~ 23 April 2023: Luiperdkamera skuif na Saterdag 6 Mei

NUUS EN STAPSAKE

Algemeen: Hierdie is net ‘n vinnige nuusbrief om twee datumveranderinge onder jul aandag te bring: Die Luiperdkamerastap skuif van Sondag 7 Mei na Saterdag 6 Mei, en die fotografiewerkwinkel skuif van Woensdagaand 5 Julie na Woensdagaand 12 Julie. Baie sterkte aan almal wat vandag vertrek om Antjie se Pad te stap!

VOLGENDE SARSIE STAPPE

BAINSKLOOF-STAP: DIENS LUIPERDKAMERA – SATERDAG 6 MEI 2023

Bespreek vanaf Maandag 24 April

Beginpunt- en tyd 07:00 by Eerste Tol, Bainskloofpas. Stapleier: Steph du Toit by 082 851 9953. Graad:    2A (500 m klimhoogte), 4 km tot by kamera (8 km in totaal). Groepgrootte: 12. Inpak            Soos vir dagstap met reën-, wind- en sonbeskerming, water, kos, ens. Koste: Brandstofdonasie: R100. Adminheffing R5 (lid) / R10 (besoeker). Geen permitkoste nie.

Steph sê: Die Kaapse Luiperdtrust gebruik navorsing oor luiperds in die Kaapse berge vir die bewaring van luiperds. Sanlam-Staptoerklub ondersteun hierdie inisiatief deur ’n luiperdkamera te borg. Die kamera is in Februarie 2015 in Bainskloofberge geïnstalleer. Ons diens die kamera elke paar maande. Die Luiperdtrust kan baie inligting uit die foto’s op die kamera aflei – soos hoeveel luiperds daar is (elke luiperd se kolle is uniek) en in watter kondisie hulle is. Sien http://capeleopard.org.za/research/leopard/boland.

ST HELENABAAI-NAWEEK – VRYDAGMIDDAG 12 TOT SONDAG 14 MEI 2023

Volbespreek

Basis vir die naweek: Desiree Timmet-hulle se strandhuis op St Helenabaai. Besprekings: Amanda Matthee by 082 570 3895. Stapleiers: Desiree Timmet en Esmay Josephs. Graad         2A (twee dagstappe). Groepgrootte: 12. Inpak: Soos vir naweek wat uit twee dagstappe bestaan. Bring eie slaapsak, handdoeke, oornaggoed, kos, en dagsakkie met kos, water, windjekker, sonbeskerming, swemklere, ens. Koste     R200 pp (om uitgawes van naweek te dek, hout, ens.). Brandstofdonasie R400 (in motor met 2 betalende passasiers; 160 km x 2). Adminheffing R10 (lid) / R20 (besoeker).

Desiree en Esmay sê: Ons sien saam met julle uit na ‘n heerlike Weskus-kuiernaweek by St Helenabaai. Dit is so 2 uur se ry vanaf Bellville. Ons doen twee dagstappe by die see – ‘n langer stap by Paternoster en ‘n korter een by Shelley Point. Ons braai albei aande (maar gaan nader aan die tyd kyk vir lekker vars vis om die een aand te braai.)

BERGRIVIERDAM – ENGELSE FORT, FRANSCHHOEK – SATERDAG 20 MEI 2023

Bespreek vanaf Maandag 8 Mei

Beginpunt- en tyd :07:00 by Robertsvleipad se hek. Stapleier: Werner Dalziel by 082 579 0968. Graad: 2B (veeleisend; 21 km). Groepgrootte: 16. Inpak: Dagsakkie met kos, water, sonbeskerming, reënbaadjie, ens. Koste       :Brandstofdonasie R100. Adminheffing R5 (lid) / R10 (besoeker).

