~ 31 Desember 2022: Kom stap Sat 7 Jan saam by die Strand | Stapbesprekings wat 3 Jan open

NUUS EN STAPSAKE

  • Laaste stapnuus van die jaar: Hierdie is net ‘n vinnige nuusbrief om julle te herinner aan al die stappe waarvan die besprekings op Dinsdag 3 Januarie 2023 open: Strand-dagstap (Steph du Toit by 082 851 9953), Blouberg-dagstap (Wynand Krause by 084 573 4376), Struisbaai-naweek (Wynand Krause by 084 573 4376), en Sederberge Zooridge (Amanda Matthee by 082 570 3895).
  • Mag 2023 vir ons almal ‘n goeie jaar wees: Ons het nie 2022 uitgerus begin nie want ons het twee jaar van Covid se onsekerheid en verlies in ons gehad. Mag 2023 vir ons almal ‘n nuwe begin wees. En mag al die staproetes vir ons iets gee om na uit te sien en voor fiks te word. Dankie vir jul ondersteuning in 2022. Geniet jul vakansie, raak lekker lui en reis veilig. Ons sien uit na saam stap in die jaar wat wag.
  • Eerste stappe van 2023: Ons eerste twee stappe van 2023 is by die see. Saterdag 7 Januarie stap ons ‘n lekker 9 km stap by die Strand. Steph vra dat elkeen ook ‘n swartsak of winkelsak saambring om met die terugstap rommel en plastiek op te tel en ons deel vir die omgewing te doen. Kry meer inligting hieronder en bespreek by Steph by 082 851 9953. Ons tweede strandstap is by Blouberg (van Kelpbaai tot by Big Bay) – meer hieroor in ons eerste nuusbrief van volgende jaar.
  • Ledegeld: Ons ledegeld vir 2023 bly R100 per persoon en R170 per paartjie (en nie R140 soos ons verkeerdelik in die vorige nuusbrief genoem het nie). Die inskryfvorm vir lidmaatskap is op ons webwerf by www.sanlamstaptoerklub.co.za. (Ons vra gewoonlik dat almal teen einde Januarie inskryf sodat mense op ons Algemene Jaarvergadering in Februarie kan stem.)
  • Stapverslae: Sien stapverslae vir die Muratie-volmaanstap en Rooibustoer hieronder.

EERSTE STAPPE VAN DIE JAAR

STRAND-STAP: SATERDAG 7 JANUARIE 2023

Bespreek vanaf Dinsdag 3 Januarie

Beginpunt en -tyd: Om 07:30 by die Strand Pawiljoen se parkeerplek. Stapleier: Steph du Toit by 082 851 9953. Graad: 1A (redelik, 9 km). Groepgrootte: onbeperk. Inpak: Soos vir ‘n dagstap met water, sonbeskerming, kos, swemklere, ens. Plastieksak vir vullis optel. Jy kan met tekkies of goeie plakkies ook stap. Koste: Brandstofdonasie R100. Adminheffing R5 (lid) / R10 (besoeker).

Steph sê: Ons begin die jaar met ‘n lekker stap langs die see. Ons stap van die Strand Pavilion verby die Lourensriviermond tot by Rheinmetal se grens. Dit sluit die 2 km in wat tot onlangs vir die publiek gesluit was. Ons volg dieselfde roete terug. Bring gerus ‘n swartsak of plastieksak saam sodat ons met die terugstap rommel kan optel en ons deel vir die omgewing kan doen.

BLOUBERG-STAP (KELPBAAI TOT BIG BAY): SATERDAG 14 JANUARIE 2023

Bespreek vanaf Dinsdag 3 Januarie

Beginpunt en -tyd: Om 08:00 by Blouberg (meer inligting in volgende nuusbrief). Stapleier: Wynand Krause by 084 573 4376. Graad: 1A (redelik, 12 km). Groepgrootte: onbeperk. Inpak: Soos vir ‘n dagstap met water, sonbeskerming, kos, swemklere, ens. Jy kan met tekkies of goeie plakkies ook stap. Koste: Brandstofdonasie R100. Adminheffing R5 (lid) / R10 (besoeker).

