900 m). Groepgrootte: 16. Inpak: Dagsakkie met kos, water, sonbeskerming, reënbaadjie, ens. Koste: Brandstofdonasie R100. Adminheffing R5 (lid) / R10 (besoeker).

Werner sê: Kom verkenTafelberg se interessante rotsformasies en skeure saam met ons.Ons kom vroegoggend bymekaar by Kloofnek en volg die Pipetrack tot by Diagonal en klim die berg uit. Ons stop eers by Diagonal Cave voordat ons aanstap tot by Valken Labyrinth. Ons stap aan tot by die duikplank en Rendezvous Cave, en daarna tot by Tranquillity Cracks. Ons stap terug via Corridor Ravine.

KARBONKELBERG (CAMP COLLINS, SUTHER PEAK, KAPTEINSKLIP), HOUTBAAI – SATERDAG 17 JUNIE 2023

Nog 4 plekke oop

Besprekings: Amanda Matthee by 082 570 3895. Beginpunt- en tyd: 08:30 by Fish on the Rocks, Houtbaai. Stapleier: Brent Thomas van Karbonkelberg Toerisme (plaaslike gids). Graad: 2B (12 km; 350 m klimhoogte). Groepgrootte: 16. Inpak: Dagsakkie met kos, water, sonbeskerming, reënbaadjie, ens. Koste: Stappermit en gids: R150 (bring saam in kontant na stapbeginpunt). Brandstofdonasie R100. Adminheffing R5 (lid) / R10 (besoeker).

Amanda sê: Ons maak van ‘n plaaslike gids gebruik om hierdie roete van sowat 12 km te stap. Ons begin op ‘n jeeppad met uitsigte wat al mooier word soos wat ons hoër klim. Ons stop by interessante rotsformasies en stap tot by Kamp Collins waar die ou radarstasie is. Ons kyk af op die wrak van die BOS 400 (The BOS 400 is a French Derrick/Lay Barge that ran aground while being towed by the Russian tugboat Tigr on June 26, 1994.) Dan meem ons die afdraai na Suther Peak. Ons stap verby ‘n dam en teen die kop uit na die baken bo-op Suther Peak). Met die terugtog stap ons via die Kapteinsklip-uitkykpunt op Karbonkelberg en dan stap ons verder met ‘n veldpaadjie terug tot by die motors. Hierdie roete se uitsigte is fantasties. Ons kan agterna vis en chips by die hawe gaan eet.

SOSYSKLOOF IN JONKERSHOEK, STELLENBOSCH – SATERDAG 24 JUNIE 2023

Bespreek vanaf Maandag 12 Junie

Stapleier: Mariette Nortjé by 082 929 8493. Beginpunt- en tyd: Jonkershoek-reservaat se hek om 08:00. Graad: 2A (redelik, sowat 8 km). Groepgrootte: Onbeperk. Inpak: Dagsakkie met kos, water, sonbeskerming, reënbaadjie, ens. Koste: Permit R50 / Wildcard. Brandstofdonasie R100. Adminheffing R5 (lid) / R10 (besoeker).

Mariette sê: Hierdie skilderagtige sirkelroete in die Jonkershoekvallei buite Stellenbosch klim deur ‘n kloof tot noord van Swartboskloof en loop deur kolle inheemse woud. Van daar loop dit oor ‘n kontoer na Sosyskloof en dan na die uitkykpunt, en dan weer terug tot by die motors. (Daar is ’n koffiedrinkplek by die ingang na die Jonkershoek-natuurreservaat. Ons het laas na die stap hier gestop vir koffie en koek.)

BABYLONSTOREN, FRANSCHHOEK – SATERDAG 1 JULIE 2023

Bespreek vanaf Maandag 19 Junie

Stapleier en besprekings: Edna Terblanche by 082 379 3171. Beginpunt- en tyd: 10:00 voor die plaaswinkel op Babylonstoren naby Franschhoek. Graad: 2A (redelik, sowat 8 km). Groepgrootte: 16. Inpak: Dagsakkie met kos, water, sonbeskerming, reënbaadjie, ens. Koste: Toegangsgelde: R80. Brandstofdonasie R100. Adminheffing R5 (lid) / R10 (besoeker).

