~ 2 Desember 2022: Hier is ons program vir 2023 | Bespreek nou vir Volmaanstap

NUUS EN STAPSAKE

  • 2022 se wenner van die Bergbok-Wisseltrofee: Hierdie trofee word gegee aan die stapper wat “die hoogste geklim het” die jaar. Ons hou nie net statistiek oor die stapafstande van roetes nie, maar ook oor die klimhoogte van roetes omdat alle kilometers nie gelyk is nie – party roetes het woeste opdraande. Vanjaar se wenner is Werner Dalziel wat altesaam 17 stappe gedoen het met ‘n totale stapafstand van 338 km en ‘n totale klimhoogte van 13 382 meter (13 x Tafelberg). Baie geluk, Werner! Hier is ‘n paar interessante syfers: Totaal van stappe: As jy van 8 Januarie tot 27 November 2022 al 44 stappe gedoen het, sou jy 1 387 km ver gestap het met ‘n totale klimhoogte van 24 146 meter. Top 10 stappers volgens aantal stappe gedoen: Amanda Matthee, Werner Booyens, Brenda Sideratos, Miranda Myburgh, Werner Dalziel, Estelle Smuts, Edna Terblanche, Beulagh Keulder, Estelle Zietsman, Freddie Pohl, en Susan Pohl. Top 10 stappers volgens kilometers gestap: Amanda Matthee, Werner Booyens, Brenda Sideratos, Miranda Myburgh, Werner Dalziel, Estelle Zietsman, Beulagh Keulder, Estelle Smuts, Edna Terblanche, Niel Vissen en Sharon Visser. Top 10 stappers volgens totale klimhoogte: Werner Dalziel, Werner Booyens, Brenda Sideratos, Amanda Matthee, Miranda Myburgh, Beulagh Keulder, Estelle Zietsman, Estelle Smuts, Edna Terblanche, en Ulla Esterhuizen. ‘n Groot dankie aan Niel Visser vir die inisiatief en byhou van hierdie statistiek, en aan almal wat saam gestap het.
  • Stapnuus: Baie dankie aan almal wat Woensdagaand ons jaareindfunksie bygewoon het. Dit was goed om julle daar te sien. Ons heg 2023 se stapprogram aan – met hoogtepuntstappe soos Antjie se Pad tussen Humansdorp en Kareedouw, Zoo Ridge in die Sederberge, en die Tuinroete Camino, en ‘n hele paar “verken ons eie omgewing”-stappe (wat help om brandstofkoste te beperk). Daar is naweekstappe soos Arangieskop en naweekstappe wat uit twee dagstappe bestaan. Daar is regtig iets vir almal. Die roetebeskrywings en detail oor die koste, stapafstand en groepgroottes verskyn in die boekieprogram wat gewoonlik teen einde Januarie of op die laatste by die Algemene Jaarvergadering in Februarie beskikbaar is. Hou intussen ons nuusbrief dop – die jongste inligting is altyd daarin. Lede word ook op Sanlam-Staptoerklub se WhatsApp-groep (SSWAG) gevoeg en kry elke Sonmiddag ‘n boodskap om hulle te herinner aan watter stappe se besprekings die Maandag open.
  • Volmaanstap by Muratie Woensdagaand 7 Desember – bespreek nou: Onthou om te bespreek teen Maandag 5 Desember om 12:00 sodat ons die kaartjies (R100 pp) aanlyn kan koop. Heerlike en toeganklike stap tot op ‘n koppie waar mens net bietjie tot stilstand kan kom om te sien hoe die son sak en die maan opkom terwyl jy piekniekkos en dalk ‘n glasie wyn geniet. Al die inligting is hieronder.
  • Ons simpatie: Ons simpatie aan Elana Swart wie se pa onlangs oorlede is. Ons kon sien hoe lief Elana vir haar pa was toe sy die oggend voor die Greyton-McGregor-stap die nuus kry dat haar pa se toestand skielik versleg het en toe besluit het om liewer nie te stap nie maar reguit na haar ouers op Robertson te gaan. Ons dink aan jou in hierdie hartseer tyd.
  • Ledegeld: Ons ledegeld vir 2023 bly R100 per persoon en R140 per paartjie. Die inskryfvorm vir lidmaatskap is op ons webwerf by www.sanlamstaptoerklub.co.za. Jy kan nou al vir 2023 inskryf. (Ons vra gewoonlik dat almal teen einde Januarie inskryf sodat mense op ons Algemene Jaarvergadering in Februarie kan stem.)
  • Stapverslae: Sien stapverslag vir Mosselbaai-naweek hieronder.

LAASTE SARSIE STAPPE VAN DIE JAAR

WYNKELDERSTAP: SATERDAG 3 DESEMBER 2022

Volbespreek

Beginpunt en -tyd : Om 08:00 op Boschendal (by die parkeerterrein by die Trail Office). Stapleier: Steph du Toit by 082 851 9953. Graad: 1A (redelik, 5 km). Groepgrootte: 16. Inpak: Soos vir ‘n dagstap met water, sonbeskerming, kos, ens. Koste: Koste vir die wynproe en stappermit  is R150 vir lede of R155 vir nie-lede Brandstofdonasie R80. Adminheffing R5 (lid) / R10 (besoeker).

