NUUS EN STAPSAKE
- Stapnuus: Hierdie is net ‘n vinnige nuusbrief om julle te herinner aan ons jaareindfunksie Woensdagaand. Ons skuif Arangieskop na volgende jaar. En ons reël ‘n Muratie-volmaanstap vir Woensdagaand 7 Desember.
- Kom na ons jaareindfunksie op Woensdagaand 30 November om 19:00: Kom kyk wat is op ons jaarprogram vir 2023 – ons gee ‘n hele aanbieding sodat jy ‘n goeie oorsig kan kry van wat jy alles kan stap. Dan kan jy begin om jou stappe vir volgende jaar te beplan. Ons hou ons jaareindfunksie in piekniekstyl. Elkeen bring sy eie kos en eet terwyl ons die aanbieding doen. Ons gee agterna malvapoeding en roomys. Kry al die inligting hieronder en bespreek by Ilse Marais by 082 377 4584 / ilse.marais@sanlam.co.za. Ons sal jou graag daar wil sien!
- 20% af by Hi-Tec SA, Access Park, Kuilsrivier: Ons het koopbewyse (vouchers) van Hi-Tec SA gekry vir 20% afslag op aankope by hulle. Hi-Tec SA is by B24 en B25, Access Park, Van Riebeeckweg 1, Kuilsrivier. Die koopbewyse, wat spesiaal vir Sanlam-Staptoerklub gedruk is, kan verkry word by Amanda Matthee by 0825703895. Ons sal ook van die koopbewyse saambring na die jaareindfunksie.
- Ledegeld: Ons ledegeld vir 2023 bly R100 per persoon en R140 per paartjie.
VOLGENDE SARSIE STAPPE
JAAREINDFUNKSIE – WOENSDAGAAND 30 NOVEMBER 2022 OM 19:00
Bespreek voor Dinsdag 29 November om 12:00
Besprekings: Ilse Marais by 082 377 4584 / ilse.marais@sanlam.co.za
Plek: NG Kerksaal in La Rochelle, Bellville
Op die program: Bekendstelling van 2023 se stapprogram (sodat jy volgende jaar se stappe kan beplan), lekker eet (elkeen bring eie “piekniekmandjie / platter” en ons gee nagereg) en kuier. Ons stel die program met ‘n PowerPoint-aanbieding bekend terwyl almal piekniek hou by hul tafels. Agterna is daar malvapoeding en roomys.
Koste: R50 per persoon om koste van saal en nagereg te dek.
Om saam te bring: Jou eie piekniekkos, skottelgoed en drinkgoed
Ons gee: Malvapoeding, roomys en koffie
WYNKELDERSTAP: SATERDAG 3 DESEMBER 2022
Volbespreek
Beginpunt en -tyd : Om 08:00 op Boschendal (by die parkeerterrein by die Trail Office). Stapleier: Steph du Toit by 082 851 9953. Graad: 1A (redelik, 5 km). Groepgrootte: 16. Inpak: Soos vir ‘n dagstap met water, sonbeskerming, kos, ens. Koste: Koste vir die wynproe en stappermit is R150 vir lede of R155 vir nie-lede Brandstofdonasie R80. Adminheffing R5 (lid) / R10 (besoeker).
Steph sê: Hierdie toer is baie gewild en dit sal ons 15de wyntoer wees. Ons doen ‘n gemaklike 5km staproete voordat ons om 11:00 aansit vir ‘n 6-wyn wynproe. Daarna is elkeen vry om iets te eet by die deli (± R150) of by die markie (± R50).
ARANGIESKOP, ROBERTSON: VRYDAGMIDDAG 2 – SONDAG 4 DESEMBER 2022
Skuif na 2023
MURATIE, VOLMAANSTAP – WOENSDAG LAATMIDDAG 7 DESEMBER 2022
Bespreek teen Maandag 5 Desember om 12:00
Beginpunt- en tyd: 17:30 by die Dirtopia Trail Centre op die plaas Muratiebuite Stellenbosch. Stapleier: Amanda Matthee by 0825703895. Graad: 2A (maklik, geleidelike opdraand en afdraand; 4 km): Groepgrootte: 20. Inpak: Dagsakkie met kos, water, sonbeskerming, windjekker, FLITSLIG, ens. Ook iets soos piekniekkombers om op te sit. Koste: Permit R100 per persoon. Brandstofdonasie R70. Adminheffing R5 (lid) / R10 (besoeker). (Daar is wyn te koop bo-op die koppie teen sowat R30 per glas. Daar is ook lekker barista-koffie by die eindpunt wanneer mens klaar maak.)
Amanda sê: Die ideale middel-van-die-week-stap as die einde van jaar se dinge vir jou te veel raak. Die son sak om 19:17 en die maan kom teen 19:24 op (maar verskyn eers teen 19:40 agter Simonsberg). Hier is nog inligting: This hiking trail has been constructed by Dirtopia, and runs from the Trail Centre at Muratie wine farm to a look-out point with spectacular views of the Winelands. See the sunset over Table Mountain in the distance and the moon rise on Simonsberg side, while enjoying a wonderful adventure with friends and family. The circle route is approximately 3.5 km, and it can take you 30 to 45 minutes to reach the top, so do not arrive later than 18:45 to ensure that you have the full experience. Bring a blanket to sit on while you wait for the sunset / moonrise under the watchful eye of Simonsberg. The look-out point is called Gilloolys where you can enjoy your packed picnic. Snacks and drinks for sale at the Trail Centre where you collect you permit on arrival. Remember that you need to carry out all your own trash. No smoking allowed on the mountain. No dogs allowed. You can be back at the Trail Centre between 20h00/20h30, depending on your walking speed and the time you start going down. Bring something warm to wear after dark and a torch, but there are also some torches available at the Trail Centre. Wear good walking / hiking shoes – you are climbing a mountain with steps and various terrain.