Edna sê: Ons toer ʼn bietjie. Babylonstoren in die voetheuwels van Simonsberg in die Franschhoek-vallei is een van die oudste Kaaps-Hollandse plase in die land. Die plaas is bekend vir sy pragtige en diverse vrugte- en groentetuine (oor 3,5 hektaar), en goeie kos en wyn. Alles is op hierdie plaas in daarop gerig om die sintuie te bevredig en op volhoubaarheid en suiwerheid. Ons gaan beslis ʼn tuintoer doen, maar daar is ook ʼn keldertoer, en olyfolie- en balsemiekasyn-toer. Daar is ook ʼn plaaswinkel, bakkery en eetplekke.

WINTERFUNKSIE: WERKWINKEL OOR SELFOON-FOTOGRAFIE – WOENSDAGAAND 12 JULIE 2023 OM 19:00

Bespreek vanaf Maandag 12 Junie

Besprekings: Ilse Marais by 082 377 4584 / ilse.marais@sanlam.co.za. Plek: Kerksaal van die NG Kerk La Rochelle. Hoek van Meerlust- en Hadleystraat, Bellair. Op die agenda: Werkwinkel van sowat 2 uur oor selfoon-fotografie, aangebied deur professionele fotograaf Hanna Jacobs. Groepgrootte:

60 maksimum (besprekings noodsaaklik). Vir saambring: Eie skottelgoed en drinkgoed, aantekeningboekie en pen: Koste: R120 per kop. Sluit in fotografie-werkwinkel, sop, brood en nagereg. Yoco-kaartmasjien by die deur.

Hanna sê: Die roetes waarop ons stap bied aan ons die geleentheid om uitsonderlike foto’s van landskappe, rotsformasies, uitsigte en plantegroei te neem. Die meeste van ons neem hierdie foto’s met ons selfone maar dit kom nie altyd so mooi uit nie. Hierdie werkwinkel sal jou wys hoe om die komposisie van jou foto’s te verbeter, foto’s te redigeer, en beter foto’s van mense te neem. Dit sluit talle wenke in oor hoe om jou selfoon se kamera beter te benut. Sien ook https://hannajacobs.co.za/courses/.

MONT ROCHELLE: DU TOITSKOP – SATERDAG 8 JULIE 2022

Bespreek vanaf Maandag 26 Junie

Besprekings: Brenda Sideratos by 072 122 5216. Stapleiers: Werner Booyens en Brenda Sideratos. Beginpunt- en tyd: 08:00 by Mont Rochelle buite Franschhoek. Graad: 3B (redelik, 13 km; klimhoogte 660 m). Groepgrootte: 16. Inpak: Reën-, wind- en sonbeskerming, water, kos, ens. Maak gereed vir enige weersomstandighede en sorg veral dat jy genoeg warm klere het. Koste: Permit R70. Brandstofdonasie: R100 (2 x 65 km). Adminheffing R5 (lid) / R10 (besoeker).

Werner en Brenda sê: Ons beginpunt is die Mont Rochelle Natuurreservaat in die Franschhoekpas. Die reservaat vorm deel van die UNESCO-bewaringsgebied. Die roete neem ons via Breakfast Rock (waar ons links afdraai) in ‘n noordwestelike rigting tot op Du Toitskop Piek (1407 m). Fantastiese uitsigte op die Franschhoekvallei.

KLEIN ROOSBOOM-STAPROETE – SATERDAG 15 JULIE 2023

Bespreek vanaf Maandag 3 Julie

Stapleier en besprekings: Wynand Krause by 084 573 4376. Beginpunt- en tyd: 08:30 by Klein Roosboom op die Tygervalleipad. Graad: 1A (5 km). Groepgrootte: 12. Inpak: Dagsakkie met kos, water, sonbeskerming, reënbaadjie, ens. Koste: Permit (word later aangegee). Brandstofdonasie R50. Adminheffing R5 (lid) / R10 (besoeker).

Wynand sê: Klein Roosboom vorm deel van die Durbanville Wynroete. Ons doen ‘n lekker winteroggend stap deur twee roetes aan mekaar te las – een van 2,3 km en een van 3 km deur die wingerde met pragtige uitsigte oor die vallei. Ons kan agterna koffie drink en die winkeltjie besoek. Daar is ook die opsie van ‘n wynproe. Sien ook https://kleinroosboom.co.za/.

