Dagsê
NUUS EN STAPSAKE
- Kom stap môre saam in die klofies van die Bergrivierdam by Franschhoek: Almal is terug van die twee Walvisroetes en dit klink of almal dit behoorlik geniet het (al het die eerste groep op die eerste dag sopnat gereën)! Langstappe laat mens altyd voel of jy ‘n maand lank weg was. Ons stap môre (Saterdag 9 Julie) by Frankrykrivierkloof by die Bergrivierdam buite Franschhoek. Die weer lyk goed vir ‘n mooi dagstap. Kry die inligting hieronder en bespreek by Werner Dalziel by 082 579 0968. Die permitkoste is R50 (wat jy in kontant moet saambring).
- Bespreek nou vir die winterfunksie op Woensdagaand 27 Julie. Paramedikus Werner Krause kom praat met ons oor bergreddings en wat stappers moet doen om nie in die berge in die moeilikheid te beland nie. Hoe meer gesamentlike kennis daar in die klub is, hoe beter vir ons almal. Tuisgemaakte sop en brood op die spyskaart. Die venue is NG Kerksaal, La Rochelle. Bespreek by Ilse Marais: 082 377 4584 / ilse.marais@sanlam.co.za. Ons gee binnekort die koste deur. Dit sal goed wees om jou daar te sien!
- Ons simpatie: Ons simpatie gaan aan Noeks Foreman (0834619006) en familie met die dood van John Foreman op 27 Junie. Ons simpatie gaan ook aan Johan Snyman (0722494096) wie se pa Philips op 24 Junie oorlede is. Ons dink aan julle in hierdie hartseer tyd.
- Stapverslae: Kry die stapverslag vir Grootvadersbos hieronder.
VOLGENDE SARSIE STAPPE
FRANKRYKRIVIERKLOOF, BERGRIVIERDAM, FRANSCHHOEK: SATERDAG 9 JULIE 2022
Bespreek nou
Beginpunt- en tyd: Robertsvlei-pad buite Franschhoek om 08:00. Stapleier: Werner Dalziel by 082 579 0968. Graad. 2B, redelik, 17 km. Groepgrootte: Onbeperk. Inpak: Dagsakkie met kos, water, sonbeskerming, reënbaadjie, ens. Koste: Permit R50 (bring saam in kontant). Brandstofdonasie R70. Adminheffing R5 (lid) / R10 (besoeker).
Werner sê: Ons kry mekaar om 08:00 by http://goo.gl/maps/8GJB6vAhMJpshJtH7. Ons stap vanaf die hek by die Bergrivierdam en draai eers links om die boonste kontoer te vind. Hiervandaan loop ons dieper in voordag ons terugdraai tot by die wier. Hier steek ons die rivier oor voordat ons die roete aan die oorkant aanpak. Ons stap dan deur die drie klowe van die drie vertakkings van die Frankrykrivier. Daar is ook ‘n opsie van ‘n bietjie rock-hopping vir dié wat daarvoor kan sien. Ons steek weer die Bergrivier oor en stap terug na ons motors.
TAFELBERG: DUIWELSPIEK: SATERDAG 16 JULIE 2022
Bespreek nou
Beginpunt- en tyd: 08:00 op Tafelbergbergpad naby begin van Duiwelspiekroete. Besprekings: Brenda Sideratos by 072 122 5216. Stapleiers: Brenda Sideratos en Werner Booyens. Graad: 2B (veeleisend, klimhoogte 600 m), 10 km. Groepgrootte: Onbeperk. Inpak: Dagsakkie, genoeg water, sonbeskerming, reënbaadjie, eetgoed. Koste: Brandstofdonasie R70. Adminheffing R5 (lid) / R10 (besoeker).
Werner en Brenda sê: Ons ry met die Tafelberg-pad tot so 3 km anderkant die kabelkarretjie se onderste stasie. Dit is waar ons parkeer en waar die stap begin. Dit is ‘n stewige klim met ‘n sig-sag-paadjie tot bo-op Duiwelspiek. Maar die ongewone uitsig op Tafelberg, Leeukop, die stadskom en Robbeneiland maak dit die moeite werd.