Wynand sê: Kelpbaai (Kelp Bay) is een van die kleiner strandjies langs die Weskus. Dit lê in die Blaauwberg Bewaringsgebied tussen Kreeftebaai and Haakgat. Kelpbaai kry sy naam van al die seewier wat hier voorkom. Ons parkeer by Kelpbaai en stap dan suid tot by Big Bay se strand en weer terug. Mooi uitsigte oor Tafelberg.

STAPVERSLAE

Muratie-volmaanstap: 7 Desember 2022

Altesaam 11 mense het vir hierdie stap bespreek, maar net 8 mense het op die ou end gestap (een van die stappers het aan die begin sleg gevoel en drie van hulle het toe besluit om liewer nie te stap nie). Ons het so teen 17:30 by Muratie aangekom, ingeteken en toe rustig begin stap aan die sowat 2 km tot bo op die bult waar die paadjie dan deur die bome kronkel tot by ons uitkykpunt op die koppie (Gilooly’s Lookuit). Die uitsig van hier af is regtig mooi – van Tafelberg tot by die wingende rondom Klapmutskop. Ons het piekniekkos uitgepak en party van ons het ‘n glasie Muratie-wyn daarby geniet. Hoe verder die son sak, hoe mooier word die kleure in die lug. Ons neem baie foto’s maar die foto’s kan nie regtig vasvang hoe mooi dit is nie. Seker so ‘n halfuur later kom die maan kom agter Simonsberg uit – helder en groot. Ons staan nog bietjie verwonderd rond, pak dan op en stap die res van die sirkelroete met flitse terug tot by die beginpunt. Party van ons drink nog eers koffie voor ons huiswaarts keer. ‘n Mooi stap wat mens tyd gee om net te sit en wees en die wêreld te bekyk. Dit was ook Johann en Erika Benkenstein se laaste stap saam met die klub. Ná 45 jaar se stap saam met ons gaan hulle nou minder stap en meer reis en kamp. Ons wens hulle net die beste toe vir die nuwe paaie wat hulle gaan verken. Baie dankie aan Amanda Matthee vir die stapreëlings. Stapafstand: 4 km. Klimhoogte: 150 m.

Rooibustoer: 10 Desember 2022

Altesaam 9 volwassenes en een baba (Werner en Daniela se 2-maande-oue dogtertjie Mila) kom die oggend om 09:00 by die V&A Waterfront se Akwarium bymekaar vir die “toer”-gedeelte van Sanlam-Staptoerklub. Hierdie keer het die toer uit Citysightseeing se “Classic” rooibustoer bestaan. Ons sit almal op die boonste dek want ons wil niks mis nie. Mens voel net soos ‘n toeris en leer baie uit die kommentaar oor die plekke waar ons verby ry en die interessante dinge wat uitgewys word. Ons besluit op twee afklimplekke: Houtbaai en Kampsbaai. By Houtbaai se hawe moet ons ‘n entjie stap tot by die punt waar ons die stalletjies besoek en vis-en-chips parcels by Fish on the Rocks geniet. Ons het ook by Kampsbaai afgeklim en by die Hard Rock Café bier en ander drinkgoed geniet. Met die naderende storm besluit ons om nie by nog ‘n plek af te klim nie. Citysightseeing se personeel was oral vriendelik en behulpsaam. Die rooibustoere is ‘n bate vir Kaapstad. Baie dankie aan Amanda Matthee vir die reëlings Stapafstand: 2 km. Klimhoogte: 20 m.