TAFELBERG: OP MET 3 FIRS RAVINE EN AF VIA GROOTKOP EN OUDEKRAAL RAVINE – SATERDAG 22 JULIE 2023

Bespreek vanaf Maandag 10 Julie

Stapleier en besprekings: Werner Dalziel by 082 579 0968. Beginpunt- en tyd: 07:30 by die Theresa Avenue jeep track in Bakoven – sien https://goo.gl/maps/jsiotDDBhj12. Graad: 3C (veeleisend; 12 km, 1000 m klim). Groepgrootte: 16. Inpak: Dagsakkie met kos, water, sonbeskerming, reënbaadjie, ens. Maak gereed vir enige weersomstandighede. Koste: Brandstofdonasie R100. Adminheffing R5 (lid) / R10 (besoeker).

Werner sê: Ons begin in Theresaweg en stap met die Pipetrack langs totdat ons by 3 Firs Ravine se afdraai kom. Dan stap ons met hierdie steil maar baie mooi ravyn op tot bo-op Tafelberg se agterste tafel. ‘n Kop vir hoogtes is hier belangrik. Ons stap ‘n ent op die agterste tafel aan tot by Grootkop, waar ons dan tot op die hoogste punt van die 12 Apostels klim.  Ons sak dan weer af tot op die Pipe Track via Oudekraal Ravine en volg dan die roete terug tot by die motors. ʼn Baie mooi en moeite-werd dagstap.

SOUTH HILL, ELGIN – SATERDAG 29 JULIE 2023

Bespreek vanaf Maandag 17 Julie

Besprekings: Freddie en Susan Pohl by 074 304 7678. Beginpunt- en tyd: 08:30 by South Hill, 113 Elgin Valley Road, Elgin, Grabouw. Graad: 2B (redelik; 12 km). Groepgrootte: 24. Inpak: Dagsakkie met kos, water, sonbeskerming, reënbaadjie, ens. Maak gereed vir enige weersomstandighede. Koste: Permitkoste: Sal later deurgegee word. Brandstofdonasie R120. Adminheffing R5 (lid) / R10 (besoeker).

Freddie sê: South Hill lê in die suidoostelike hoek van die Elgin-vallei wat vir sy appels en druiwe bekend is. Die roete sluit in ʼn sirkelpad van 4 km deur die South Hill-landgoed, wat ons verby wingerde en ʼn dam neem. Ons onderbreek die sirkelroete om met ʼn aansluitingspaadjie ʼn ent met die oostelike kontoerpad uit te stap voor ons terugkeer South Hill toe. South Hill het heerlike wyn en ʼn restaurant (met sitplekke binne-in die wynboord!) wat tapas-geregte aanbied. Dié wat wil kan agterna lekker daar uitspan.

TAFELBERG: HOLE IN THE WALL AND CAVEMAN’S OVERHANG – SATERDAG 5 AUGUSTUS 2023

Bespreek vanaf Maandag 24 Julie

Besprekings: Werner Dalziel by 082 579 0968. Beginpunt- en tyd: 07:30 by Contantianek. Graad:

2B (veeleisend; 8 km; 6 uur). Groepgrootte: 16. Inpak: Dagsakkie met kos, water, sonbeskerming, reënbaadjie, ens. Maak gereed vir enige weersomstandighede. Koste: Brandstofdonasie R100. Adminheffing R5 (lid) / R10 (besoeker).

Werner sê: Ons begin by Constantianek, en stap op tot by die Overseer’s Cottage op die agterste tafel. Ons neem die paadjie oorkant die kraan wat in die rigting van De Villiers-dam loop. Ons volg dan die paadjie verby Camel Rock en dan af na De Villiers-dam waar ons dan links uitswaai na Caveman’s Overhang en Hole in the Wall (ons moet deur die gat kruip). Die paadjie bo-op die rif het mooi uitsigte oor die Victoria-dam en die agterste tafel van Tafelberg. Ons kom weer via die jeeppad terug.

MIASPOORT – SATERDAG 12 AUGUSTUS 2023

Bespreek vanaf Maandag 31 Julie

Besprekings en stapleiers: Werner Booyens en Brenda Sideratos by 072 122 5216. Beginpunt- en tyd: 08:00 net voor Du Toitskloofpas (Paarl se kant van Du Toitskloofpas) op die R101 (7 km buite die Paarl). Graad: 2B (veeleisend, 8 km waarin jy 877 m oor 3 km klim, 7 uur). Groepgrootte: 16. Inpak: Dagsakkie met kos, water, sonbeskerming, reënbaadjie, ens. Maak gereed vir enige weersomstandighede. ʼn Stapstok is ʼn goeie idee om saam te bring. Dra ten minste 2 liter water saam. Koste: Stappermit: R50 of Wildcard. Brandstofdonasie R100. Adminheffing R5 (lid) / R10 (besoeker).