Werner sê: Ons begin die stap op ‘n jeeppad met mooi uitsigte oor die Bergrivierdam. Ons moet dan ‘n rivier kruis waar ons partykeer skoene moet uittrek. Ons kan ook afdraai na die waterval toe vir ‘n lekker teebreek. Van hier af pak ons toe die roete aan na die Engelse fort. Ons klim op in die kloof en kruis nog ‘n paar stroompies en riviertjies. Ons klim die laaste deel in die kloof op tot by die nekkie waar ons ‘n welverdiende middagete by die Engelse fort sal geniet. Ons kan ook verder stap tot by die volgende uitkykpunt. Ons kom met dieselfde roete terug. ‘n Lekker vol dag se stap in die berge buite Franschhoek.

ARANGIESKOP, ROBERTSON – VRYDAGMIDDAG 26 TOT SONDAG 28 MEI 2023

Bespreek nou

Stapleier: Werner Dalziel by 082 579 0968. Beginpunt- en tyd: Vrydagmiddag by Dassieshoek se hut (6 km buite Robertson). Graad: 3C, veeleisend, 21 km, steil opdraandes, nimmereindigende afdraandes. Groepgrootte: 12. Inpak: Soos vir oornagstap met oorslaap in hutte met matrasse. Kan albei aande braai. Maak gereed vir enige soort weer en pak alles waterdig. Koste: Dassieshoek se hut R232 + Arangieskop se hut R195 + stappermit R72 + vuurmaakhout R10 = R509 (pryse word in Julie elke jaar verhoog – hierdie is dus nog nie finale bedrag nie). Brandstofdonasie: R400 (2 x 170 km = 340 km). Adminheffing R10 (lid) / R20 (besoeker).

Werner sê: Dié sirkelroete is in die Langeberge noord van Robertson. Ons slaap die Vrydagaand by Dassieshoek se hut – sowat 6 km buite Robertson. Dag 1 (10 km, 6,5 uur) is byna heelpad opdraand tot by ‘n 5-ster hut. Dag 2 (11 km, 6 uur) is afdraand in ongelooflike klowe af. Hierdie is beslis een van die mooiste en taaiste roetes in die Wes-Kaap. Arangieskop kry ook 10 uit 10 vir uitsigte – jy kyk af op berge. Pakstapfundi Mike Lundy sê as die Otter die koning van alle roetes in SA is, is Arangieskop die prins.

WINTERFUNKSIE: WERKWINKEL OOR SELFOON-FOTOGRAFIE – WOENSDAGAAND 12 JULIE 2023 OM 19:00

Bespreek vanaf Maandag 5 Junie

Plek: Die kerksaal van die NG Kerk La Rochelle. Hoek van Meerlust- en Hadleystraat, Bellair. Op die agenda: Werkwinkel van sowat 2 uur oor selfoon-fotografie, aangebied deur professionele fotograaf Hanna Jacobs. Besprekings: Ilse Marais by 082 377 4584 / ilse.marais@sanlam.co.za. Groepgrootte: 60 maksimum (besprekings noodsaaklik). Vir saambring: Eie skottelgoed en drinkgoed, aantekeningboekie en pen: Koste: R120 per kop. Sluit in fotografie-werkwinkel, sop, brood en nagereg. Yoco-kaartmasjien by die deur.

Hanna sê: Die roetes waarop ons stap bied aan ons die geleentheid om uitsonderlike foto’s van landskappe, rotsformasies, uitsigte en plantegroei te neem. Die meeste van ons neem hierdie foto’s met ons selfone maar dit kom nie altyd so mooi uit nie. Hierdie werkwinkel sal jou wys hoe om die komposisie van jou foto’s te verbeter, foto’s te redigeer, en beter foto’s van mense te neem. Dit sluit talle wenke in oor hoe om jou selfoon se kamera beter te benut. Sien ook https://hannajacobs.co.za/courses/.