ROOIBUSTOER – KAAPSTAD: SATERDAG 10 DESEMBER 2022
Bespreek nou – daar is nog paar plekke oop
Vertrektyd- en plek: 08:00 in middestad van Kaapstad: Stapleier: Amanda Matthee by 082 570 3895. Graad: 1A (1 km stap!). Groepgrootte: 16. Inpak: Soos vir ‘n dagstap met water, windjekker, ens. Koste: Sowat R225 per persoon (afhangend van watter roete ons neem). Brandstofdonasie R60. Adminheffing R5 (lid) / R10 (besoeker).
Amanda sê: Ons maak of ons toeriste is en doen ‘n rooibustoer wat ons verby al die Kaap se toeristeplekke neem – van die V&A Waterfront en Tafelberg tot by Houtbaai (Blue Mini Peninsula Tour). Kry meer inligting by https://www.citysightseeing.co.za/cape-town/products/cape-town-open-top-bus-tours/classic-package.
HOE OM STAPGELD TE BETAAL
- Internetbetalings in die “62-rekening”: First National Bank. Rekeningnaam: Sanlam-Staptoerklub. Rekeningnommer: 62049730999. Tak: Civic Centre, Bellville. Takkode: 200910.
- Kontant en tjekbetalings in die “74-rekening” slegs by ‘n OTM (nie binne-in die tak nie asseblief): First National Bank. Rekeningnaam: Sanlam-Staptoerklub. Rekeningnommer: 74049732396. Tak: Civic Centre, Bellville. Takkode: 200910
- Inbetalingsbewys vir stapgeld: Stuur aan André Venter by andre@matimbers.co.za en aan die stapleier / staporganiseerder.
- Verwysing by jou inbetaling: jou naam en van + die stap se naam (bv. Piet Pakstap Kaappunt)
HOE OM LEDEGELD TE BETAAL
- Internetbetalings in die “62-rekening”: First National Bank. Rekeningnaam: Sanlam-Staptoerklub. Rekeningnommer: 62049730999. Tak: Civic Centre, Bellville. Takkode: 200910.
- Kontant per OTM en tjekbetalings in die “74-rekening”: First National Bank. Rekeningnaam: Sanlam-Staptoerklub. Rekeningnommer: 74049732396. Tak: Civic Centre, Bellville. Takkode: 200910.
- Inbetalingsbewys vir ledegeld: Stuur aan Steph du Toit by steph@essef.co.za en aan André Venter by andre@matimbers.co.za.
- Verwysing by jou inbetaling: jou naam en van + ledegeld (bv. Piet Pakstap ledegeld)
LIDMAATSKAP VIR 2023
R100 vir die hooflid en R70 per gade en/of elke afhanklike kind bo 18. Elkeen moet ‘n lidmaatskapvorm invul. Lidmaatskap hou baie voordele in: Jy kry ’n stap-infrastruktuur met ‘n jaarprogram en stapleiers wat ervare is, voorkeur op besprekingslyste bo besoekers, ’n kleiner administratiewe heffing (R5 per dag teenoor R10 per dag vir besoekers), gereelde nuusbriewe en 10%-afslag by die Tygervallei-tak van Cape Union Mart, en 20% afslag by Hi-Tec Access Park in Kuilsrivier (as jy jou ledekaartjie wys; afslag is vir alles behalwe elektroniese toerusting soos GPS’e). Die Stapklub se lidmaatskapvorm is by www.sanlamstaptoerklub.co.za.
BAIE GELUK AAN AL DIE LEDE WAT IN NOVEMBER VERJAAR
Beulagh Keulder (4 Nov), Linda de Villiers (5 Nov), Karien Barnard (5 Nov), Jane Hitchinson (8 Nov), Brenda Sideratos (10 Nov), Erica Benkenstein (12 Nov), Esmay Albertyn (12 Nov), Carin Duminy (14 Nov), Lewonia Thompson (14 Nov), Jasper van Breda (15 Nov), Elizabeth Bester (16 Nov), Anita Smit (16 Nov), Liezl Swart (18 Nov), Susan Pienaar (19 Nov), Joubert Matthee (20 Nov), Louis Conradie (22 Nov), Lindi Koen (24 Nov), Fanie Coetzee (25 Nov), Mathilda Claassen (25 Nov), Paula Bester (26 Nov), Noeks Foreman (28 Nov). (Laat weet asb as ons jou naam per ongeluk uitgelaat het.)
LAAT MENS DINK
‘Travel because you have no idea who you are until you experience yourself through different people and realise how we are all the same.’ – Anonymous
KLUB SE KONTAKBESONDERHEDE
E-pos: amandam@mweb.co.za | Selfoon: 0825703895. Web: www.sanlamstaptoerklub.co.za. Facebook: Sanlam-Staptoerklub Kaapstad. As jou kontakbesonderhede verander het, laat weet ons asseblief. (As jy nie meer ons e-nuus wil ontvang nie, Reply met “Kanselleer” in die onderwerpblokkie.) Van Sanlam-Staptoerklub se bestuur: Amanda, Steph, Ilse, André, Werner, Niel en Wynand