Werner en Brenda sê: Ons pak ‘n lang, steil klim aan na die kruis wat in 1945 opgerig is deur die Italiaanse krygsgevangenes wat Dutoitskloofpas gebou het. Die berglandskappe hier is indrukwekkend mooi. Ons klim eers tot op die nekkie waar ons ʼn bietjie sal rus. Dan volg daar nog ʼn stewige klim (maar meer geleidelik) tot by ons omdraaipunt by die kruis. Mens kan die kruis van Du Toitskloofpas sien as jy weet waar om te kyk (en as jy ná die stap weer deur die pas ry sal jy met verwondering kyk na hoe hoog jy geklim het). Sien https://www.hikingsouthafrica.co.za/miaspoort-trail-italian-cross/.

LANDDROSKOP, NUWEBERG BUITE GRABOUW – SATERDAG 19 TOT SONDAG 20 AUGUSTUS 2023

Volbespreek

Besprekings en stapleier: Abrie Marais by 082 578 3046. Beginpunt- en tyd: 08:00 by Nuweberg-bosboustasie buite Grabouw. Graad: 2A (redelik; 21 km oor 2 dae; 700 m klimhoogte): Dag 1: 12 km (sowat 6 uur). Dag 2: 9 km (sowat 4 uur). Groepgrootte: 16. Inpak: Oornag-rugsak met slaapsak, kos, water, windjekker, ens. Slaap in oornaghutte met matrasse. Wees voorbereid op enige weersomstandighede. Braai die aand. Koste: Permit sowat R380 (sonder Wildcard in berekening gebring). Brandstofdonasie R200 (90 km x 2 = 180 km). Adminheffing R10 (lid) / R20 (besoeker).

Abrie sê: Hierdie naweekstap begin by die Nuweberg-natuurreservaat buite Grabouw en loop deur pragtige berglandskappe en fynbos. Dag 1: Ons loop vanaf die reservaat se kantoor rustig via die Sphinx-roete na Landdroskop se hut (12 km, 5 tot 6 uur). Ons klim ‘n hele ent, maar dit is baie geleidelik. Ons is gewoonlik vroeg genoeg by die hut sodat mens lekker daar kan kuier. Ons braai die aand. Ons stap die volgende dag met die jeeppad terug (9 km, 4 tot 5 uur).

KORINGBERG-NAWEEK – VRYDAGMIDDAG 25 TOT SONDAG 27 AUGUSTUS 2023

Volbespreek

Besprekings: Amanda Matthee by 082 5703 895. Organiseerder: Esther Warnich en Helen Kriel.

Basiskamp vir die naweek: Die Ark Backpackers by Hooggeleë, Koringberg (Die Ark Campsite & Backpackers is on N7 between Moorreesburg and Piketberg. When driving from Cape town on N7, pass Malmesbury, pass Moorreesburg. Turn left at Koringberg (Desert Rose farmstall). First farm on the left (1.5 km). Graad: 2A (redelik; 10 km + 14 km = 19 km). Groepgrootte: 12. Inpak: Soos vir naweek wat uit twee dagstappe bestaan. Bring slaapsak, handdoeke, kos, ens. Maak gereed vir enige soort weer. Koste: Verblyf vir 2 aande: R400. Brandstofdonasie R390 (117 km + 42 km x 2 = 318 km). Adminheffing R5 (lid) / R10 (besoeker).

Esther sê: Ons kom Vrydagaand by Die Ark bymekaar – dit is ons basis vir die naweek. Ons slaap op beddens in ‘n ou stal en braai die aand. Saterdagoggend ry ons na die berg bokant Piketberg (42 km) – daar is elke laaste Saterdag van die maand ‘n plaasmark van 09:00 tot 12:00 (kyk by Piket-Bo-Berg Farmers Market op Facebook). Daar is ook ‘n staproete van 10 km. Ons braai weer die aand by Die Ark. Sondag stap ons ‘n roete van 14 km by Koringberg en ry daana rustig terug Kaap toe. Ons kan ook op pad terug by die Desert Rose padstal koffie drink.