Steph sê: Hierdie toer is baie gewild en dit sal ons 15de wyntoer wees. Ons doen ‘n gemaklike 5km staproete voordat ons om 11:00 aansit vir ‘n 6-wyn wynproe. Daarna is elkeen vry om iets te eet by die deli (± R150) of by die markie (± R50).

MURATIE, VOLMAANSTAP – WOENSDAG LAATMIDDAG 7 DESEMBER 2022

Bespreek teen Maandag 5 Desember om 12:00

Beginpunt- en tyd: 17:30 by die Dirtopia Trail Centre op die plaas Muratiebuite Stellenbosch. Stapleier: Amanda Matthee by 0825703895. Graad: 2A (maklik, geleidelike opdraand en afdraand; 4 km): Groepgrootte: 20. Inpak: Dagsakkie met kos, water, sonbeskerming, windjekker, FLITSLIG, ens. Ook iets soos piekniekkombers om op te sit. Koste: Permit R100 per persoon. Brandstofdonasie R70. Adminheffing R5 (lid) / R10 (besoeker). (Daar is wyn te koop bo-op die koppie teen sowat R30 per glas. Daar is ook lekker barista-koffie by die eindpunt wanneer mens klaar maak.)

Amanda sê: Die ideale middel-van-die-week-stap as die einde van jaar se dinge vir jou te veel raak. Die son sak om 19:17 en die maan kom teen 19:24 op (maar verskyn eers teen 19:40 agter Simonsberg). Hier is nog inligting: This hiking trail has been constructed by Dirtopia, and runs from the Trail Centre at Muratie wine farm to a look-out point with spectacular views of the Winelands. See the sunset over Table Mountain in the distance and the moon rise on Simonsberg side, while enjoying a wonderful adventure with friends and family. The circle route is approximately 3.5 km, and it can take you 30 to 45 minutes to reach the top, so do not arrive later than 18:45 to ensure that you have the full experience. Bring a blanket to sit on while you wait for the sunset / moonrise under the watchful eye of Simonsberg. The look-out point is called Gilloolys where you can enjoy your packed picnic. Snacks and drinks for sale at the Trail Centre where you collect you permit on arrival. Remember that you need to carry out all your own trash. No smoking allowed on the mountain. No dogs allowed. You can be back at the Trail Centre between 20h00/20h30, depending on your walking speed and the time you start going down. Bring something warm to wear after dark and a torch, but there are also some torches available at the Trail Centre. Wear good walking / hiking shoes – you are climbing a mountain with steps and various terrain.

ROOIBUSTOER – KAAPSTAD: SATERDAG 10 DESEMBER 2022

Bespreek nou – daar is nog paar plekke oop

Vertrektyd- en plek: 08:00 in middestad van Kaapstad: Stapleier: Amanda Matthee by 082 570 3895. Graad: 1A (1 km stap!). Groepgrootte: 16. Inpak: Soos vir ‘n dagstap met water, windjekker, ens. Koste: Sowat R225 per persoon (afhangend van watter roete ons neem). Brandstofdonasie R60. Adminheffing R5 (lid) / R10 (besoeker).

Amanda sê: Ons maak of ons toeriste is en doen ‘n rooibustoer wat ons verby al die Kaap se toeristeplekke neem – van die V&A Waterfront en Tafelberg tot by Houtbaai (Blue Mini Peninsula Tour). Kry meer inligting by https://www.citysightseeing.co.za/cape-town/products/cape-town-open-top-bus-tours/classic-package.

STAPVERSLAE

Mosselbaai-naweek: 25-27 November 2022

Die naweek begin met perfekte stapweer eie aan Mosselbaai. Altesaam 18 stappers daag stuk-stuk op by Hartenbos se kampeerterrein en ons begin met ‘n kort stappie by Pinnacle Point waar ons met ‘n trap van 500m afklim tot by een van die vele grotte. Dit is hoogwater en ons klim en klouter almal oor die rotse tot binne in die grot. Almal word uitgedaag om die trappe weer uit te stap sonder om te rus. Ons sluit aan by Hennie in die klubhuis waar ons mocktails en cocktails en pizza bestel. Dit word ‘n gesellige aand en die beplande kuiervuur word uitgestel. Saterdagoggend vertrek ons vroeg reeds na die Punt by Mosselbaai, parkeer by die vuurtoring en klim almal in twee bakkies en ry tot by Danabaai waar ons die St Blaze begin stap. Dit is nogals ‘n uitdagende stappie maar verskriklik mooi. Dit is nie ‘n tegniese moeilike stap nie maar die afstand en op en af paadjie toets die uithouvermoë. Terug by die Punt gaan ons almal vir ‘n gin en sjokolade ‘pairing’ by die Gin Distillery in Mosselbaai, waarna ‘n paar stappers klein bietjie onvas op voete was. Die res van die middag was eie tyd en almal hou hulle besig met allerhande dinge.  Ons ontmoet mekaar later weer by die kampterrein waar ons vure aansteek en ‘n vriendelike en baie geselserige buurman nooi ons om saam te kom rugby kyk by sy tent. Sondaoggend pak ons reeds vroeg op en wag net vir die gety om laag genoeg te word om seelangs vanaf Hartenbos tot by Kleinbrakriviermond te stap en terug. Ons geniet ‘n heelike roomys as afsluiting van ‘n genotvolle naweek saam. Sharon en Niel bedank graag die besondere gemaklike groep wat lekker saam gekuier het. ‘n Groot dankie aan Niel en Sharon vir die stapleiding en reëlings. Klimhoogte: 503m.