MONT ROCHELLE: DU TOITSKOP: SATERDAG 23 JULIE 2022
Bespreek vanaf Maandag 11 Julie
Beginpunt- en tyd: 08:00 by Mont Rochelle buite Franschhoek. Stapleier: Adellethea Issel by 078 661 8126. Graad:3B (redelik, 13 km). Groepgrootte: Onbeperk. Inpak: Reën-, wind- en sonbeskerming, water, kos, ens. Sorg veral dat jy genoeg warm klere het. Koste: Permit R70. Brandstofdonasie: R100 (2 x 65 km). Adminheffing R5 (lid) / R10 (besoeker).
Delfie sê: Ons beginpunt is die Mont Rochelle Natuurreservaat in die Franschhoekpas. Die reservaat vorm deel van die UNESCO-bewaringsgebied. Die roete neem ons via Breakfast Rock (waar ons links afdraai) in ‘n noordwestelike rigting tot op Du Toitskop Piek (1407 m). Totale klimhoogte 660 m. Fantastiese uitsigte op die Franschhoekvallei. As ons gelukkig is, stap ons in die sneeu.
WINTERFUNKSIE: WOENSDAGAAND 27 JULIE 2022 OM 19:00
Bespreek nou
Besprekings: Ilse Marais by 082 377 4584 / ilse.marais@sanlam.co.za. Op die program: Paramedikus Werner Krause kom praat met ons oor bergreddings en wat ons moet doen om nie in die moeilikheid te beland in die berge nie. Op die spyskaart: Tuisgemaakte brood en sop. Venue: NG Kerksaal, La Rochelle.
ALPHEN-ROETE: SATERDAG 30 JULIE 2022
Bespreek vanaf Maandag 18 Julie
Beginpunt- en tyd: 08:00 by Alphen Hotel, Constantia. Stapleier: Estelle Smuts by 082 335 3776. Graad: 1A (maklik), 14 km. Groepgrootte: Onbeperk: Inpak. Dagsakkie met kos, water, windjekker, ens. Koste: Brandstofdonasie R70. Adminheffing R5 (lid) / R10 (besoeker). Kan gaan koffie drink na die tyd.
Estelle sê: Die 14 km stap in die Constantia-vallei se groen gordel begin by die Alphen Hotel (Alphen Drive, Constantia http://www.alphen.co.za/pdf/Alphen_Directions.pdf). Ons begin met die Alphen Trail (parkeer motors – “most people park their cars on the bend of Alphen Drive that leads off Constantia Main Road to the Alphen Hotel”). Die roete loop langs die Dieprivier tot by Constantiaberg (met ‘n paar bruggies oor die rivier) tot by Le Sueur Avenue in die rigting van Hohenort. Dan stap ons op die Klaasenbosch-roete (stap verby Hohenort Hotel) deur ‘n deel van Kirstenbosch tot by Cecelia Forest, De Hel Nature Area via die Dieprivierroete terug na ons motors.
TYGERBERG-NATUURRESERVAAT: SATERDAG 6 AUGUSTUS 2022
Bespreek vanaf Maandag 25 Julie
Beginpunt- en tyd: 08:00 by reservaat se hek. Stapleier: Amanda Matthee by 082 570 3895. Graad: 2A (redelik, paar geleidelike opdraande, 11 km / 4 uur). Groepgrootte: Onbeperk. Inpak: water, sonbeskerming, reënbaadjie, kos, ens. Koste: R20 toegangsgeld by hek (R7 vir kinders onder 13). Brandstofdonasie R20. Adminheffing R5 (lid) / R10 (besoeker).
Amanda sê: Die 67-hektaar Tygerberg Natuurreservaat op ons drumpel bied mooi uitsigte, 158 voëlsoorte, 40 soorte skoenlappers, wildsbokkies, hasies, bergskilpaaie, en mooi renosterveld. Die ‘tyger’ in die naam kom van die Nederlands vir luiperd. Kolle vaalbruin gras word met grys-groen fynbos afgewissel – wat maak dat die plantegroei op die heuwels van ver af soos die kolle op ‘n luiperd lyk. Goeie stap vir gesinne.