BAINSKLOOF-STAP: DIENS LUIPERDKAMERA – SATERDAG 2 SEPTEMBER 2023

Bespreek vanaf Maandag 21 Augustus

Stapleier en besprekings: Steph du Toit by 082 851 9953. Beginpunt- en tyd: 07:00 by Eerste Tol, Bainskloofpas. Graad: 2A (500 m klimhoogte), 4 km tot by kamera (8 km in totaal). Groepgrootte: 12. Inpak: Soos vir dagstap met reën-, wind- en sonbeskerming, water, kos, ens. Koste: Brandstofdonasie: R100. Adminheffing R5 (lid) / R10 (besoeker). Geen permitkoste nie.

Steph sê: Die Kaapse Luiperdtrust gebruik navorsing oor luiperds in die Kaapse berge vir die bewaring van luiperds. Sanlam-Staptoerklub ondersteun hierdie inisiatief deur ’n luiperdkamera te borg. Die kamera is in Februarie 2015 in Bainskloofberge geïnstalleer. Ons diens die kamera elke paar maande. Die Luiperdtrust kan baie inligting uit die foto’s op die kamera aflei – soos hoeveel luiperds daar is (elke luiperd se kolle is uniek) en in watter kondisie hulle is. Sien http://capeleopard.org.za/research/leopard/boland.

TAFELBERG: FYNBOS – SATERDAG 9 SEPTEMBER 2023

Bespreek vanaf Maandag 28 Augustus

Besprekings: Edna Terblanche by 082 379 3171. Stapleier: Sjirk Geerts, dosent by Universiteit van Kaapstad. Beginpunt- en tyd: 08:00. Graad: 2A (redelik maklik). Groepgrootte: 12. Inpak: Dagsakkie met kos, water, sonbeskerming, reënbaadjie, ens. Koste: Brandstofdonasie R100. Adminheffing R5 (lid) / R10 (besoeker).

Edna sê: Hierdie is ‘n goeie geleentheid om meer te leer oor die fynbos op Tafelberg met sy meer as 2 200 plantspesies (meer as in die hele Verenigde Koninkryk). Altesaam 160 van hierdie plantspesies kom nêrens anders in die wêreld voor nie. Sjirk deel sy eerstehandse kennis van die flora op Tafelberg met ons. Hy praat ook oor die rol van veldbrande speel in die behoud van fynbos. Ons gee later meer detail oor die presiese roete.

ELANDSRIVIERKLOOF – SATERDAG 16 SEPTEMBER 2023

Bespreek vanaf Maandag 4 September

Stapleier en besprekings: Werner Dalziel by 082 579 0968. Beginpunt- en tyd: 08:00 by parkeerplek regs nes jy uit die Hugenote-tonnel kom. Graad: 2B (redelilk; 8 km). Groepgrootte: 12. Inpak: Dagsakkie met kos, water, sonbeskerming, reënbaadjie, ens. Koste: Permit R50 of Wildcard. Brandstofdonasie R100 + tolhekgeld (R44.50). Adminheffing R5 (lid) / R10 (besoeker).

Werner sê: Die Elandrivierkloof lê in die Du Toitskloof-berge aan Worcester se kant van die tonnel (regs soos jy uit die tonnel kom). Die paadjie is soms steil op en af, maar oor die algemeen maklik. Na sowat 4 km kry ons die Vissermansgrot en hier is een van die mooiste swemplekke in dié berge. Ons kronkel al met die rivier langs tot by die middageteplek en stap dan met dieselfde roete terug.

KOTZERUS-NAWEEK, GARIES – VRYDAG 22 TOT MAANDAG 25 SEPTEMBER 2023 (Maandag = vakansiedag)

Bespreek vanaf Maandag 19 Junie

Stapleier en besprekings: Abrie Marais by 082 578 3046. Basis vir die naweek: Nuwefonteinskop-gastehuis, Kotzerus (57 km suidwes van Garies). Graad: 2B (redelilk; 30 km). Groepgrootte: 8. Inpak: Soos vir naweekstap met tent, oornaggoed wat aangery word, en dagsakkie. Koste: Verblyf en ander koste vir die naweek: R400 pp. Brandstofdonasie R1000 (450 km x 2 = 900 km) (vir voertuig met 2 betalende passasiers). Adminheffing R15 (lid) / R30 (besoeker).