HOE OM STAPGELD TE BETAAL

  • Internetbetalings in die “62-rekening”: First National Bank. Rekeningnaam: Sanlam-Staptoerklub. Rekeningnommer: 62049730999. Tak: Civic Centre, Bellville. Takkode: 200910.
  • Kontant en tjekbetalings in die “74-rekening” slegs by ‘n OTM (nie binne-in die tak nie asseblief): First National Bank. Rekeningnaam: Sanlam-Staptoerklub. Rekeningnommer: 74049732396. Tak: Civic Centre, Bellville. Takkode: 200910
  • Inbetalingsbewys vir stapgeld: Stuur aan André Venter by andre@matimbers.co.za en aan die stapleier / staporganiseerder.
  • Verwysing by jou inbetaling: jou naam en van + die stap se naam (bv. Piet Pakstap Kaappunt)

HOE OM LEDEGELD TE BETAAL

  • Internetbetalings in die “62-rekening”: First National Bank. Rekeningnaam: Sanlam-Staptoerklub. Rekeningnommer: 62049730999. Tak: Civic Centre, Bellville. Takkode: 200910.
  • Kontant per OTM en tjekbetalings in die “74-rekening”: First National Bank. Rekeningnaam: Sanlam-Staptoerklub. Rekeningnommer: 74049732396. Tak: Civic Centre, Bellville. Takkode: 200910.
  • Inbetalingsbewys vir ledegeld: Stuur aan Steph du Toit by steph@essef.co.za en aan André Venter by andre@matimbers.co.za.
  • Verwysing by jou inbetaling: jou naam en van + ledegeld (bv. Piet Pakstap ledegeld)

LIDMAATSKAP VIR 2023

R100 vir die hooflid en R70 per gade en/of elke afhanklike kind bo 18. Elkeen moet ‘n lidmaatskapvorm invul. Lidmaatskap hou baie voordele in: Jy kry ’n stap-infrastruktuur met ‘n jaarprogram en stapleiers wat ervare is, voorkeur op besprekingslyste bo besoekers, ’n kleiner administratiewe heffing (R5 per dag teenoor R10 per dag vir besoekers), gereelde nuusbriewe en 10%-afslag by die Tygervallei-tak van Cape Union Mart, en 20% afslag by Hi-Tec Access Park in Kuilsrivier (as jy jou ledekaartjie wys; afslag is vir alles behalwe elektroniese toerusting soos GPS’e). Die Stapklub se lidmaatskapvorm is by www.sanlamstaptoerklub.co.za.

BAIE GELUK AAN AL DIE LEDE WAT IN DESEMBER VERJAAR

Mari Warnich (1 Des), Leon de Roubaix (4 Des), Paul Ackermann (5 Des), Arie van Eck (6 Des), Ronel Thiart (6 Des), Kobus Terblanche (7 Des), Michael Smuts (9 Des), Marina Kuhn (13 Des), Willmaine Wedderspoon (14 Des), Ilse Conradie (21 Des), Nannette Hassenstein (22 Des), Hans Kolles (22 Des), Jade Barnard (22 Des), Coenie Thiart (23 Des), Chrisna Swart (24 Des), Michelle Smit (26 Des), Paula Bester (26 Des), Sue Blomerus (27 Des), Elaine Borman (28 Des), Tony du Toit (29 Des), Anita du Plessis (30 Des), Leon Basson (31 Des), en Freddie Pohl (31 Des). (Laat weet asb as ons jou naam per ongeluk uitgelaat het.)

LAAT MENS DINK

‘A journey becomes a pilgrimage as we discover day by day that the distance travelled is less important than the experience gained.’ – Ernest Kurtz

KLUB SE KONTAKBESONDERHEDE

E-pos: amandam@mweb.co.za | Selfoon: 0825703895. Web: www.sanlamstaptoerklub.co.za. Facebook: Sanlam-Staptoerklub Kaapstad. As jou kontakbesonderhede verander het, laat weet ons asseblief. (As jy nie meer ons e-nuus wil ontvang nie, Reply met “Kanselleer” in die onderwerpblokkie.) Van Sanlam-Staptoerklub se bestuur: Amanda, Steph, Ilse, André, Werner, Niel en Wynand