HOE OM STAPGELD TE BETAAL

  • Internetbetalings in die 62-rekening: First National Bank. Rekeningnaam: Sanlam-Staptoerklub. Rekeningnommer: 62049730999. Tak: Civic Centre, Bellville. Takkode: 200910.
  • Kontant en tjekbetalings in die 74-rekening slegs by ‘n OTM (nie binne-in die tak nie asseblief): First National Bank. Rekeningnaam: Sanlam-Staptoerklub. Rekeningnommer: 74049732396. Tak: Civic Centre, Bellville. Takkode: 200910
  • Inbetalingsbewys vir stapgeld: Stuur aan André Venter by andre@matimbers.co.za en aan die stapleier / staporganiseerder.
  • Verwysing by jou inbetaling: jou naam en van + die stap se naam (bv. Piet Pakstap Kaappunt)

HOE OM LEDEGELD TE BETAAL

  • Internetbetalings in die 62-rekening: First National Bank. Rekeningnaam: Sanlam-Staptoerklub. Rekeningnommer: 62049730999. Tak: Civic Centre, Bellville. Takkode: 200910.
  • Kontant per OTM en tjekbetalings in die 74-rekening: First National Bank. Rekeningnaam: Sanlam-Staptoerklub. Rekeningnommer: 74049732396. Tak: Civic Centre, Bellville. Takkode: 200910.
  • Inbetalingsbewys vir ledegeld: Stuur aan Steph du Toit by steph@essef.co.za en aan André Venter by andre@matimbers.co.za.
  • Verwysing by jou inbetaling: jou naam en van + ledegeld (bv. Piet Pakstap ledegeld)

LIDMAATSKAP VIR 2023

R100 vir die hooflid en R170 per paar (hooflid + gade of kind bo 18). Elkeen moet ‘n lidmaatskapvorm invul. Lidmaatskap hou baie voordele in: Jy kry ’n stap-infrastruktuur met ‘n jaarprogram en stapleiers wat ervare is, voorkeur op besprekingslyste bo besoekers, ’n kleiner administratiewe heffing (R5 per dag teenoor R10 per dag vir besoekers), gereelde nuusbriewe en 10%-afslag by die Tygervallei-tak van Cape Union Mart, en 20% afslag by Hi-Tec Access Park in Kuilsrivier (as jy jou ledekaartjie wys; afslag is vir alles behalwe elektroniese toerusting soos GPS’e). Die Stapklub se lidmaatskapvorm is by www.sanlamstaptoerklub.co.za.

ALGEMENE STAPREËLS

  • Vrywillige deelname: Deelname aan enige stap of aktiwiteit van Sanlam-Staptoerklub (ongeag die stapleier of verteenwoordiger) is geheel en al op eie risiko.
  • Kies jou stappe volgens jou fiksheidsvlak: Dit is wenslik om met ‘n makliker stap te begin en geleidelik al moeiliker stappe te doen.
  • Noodhulp: Stappers moet hul eie noodhulp-items saambring. Die volgende word as minimum aanbeveel: 1) Rehydrate (of iets vir krampe), pleisters en verbande. 2) Persoonlike medikasie. 3) ‘n Beskrywing, op ‘n stukkie papier, van enige bestaande mediese toestand wat jy het, en wat ‘n derde party kan help as jy tydens ‘n staptog iets oorkom.
  • Besoekers: Besoekers is welkom om saam te stap as dit stappermit en/of groepgrootte dit toelaat. (Adminheffing van R10 per persoon per dag bo en behalwe die gewone koste van die stap.)

LAAT MENS DINK

‘Camping: The art of getting closer to nature while getting farther away from the nearest cold beverage, hot shower, and flush toilet.’ – Anonymous

KLUB SE KONTAKBESONDERHEDE

E-pos: amandam@mweb.co.za | Selfoon: 0825703895. Web: www.sanlamstaptoerklub.co.za. Facebook: Sanlam-Staptoerklub Kaapstad. As jou kontakbesonderhede verander het, laat weet ons asseblief.