Abrie sê: As jy vrede op aarde soek, sal jy dit op Kotzerus in Namakwaland in die Noord-Kaap kry. Hierdie is ‘n verkennende stap wat by die Nuwefonteinskop-gastehuis van Kobus en Maritha Kotze op Kotzerus begin. Ons ry met die N7 tot by Garies en draai dan af en ry grondpad tot by Kotzesrus. Ons slaap die Vrydagaand by die gastehuis. Saterdag: Stap vanaf die gastehuis tot by die see en slaap hier in tentjies. Ons stap met dagsakkies want ons oornaggoed word aangery. Sondag: Stap kuslangs tot by optelpunt en ry terug Kotzerus toe. Ons geniet ontbyt die Maandagoggend en ry dan terug Kaap toe. Bring genoeg waterbottels want daar is nie drinkwater op die roete nie (wel by die oornagpunt). Die plantegroei is hoofsaaklik fynbos en vetplante. Dalk kry ons nog die laaste van die blommeseisoen.

TUINROETE PELGRIMSTOG VAN HOOP – UNIONDALE TOT MOSSELBAAI (14 dae): 1 – 14 OKTOBER 2023 (rydatums uitgesluit)

Besprekings open Maandag 3 Julie 2023 om 07:00

Besprekings: Niel Visser by 076 992 3375. Graad: 2A (270 km). Groepgrootte: 8. Inpak: Ons stap met oornag-rugsakke met slaapsakke, maar sonder kos want maaltye word voorsien. Wees voorbereid op enige soort weersomstandighede. Koste: R8600 pp. Koste sluit in 3 maaltye per dag en oornagverblyfop die roete, en ‘n verwelkomingspakkie. Wat nog moet bykom:Verblyf in Mosselbaaivoor en na die stap en vervoer na die stapbeginpunt.Adminheffing R70 (lid) / R140 (besoeker). Brandstofkoste na Mosselbaai: R1250. Elke stapper ontvang ná die stap ‘n koopbewys vir middagete by Delfino’s by die Punt op Mosselbaai. (Opsioneel ekstra: Vervoer van sakke R100 per persoon per dag.)

Niel en Sharon sê: Kom stap saam met ons tussen kerke en herberge in die natuurskoon van die Tuinroete in ons eie land. Die 14-dag pelgrimstog is ‘n geestelike en fisiese avontuur waar daar gereis word in tyd en ruimte, tussen mite en legende, geskiedenis en tradisie, natuur en kultuur. Ons stap vanaf Uniondale oor drie bergpasse, deur die Karoo, oor plase, deur woude, strandlangs en eindig by die St Blaze-vuurtoring in Mosselbaai. Elke stapper ontvang voor die stap ‘n pakkie wat bestaan uit ‘n stapgids, rooi hoed, paspoort en sleutelhouer. Ons stap met oornag-rugsakke met slaapsakke. Afstande per dag wissel tussen 14 en 24 km. Op die roete trap ons selfs ‘n treintrollie. Stappers wat reeds hierdie stap gedoen het is absoluut in ekstase en beveel dit hoog aan.  

TUINROETE PELGRIMSTOG VAN HOOP – NATURE’S REST TOT MOSSELBAAI (7 DAE): 30 SEPTEMBER – 6 OKTOBER (rydatums uitgesluit)

Besprekings open Maandag 3 Julie 2023 om 07:00

Besprekings: Niel Visser by 076 992 3375. Graad: 2A (132 km). Groepgrootte: 8. Inpak: Ons stap met oornag-rugsakke met slaapsakke, maar sonder kos want maaltye word voorsien. Wees voorbereid op enige soort weersomstandighede. Koste: R4500 pp. Koste sluit in 3 maaltye per dag en oornagverblyfop die roete, en ‘n verwelkomingspakkie. Wat nog moet bykom:Verblyf in Mosselbaaivoor en na die stap en vervoer na die stapbeginpunt.Adminheffing R35 (lid) / R70 (besoeker). Brandstofkoste na Mosselbaai: R1250. Elke stapper ontvang ná die stap ‘n koopbewys vir middagete by Delfino’s by die Punt op Mosselbaai. (Opsioneel ekstra: Vervoer van sakke R100 per persoon per dag.)

