~ 3 Februarie 2023: Sanlam-Staptoerklub: Algemene Jaarvergadering 15 Feb | Stappe om te bespreek

NUUS EN STAPSAKE

  • Stapsake: Die jaar is goed op die pad met al die stappe wat ons al gedoen het. Ons is hard aan die werk met die boekieprogram met al die roetebeskrywings, koste, afstande en ander detail wat ons by ons Algemene Jaarvergadering op 15 Februarie sal uitdeel. Sien intussen hieronder die volgende sarsie stappe op ons program.
  • Kom stap môre saam by Chapmanspiek: Daar is nog enkele plekke oop vir Chapmanspiek Saterdag 4 Februarie. Volgens YR gaan dit môre 27 grade Celsius in daardie omgewing wees. Kry meer inligting hieronder en bespreek by Werner Dalziel by 082 579 0968.
  • Bespreek vir ons Algemene Jaarvergadering Woensdagaand 15 Februarie om 19:00: Ons gee ‘n kort verslag oor die jaar wat verby is, kies die nuwe bestuur, deel die boekie-program (met stappe se roetebeskrywings, afstande, koste, ens.), uit en deel ook kilometer-wapentjies uit aan die mense wat kwalifiseer. Dit is ‘n goeie geleentheid om medestappers te ontmoet en vrae oor die stappe te vra. Jy bring eie eetgoed en drinkgoed (wat jy kan geniet terwyl ons vergadering hou), en ons gee nagereg en die saal (teen gesubsidieerde bedrag van R25 pp). Ons hou dit in die kerksaal van die NG Kerk La Rochelle. Kry al die inligting hieronder en bespreek by Ilse Marais by 082 377 4584 / ilse.marais@sanlam.co.za.
  • Wie wil jy op 2023 se bestuur sien? Stuur asseblief jou nominasies vir die bestuur vir 2023 aan amandam@mweb.co.za.
  • Ledegeld: Ons ledegeld vir 2023 bly R100 per persoon en R170 vir twee mense (gade of kind bo 18). Die inskryfvorm vir lidmaatskap is op ons webwerf by www.sanlamstaptoerklub.co.za. (Ons vra gewoonlik dat almal teen einde Januarie inskryf sodat mense op ons Algemene Jaarvergadering in Februarie kan stem.)
  • Stapverslae: Ons volgende nuusbrief sal weer stapverslae in hê.

VOLGENDE SARSIE STAPPE

CHAPMANSPIEK: SATERDAG 4 FEBRUARIE 2023

Bespreek nou

Bymekaarkomplek en -tyd:  07:00 by parkeerarea vir Chapmanspiek in Noordhoek. Stapleier en besprekings: Werner Dalziel by 082 579 0968. Graad: 2B (veeleisend, klimhoogte 551 m, 7 km). Groepgrootte: Onbeperk. Inpak: Dagsakkie met kos, water, sonbeskerming, windjekker, ens. Koste: Brandstofdonasie R100. Adminheffing R5 (lid) / R10 (besoeker).

Werner sê: As jy ‘n roete met fantastiese uitsigte oor die see en berge soek, sal jy dit op hierdie roete kry. Ons begin by Noordhoekstrand en stap tot by die eerste uitkykpunt waar ons ontbyt eet. Dan pak ons die roete tot by die piek aan, en af tot by ‘n nekkie. Op pad terug stop ons weer by die uitkykpunt. Ons kan agterna ‘n welverdiende bier by ‘n restaurant daar naby gaan drink.

TAFELBERG – DISAS – MOEILIKE ROETE: SATERDAG 11 FEBRUARIE 2023

Bespreek nou

Bymekaarkomplek- en tyd: Cecilia Forest om 06:30. Stapleier en besprekings: Werner Dalziel by 082 579 0968. Graad: 3B (veeleisend,3C, 15 km, klimhoogte 750 meter). Groepgrootte: onbeperk. Inpak: Dagsakkie met kos, water, windjekker, sonbeskerming, ens. Koste: Brandstofdonasie R80. Adminheffing R5 (lid) / R10 (besoeker).

Werner sê: Ons begin vroegoggend by Kirstenbosch en klim Skeleton Gorge uit. Daarna stap ons na die akwaduk, Valley of Isolation, Ash Valley, af by Cecilia Ridge en verby Cecilia-waterval tot terug by die motors.. Dit is ‘n vol dag se stap, maar dit neem ons na van die mooiste plekke op Tafelberg – met die disas daarby.