HOE OM STAPGELD TE BETAAL

  • Internetbetalings in die 62-rekening: First National Bank. Rekeningnaam: Sanlam-Staptoerklub. Rekeningnommer: 62049730999. Tak: Civic Centre, Bellville. Takkode: 200910.
  • Kontant en tjekbetalings in die 74-rekening slegs by ‘n OTM (nie binne-in die tak nie asseblief): First National Bank. Rekeningnaam: Sanlam-Staptoerklub. Rekeningnommer: 74049732396. Tak: Civic Centre, Bellville. Takkode: 200910
  • Inbetalingsbewys vir stapgeld: Stuur aan André Venter by andre@matimbers.co.za en aan die stapleier / staporganiseerder.
  • Verwysing by jou inbetaling: jou naam en van + die stap se naam (bv. Piet Pakstap Kaappunt)

HOE OM LEDEGELD TE BETAAL

  • Internetbetalings in die 62-rekening: First National Bank. Rekeningnaam: Sanlam-Staptoerklub. Rekeningnommer: 62049730999. Tak: Civic Centre, Bellville. Takkode: 200910.
  • Kontant per OTM en tjekbetalings in die 74-rekening: First National Bank. Rekeningnaam: Sanlam-Staptoerklub. Rekeningnommer: 74049732396. Tak: Civic Centre, Bellville. Takkode: 200910.
  • Inbetalingsbewys vir ledegeld: Stuur aan Steph du Toit by steph@essef.co.za en aan André Venter by andre@matimbers.co.za.
  • Verwysing by jou inbetaling: jou naam en van + ledegeld (bv. Piet Pakstap ledegeld)

LIDMAATSKAP VIR 2023

R100 vir die hooflid en R70 per gade en/of elke afhanklike kind bo 18 (d.w.s. R170 per paar). Elkeen moet ‘n lidmaatskapvorm invul. Lidmaatskap hou baie voordele in: Jy kry ’n stap-infrastruktuur met ‘n jaarprogram en stapleiers wat ervare is, voorkeur op besprekingslyste bo besoekers, ’n kleiner administratiewe heffing (R5 per dag teenoor R10 per dag vir besoekers), gereelde nuusbriewe en 10%-afslag by die Tygervallei-tak van Cape Union Mart, en 20% afslag by Hi-Tec Access Park in Kuilsrivier (as jy jou ledekaartjie wys; afslag is vir alles behalwe elektroniese toerusting soos GPS’e). Die Stapklub se lidmaatskapvorm is by www.sanlamstaptoerklub.co.za.

BAIE GELUK AAN AL DIE LEDE WAT IN DESEMBER VERJAAR

Mari Warnich (1 Des), Leon de Roubaix (4 Des), Gerna Hough (5 Des), Paul Ackermann (5 Des), Arie van Eck (6 Des), Ronel Thiart (6 Des), Kobus Terblanche (7 Des), Michael Smuts (9 Des), Marina Kuhn (13 Des), Willmaine Wedderspoon (14 Des), Ilse Conradie (21 Des), Nannette Hassenstein (22 Des), Hans Kolles (22 Des), Jade Barnard (22 Des), Coenie Thiart (23 Des), Chrisna Swart (24 Des), Michelle Smit (26 Des), Paula Bester (26 Des), Sue Blomerus (27 Des), Elaine Borman (28 Des), Tony du Toit (29 Des), Anita du Plessis (30 Des), Leon Basson (31 Des), en Freddie Pohl (31 Des). (Laat weet asb as ons jou naam per ongeluk uitgelaat het.)

LAAT MENS DINK

‘The best education you will ever get is travelling. Nothing teaches you more than exploring the world and accumulating experiences.’ – Anonymous

KLUB SE KONTAKBESONDERHEDE

E-pos: amandam@mweb.co.za | Selfoon: 0825703895. Web: www.sanlamstaptoerklub.co.za. Facebook: Sanlam-Staptoerklub Kaapstad. As jou kontakbesonderhede verander het, laat weet ons asseblief. (As jy nie meer ons e-nuus wil ontvang nie, Reply met “Kanselleer” in die onderwerpblokkie.) Van Sanlam-Staptoerklub se bestuur: Amanda, Steph, Ilse, André, Werner, Niel en Wynand