Niel en Sharon sê: Kom stap saam tussen kerke en herberge in die natuurskoon van die Tuinroete in ons eie land. Die 7-dag pelgrimstog is ‘n geestelike en fisiese avontuur waar daar gereis word in tyd en ruimte, tussen mite en legende, geskiedenis en tradisie, natuur en kultuur. Ons stap vanaf Nature’s Rest oor twee bergpasse, deur die Karoo, oor plase, deur woude, strandlangs en eindig by die St Blaze-vuurtoring in Mosselbaai. Elke stapper ontvang voor die stap ‘n pakkie wat bestaan uit ‘n stapgids, rooi hoed, paspoort en sleutelhouer. Ons stap met oornag-rugsakke met slaapsakke. Afstande per dag wissel tussen 14 en 24 km. Op die roete trap ons selfs ‘n treintrollie. Stappers wat reeds hierdie stap gedoen het is absoluut in ekstase en beveel dit hoog aan.  

TYGERBERG-NATUURRESERVAAT – SATERDAG 7 OKTOBER 2023

Bespreek vanaf Maandag 25 September

Stapleier: Chrisna Swart by 083 450 6682. Beginpunt- en tyd: 08:00 by reservaat se hek. Graad: 2A (redelik, paar geleidelike opdraande, 11 km / 4 uur). Groepgrootte: Onbeperk. Inpak: water, sonbeskerming, reënbaadjie, kos, ens. Koste: R20 toegangsgeld by hek. Brandstofdonasie R25. Adminheffing R5 (lid) / R10 (besoeker).

Chrisna sê: Die 67-hektaar Tygerberg Natuurreservaat op ons drumpel bied mooi uitsigte, 158 voëlsoorte, 40 soorte skoenlappers, wildsbokkies, hasies, bergskilpaaie, en mooi renosterveld. Die ‘tyger’ in die naam kom van die Nederlands vir luiperd. Kolle vaalbruin gras word met grys-groen fynbos afgewissel – wat maak dat die plantegroei op die heuwels van ver af soos die kolle op ‘n luiperd lyk. Goeie stap vir gesinne.

PAARLBERG – SATERDAG 28 OKTOBER 2023

Bespreek vanaf Maandag 16 Oktober

Besprekings en stapleiers: Werner Booyens en Brenda Sideratos by 072 122 5216. Beginpunt- en tyd: 07:30 by Paarlberg-natuurreservaat. Graad: 1B (sowat 18 km). Groepgrootte: Onbeperk. Inpak: Dagsakkie met water, sonbeskerming, kos, windjekker. Koste: R100 brandstofdonasie. Adminheffing R5 (lid) / R10 (besoeker).

Werner en Brenda sê: Ons stap ‘n lekker lang roete die Paarlberg-natuurreservaat wat ons verby al die hoogtepunte en uitkykpunte neem. Paarlberg staan 654 m bo seespieël en is bekend vir die drie reuse granietrotse wat omtrent 50 miljoen jaar oud is: Paarl-, Bretagne- en Gordonrots. Die kanon wat die aankoms van die handelsvaarders in die Kaap aangekondig het, is nog op Paarlrots. Die klim teen Bretagnerots is steil, maar daar is ‘n ketting waaraan jy kan vashou. Op ‘n helder dag sien jy Valsbaai en Tafelbaai, met Tafelberg en Leeukop in die verte. Paarlberg is in 1963 tot ‘n Nasionale Gedenkwaardigheid verklaar.

TAFELBERG EXTREME DAGSTAP – SATERDAG 28 OKTOBER 2023

Bespreek vanaf Maandag 16 Oktober

Stapleier en besprekings: Werner Dalziel by 082 579 0968. Beginpunt: 06:00 vanaf Cecilia Forest se parkeerarea. Graad: 4C, veeleisend, 22 km, 1300 m klimhoogte. Groepgrootte: 15. Inpak: Dagsakkie met kos, genoeg water, sonbeskerming, reënbaadjie, ens. Koste: Brandstofdonasie R100. Adminheffing R5 (lid) / R10 (besoeker).

Werner sê: Ons begin reeds om 06:00 vanaf Cecilia Forest se parkeerarea. Ons klim eers rustig tot by Cecilia waterval en klim dan verder tot ons by Cecilia Rif aankom. Hier klouter ons dan op teen die kant van die berg tot ons by die Overseers Cottage aankom. Ons neem dan die Smuts Track tot ons by die hoogste punt van Tafelberg, Maclear Beacon, aankom. Ons stap dan reg oor die voorste tafel en sak dan af met die lere by Valley of the Red Gods om ‘n draai te maak by Grotto grot.  Ons stap dan aan via Echo Valley en oor met Valley of Isolation tot ons by die damme aankom. Ons stap dan oor die damwal en volg die paadjie tot by De Villliers-dam waar ons die paadjie vat in die rigting van Klaasenskop, die Kameel-rots en Bel Ombre. Ons sak af met Constantia Corner, verby Eagles Nest, en neem dan die jeep track al die pad terug tot by die motors. Seker die uitdagendste Tafelberg Extreme stap nog en wat ‘n hoë graad van fiksheid vereis. Bring asb kopliggies en bietjie ektra kos saam, net vir ingeval.