TAFELBERG – DISAS – MAKLIKER ROETE: SATERDAG 11 FEBRUARIE 2023

Bespreek nou

Bymekaarkomplek- en tyd: Constantianek om 07:00. Stapleier en besprekings: Amanda Matthee by 0825703895. Graad: 2A (geleidelike opdraand waarvan deel op jeeppad is, sowat 10 km). Groepgrootte: onbeperk. Inpak: Dagsakkie met kos, water, windjekker, sonbeskerming, ens. Koste: Brandstofdonasie R80. Adminheffing R5 (lid) / R10 (besoeker).

Amanda sê: Ons begin by Constantianek en stap met trappies op na die jeeppad tot op die agterste tafel by die damme. Dan stap ons op in Disakloof tot by die rivier of verder tot by akwaduk waar die disas groei. Ons kom met dieselfde roete terug.

ALGEMENE JAARVERADERING: WOENSDAGAAND 15 FEBRUARIE 2023 OM 19:00

Bespreek nou

Op die agenda: Kort verslag oor die jaar wat verby is, verkiesing van nuwe bestuur, uitdeel van boekie-programme (met stappe se roetebeskrywings, afstande, koste, ens.), en kilometer-wapentjies. Dit sal lekker wees om julle almal weer te sien!

Plek: Die kerksaal van die NG Kerk La Rochelle. Hoek van Meerlust- en Hadleystraat, Bellair.

Jy bring saam: Eie eetgoed en drinkgoed om te geniet terwyl ons vergadering hou.

Ons gee: Nagereg en koffie.

Koste: R25 per persoon (dek koste van saalhuur en nagereg – bedrag is gesubsidieer). Geld is betaalbaar by die deur. Yoco-kaartmasjien is beskikbaar.

Besprekings: Ilse Marais by 021 851 6160 / 082 377 4584 / ilse.marais@sanlam.co.za.

STRUISBAAI-NAWEEK: VRYDAGMIDDAG 17 TOT SONDAG 19 FEBRUARIE 2023

Volbespreek

Naweek se basis: Wynand en Madeleine se strandhuis op Struisbaai. Stapleier en besprekings: Wynand Krause 084 573 4376. Graad: 2A (twee dagstappe). Groepgrootte: 12. Inpak: Soos vir naweek wat uit twee dagstappe bestaan. Eie slaapsak, oornaggoed, kos, en dagsakkie met kos, water, windjekker, sonbeskerming, ens. Koste: Rxxx (om uitgawes van naweek te dek). Brandstofdonasie R600. Adminheffing R10 (lid) / R20 (besoeker).

Wynand en Madeleine sê: ‘n Heerlike naweek van stap en kuier by die see. Ons doen ‘n verskeidenheid van roetes wat die volgende insluit: Stap na die mees suidelike punt van Afrika en na die vuurtoring en versteekte grot, en deel historiese inligting oor die gebied met julle. Daar is ook ‘n stap kuslangs wat ons verby ‘n ou skeepswrak neem. Ons maak saam kos / braai.

BOBBEJAANSRIVIER: SATERDAG 25 FEBRUARIE 2023

Bespreek vanaf Maandag 13 Februarie

Bymekaarkomplek- en tyd: Eerste Tol in Bainskloof om 07:30. Stapleier en besprekings: Werner Booyens en Brenda Sideratos 072 122 5216. Graad: 2A, redelik, 8 km (6 uur). Groepgrootte: 12. Inpak: Dagsakkie met kos, water, windjekker, sonbeskerming, ens. Koste: Permit R50 (of Wildcard). Brandstofdonasie R100. Adminheffing R5 (lid) / R10 (besoeker).

Werner en Brenda sê: Die roete begin en eindig by Eerste Tol in Bainskloof. Die stap begin met die kruising van die Bobbejaansrivier, wat ‘n sytak van die Witterivier is. Daar is heerlike swemplek na sowat 3.5 km. Die laaste gedeelte is steil en eindig met ‘n pragtige waterval en swemgat – ons omdraaipunt van die dag.