ARANGIESKOP, ROBERTSON: VRYDAGMIDDAG 12 – SONDAG 14 AUGUSTUS 2022
Volbespreek
Stapleier: Werner Dalziel by 082 579 0968. Beginpunt- en tyd: Vrydagmiddag by Dassieshoek se hut (6 km buite Robertson). Graad: 3C, veeleisend, 21 km, steil opdraandes, nimmereindigende afdraandes. Groepgrootte: 12. Inpak: Soos vir oornagstap met oorslaap in hutte met matrasse. Kan albei aande braai. Maak gereed vir enige soort weer en pak alles waterdig. Koste: Dassieshoek se hut R232 + Arangieskop se hut R195 + stappermit R72 + vuurmaakhout R10 = R509 (pryse word in Julie elke jaar verhoog – hierdie is dus nog nie finale bedrag nie). Brandstofdonasie: R360 (2 x 170 km). Adminheffing R10 (lid) / R20 (besoeker).
Werner sê: Dié sirkelroete is in die Langeberge noord van Robertson. Ons slaap die Vrydagaand by Dassieshoek se hut – sowat 6 km buite Robertson. Dag 1 (10 km, 6,5 uur) is byna heelpad opdraand tot by ‘n 5-ster hut. Dag 2 (11 km, 6 uur) is afdraand in ongelooflike klowe af. Hierdie is beslis een van die mooiste en taaiste roetes in die Wes-Kaap. Arangieskop kry ook 10 uit 10 vir uitsigte – jy kyk af op berge. Pakstapfundi Mike Lundy sê as die Otter die koning van alle roetes in SA is, is Arangieskop die prins.
CAVE PEAK, KALKBAAI: SATERDAG 20 AUGUSTUS 2022
Bespreek vanaf Maandag 8 Augustus
Beginpunt- en tyd: 08:00 in Godfrey Road aan die einde van Boyes Drive. Stapleier: Werner Dalziel by 082 579 0968. Graad: 2B (redelik, 10km, 520m klimhoogte, grot-kruip ingesluit). Groepgrootte: 15. Inpak: water, sonbeskerming, reënbaadjie, kos, STERK FLITSLIG, ens. Koste: Brandstofdonasie R80. Adminheffing R5 (lid) / R10 (besoeker). Geen permitgelde nie.
Werner sê: Ons stap vanaf Godfreyweg in St James aan die einde van Boyes Drive al teen die berg op voordat ons regs draai na waar ‘n klompie grotte vir ons wag om te besoek. Van hier af stap ons ‘n sirkelroete via die Amfiteater en die Spes Bona-woud voordat ons weer by ons motors uitkom.
SOSYSKLOOF IN JONKERSHOEK: SATERDAG 27 AUGUSTUS 2022
Bespreek vanaf Maandag 15 Augustus
Beginpunt- en tyd : Jonkershoek-reservaat se hek om 08:00: Stapleier: Amanda Matthee by 082 570 3895. Graad: 2A (redelik, sowat 8 km), Groepgrootte: Onbeperk. Inpak: Dagsakkie met kos, water, sonbeskerming, reënbaadjie, ens. Koste: Permit R50 / Wildcard. Brandstofdonasie R70. Adminheffing R5 (lid) / R10 (besoeker).
Amanda sê: Hierdie skilderagtige sirkelroete in die Jonkershoekvallei buite Stellenbosch klim deur ‘n kloof tot noord van Swartboskloof en loop deur kolle inheemse woud. Van daar loop dit oor ‘n kontoer na Sosyskloof en dan na die uitkykpunt, en dan weer terug tot by die motors. (Ons kan op pad terug iewers stop vir lekker koffie.)
STAPVERSLAE
Grootvadersbos, 13-15 Mei 2022
Ons het oorspronklik bespreek om te kamp en dan die twee dagstappe te doen. CapeNature skakel ons toe en noem dat hulle steeds besig is met die ablusiegeriewe en of ons sal omgee om in die huisies te bly? Natuurlik sal ons dit neem! Ons kry toe vier huisies wat elkeen vier mense slaap. Die Vrydagaand is daar heerlik gebraai. Ons doen 2 dagstappe van onderskeidelik 15 km (Grysbokroete) en 10 km (Bushbuck Trail). Drie dapper stappers besluit om in die yskoue swembadwater af te koel na afloop van die stap. Ons braai die Saterdagaand weer en almal verkeer gesellig met ‘n snaakse hoed op die kop. Ons neem foto’s, gesels, lag en kuier heerlik. Sondagoggend pak ons op en skuif die motors na die ingang van die reservaat voordat ons die dagstap aanpak. Die Redwoods is deel van die Bushbuck Trail en dit is ook hier waar ons lekker rus vir teetyd en die pragtige bome aanskou. Teen 14:00 is ons almal terug by ons motors, ons groet en is met ‘n heerlike 25km agter die blad en rus vir die siel huis toe. Dankie aand Werner en Abrie wat gesorg het vir die braai en dankie ook aan Werner en Brenda wat die twee stappe gelei het asook die naweek gereël het. Totale klimhoogte is 974m.