HOE OM STAPGELD TE BETAAL

  • Internetbetalings in die 62-rekening: First National Bank. Rekeningnaam: Sanlam-Staptoerklub. Rekeningnommer: 62049730999. Tak: Civic Centre, Bellville. Takkode: 200910.
  • Kontant en tjekbetalings in die 74-rekening slegs by ‘n OTM (nie binne-in die tak nie asseblief): First National Bank. Rekeningnaam: Sanlam-Staptoerklub. Rekeningnommer: 74049732396. Tak: Civic Centre, Bellville. Takkode: 200910
  • Inbetalingsbewys vir stapgeld: Stuur aan André Venter by andre@matimbers.co.za en aan die stapleier / staporganiseerder.
  • Verwysing by jou inbetaling: jou naam en van + die stap se naam (bv. Piet Pakstap Kaappunt)

HOE OM LEDEGELD TE BETAAL

  • Internetbetalings in die 62-rekening: First National Bank. Rekeningnaam: Sanlam-Staptoerklub. Rekeningnommer: 62049730999. Tak: Civic Centre, Bellville. Takkode: 200910.
  • Kontant per OTM en tjekbetalings in die 74-rekening: First National Bank. Rekeningnaam: Sanlam-Staptoerklub. Rekeningnommer: 74049732396. Tak: Civic Centre, Bellville. Takkode: 200910.
  • Inbetalingsbewys vir ledegeld: Stuur aan Steph du Toit by steph@essef.co.za en aan André Venter by andre@matimbers.co.za.
  • Verwysing by jou inbetaling: jou naam en van + ledegeld (bv. Piet Pakstap ledegeld)

LIDMAATSKAP VIR 2023

R100 vir die hooflid en R170 per paar (hooflid + gade of kind bo 18). Elkeen moet ‘n lidmaatskapvorm invul. Lidmaatskap hou baie voordele in: Jy kry ’n stap-infrastruktuur met ‘n jaarprogram en stapleiers wat ervare is, voorkeur op besprekingslyste bo besoekers, ’n kleiner administratiewe heffing (R5 per dag teenoor R10 per dag vir besoekers), gereelde nuusbriewe en 10%-afslag by die Tygervallei-tak van Cape Union Mart, en 20% afslag by Hi-Tec Access Park in Kuilsrivier (as jy jou ledekaartjie wys; afslag is vir alles behalwe elektroniese toerusting soos GPS’e). Die Stapklub se lidmaatskapvorm is by www.sanlamstaptoerklub.co.za.

ALGEMENE STAPREËLS

  • Vrywillige deelname: Deelname aan enige stap of aktiwiteit van Sanlam-Staptoerklub (ongeag die stapleier of verteenwoordiger) is geheel en al op eie risiko.
  • Kies jou stappe volgens jou fiksheidsvlak: Dit is wenslik om met ‘n makliker stap te begin en geleidelik al moeiliker stappe te doen.
  • Noodhulp: Stappers moet hul eie noodhulp-items saambring. Die volgende word as minimum aanbeveel: 1) Rehydrate (of iets vir krampe), pleisters en verbande. 2) Persoonlike medikasie. 3) ‘n Beskrywing, op ‘n stukkie papier, van enige bestaande mediese toestand wat jy het, en wat ‘n derde party kan help as jy tydens ‘n staptog iets oorkom.
  • Besoekers: Besoekers is welkom om saam te stap as dit stappermit en/of groepgrootte dit toelaat. (Adminheffing van R10 per persoon per dag bo en behalwe die gewone koste van die stap.)

LAAT MENS DINK

“With age comes wisdom. With travel (read: backpacking / hiking) comes understanding.” – Sandra Lake

KLUB SE KONTAKBESONDERHEDE

E-pos: amandam@mweb.co.za | Selfoon: 0825703895. Web: www.sanlamstaptoerklub.co.za. Facebook: Sanlam-Staptoerklub Kaapstad. As jou kontakbesonderhede verander het, laat weet ons asseblief.