HOE OM STAPGELD TE BETAAL

  • Internetbetalings in die 62-rekening: First National Bank. Rekeningnaam: Sanlam-Staptoerklub. Rekeningnommer: 62049730999. Tak: Civic Centre, Bellville. Takkode: 200910.
  • Kontant en tjekbetalings in die 74-rekening slegs by ‘n OTM (nie binne-in die tak nie asseblief): First National Bank. Rekeningnaam: Sanlam-Staptoerklub. Rekeningnommer: 74049732396. Tak: Civic Centre, Bellville. Takkode: 200910
  • Inbetalingsbewys vir stapgeld: Stuur aan André Venter by andre@matimbers.co.za en aan die stapleier / staporganiseerder.
  • Verwysing by jou inbetaling: jou naam en van + die stap se naam (bv. Piet Pakstap Kaappunt)

HOE OM LEDEGELD TE BETAAL

  • Internetbetalings in die 62-rekening: First National Bank. Rekeningnaam: Sanlam-Staptoerklub. Rekeningnommer: 62049730999. Tak: Civic Centre, Bellville. Takkode: 200910.
  • Kontant per OTM en tjekbetalings in die 74-rekening: First National Bank. Rekeningnaam: Sanlam-Staptoerklub. Rekeningnommer: 74049732396. Tak: Civic Centre, Bellville. Takkode: 200910.
  • Inbetalingsbewys vir ledegeld: Stuur aan Steph du Toit by steph@essef.co.za en aan André Venter by andre@matimbers.co.za.
  • Verwysing by jou inbetaling: jou naam en van + ledegeld (bv. Piet Pakstap ledegeld)

LIDMAATSKAP VIR 2023

R100 vir die hooflid en R170 per paar (hooflid + gade of kind bo 18). Elkeen moet ‘n lidmaatskapvorm invul. Lidmaatskap hou baie voordele in: Jy kry ’n stap-infrastruktuur met ‘n jaarprogram en stapleiers wat ervare is, voorkeur op besprekingslyste bo besoekers, ’n kleiner administratiewe heffing (R5 per dag teenoor R10 per dag vir besoekers), gereelde nuusbriewe en 10%-afslag by die Tygervallei-tak van Cape Union Mart, en 20% afslag by Hi-Tec Access Park in Kuilsrivier (as jy jou ledekaartjie wys; afslag is vir alles behalwe elektroniese toerusting soos GPS’e). Die Stapklub se lidmaatskapvorm is by www.sanlamstaptoerklub.co.za.

BAIE GELUK AAN AL DIE LEDE WAT IN JANUARIE VERJAAR

Christiaan Smuts (1 Jan), Sonja Meyer (1 Jan), Joana Winterbach (1 Jan), Liza Burger (2 Jan), Cindy Vivian (2 Jan), Theo Smit (4 Jan), Gerna Terblanche (5 Jan), Elza Geldenhuys (6 Jan), Yvonne Truter (9 Jan), Sharon Visser (11 Jan), Annie Boshoff (13 Jan), Chris van der Merwe (16 Jan), Paulene Engelbrecht (16 Jan), Daniel Rousseau (16 Jan), Manie Ackermann (17 Jan), Wynand Krause (17 Jan), Anna de Wet (17 Jan), Karin Smith-Hamman (21 Jan), Naomi Smit (21 Jan), Gert Rousseau (22 Jan), Jannie Conradie (24 Jan), Ann Fraser (27 Jan), Hanna Boeke (29 Jan), Arina van Eck (29 Jan) en Edna Terblanche (31 Jan). (Laat weet asb as ons jou naam per ongeluk uitgelaat het.)

BAIE GELUK AAN AL DIE LEDE WAT IN FEBRUARIE VERJAAR

Chris Kies (1 Feb), Org Nieuwoudt (8 Feb), Angie Basson (11 Feb), Belinda Burdett (19 Feb), Jean Pienaar (20 Feb), Louis Nel (22 Feb), Maureen Kolles (24 Feb), Pieter Smith (24 Feb), Madeleine Krause (28 Feb). (Laat weet asb as ons jou naam per ongeluk uitgelaat het.)

LAAT MENS DINK

‘If you want to touch the past, touch a rock. If you want to touch the present, touch a flower. If you want to touch the future, touch a life.’ – Unknown

KLUB SE KONTAKBESONDERHEDE E-pos: amandam@mweb.co.za | Selfoon: 0825703895. Web: www.sanlamstaptoerklub.co.za. Facebook: Sanlam-Staptoerklub Kaapstad. As jou kontakbesonderhede verander het, laat weet ons asseblief.