HOE OM STAPGELD TE BETAAL
- Internetbetalings in die “62-rekening”: First National Bank. Rekeningnaam: Sanlam-Staptoerklub. Rekeningnommer: 62049730999. Tak: Civic Centre, Bellville. Takkode: 200910.
- Kontant en tjekbetalings in die “74-rekening” slegs by ‘n OTM (nie binne-in die tak nie asseblief): First National Bank. Rekeningnaam: Sanlam-Staptoerklub. Rekeningnommer: 74049732396. Tak: Civic Centre, Bellville. Takkode: 200910
- Inbetalingsbewys vir stapgeld: Stuur aan André Venter by andre@matimbers.co.za en aan die stapleier / staporganiseerder.
- Verwysing by jou inbetaling: jou naam en van + die stap se naam (bv. Piet Pakstap Kaappunt)
HOE OM LEDEGELD TE BETAAL
- Internetbetalings in die “62-rekening”: First National Bank. Rekeningnaam: Sanlam-Staptoerklub. Rekeningnommer: 62049730999. Tak: Civic Centre, Bellville. Takkode: 200910.
- Kontant per OTM en tjekbetalings in die “74-rekening”: First National Bank. Rekeningnaam: Sanlam-Staptoerklub. Rekeningnommer: 74049732396. Tak: Civic Centre, Bellville. Takkode: 200910.
- Inbetalingsbewys vir ledegeld: Stuur aan Steph du Toit by steph@essef.co.za en aan André Venter by andre@matimbers.co.za.
- Verwysing by jou inbetaling: jou naam en van + ledegeld (bv. Piet Pakstap ledegeld)
LIDMAATSKAP VIR 2022
R100 vir die hooflid en R70 per gade en/of elke afhanklike kind bo 18. Elkeen moet ‘n lidmaatskapvorm invul. Lidmaatskap hou baie voordele in: Jy kry ’n stap-infrastruktuur met ‘n jaarprogram en stapleiers wat ervare is, voorkeur op besprekingslyste bo besoekers, ’n kleiner administratiewe heffing (R5 per dag teenoor R10 per dag vir besoekers), gereelde nuusbriewe en 10%-afslag by die Tygervallei-tak van Cape Union Mart en by die Willowbridge-tak van Outdoor Warehouse, en 20% afslag by Hi-Tec Access Park in Kuilsrivier (as jy jou ledekaartjie wys; afslag is vir alles behalwe elektroniese toerusting soos GPS’e). Die Stapklub se lidmaatskapvorm is by www.sanlamstaptoerklub.co.za.
BAIE GELUK AAN AL DIE LEDE WAT IN JULIE VERJAAR
Diana Marais (1 Julie), Jackie Stegmann (1 Julie), Alana van Rensburg (4 Julie), Dirk du Toit (5 Julie), Timothy Burdett (8 Julie), Irma Jooste (10 Julie), Amanda Matthee (17 Julie), Anneli van Zyl (18 Julie), Pieter Olivier (20 Julie), Manie Wilkin (21 Julie), Charlotte Schreve (24 Julie), Charles Brink (25 Julie), Johan Benkenstein (26 Julie), Dale Adams (26 Julie), Paul Eek (28 Julie), Coreen Fourie (28 Julie), Charmaine Garcia (28 Julie), Pieter le Roux (29 Julie), Leon Thomas (29 Julie), Malinda Wilken (30 Julie), en Werner Dalziel (30 Julie). (Laat weet asb as ons per ongeluk iemand naam uitgelaat het.)
LAAT MENS DINK
“Travel does not exist without home … if we never return to the place we started, we would just be wandering, lost. Home is a reflecting surface, a place to measure our growth and enrich us after being infused with the outside world.” – Josh Gates
KLUB SE KONTAKBESONDERHEDE
E-pos: amandam@mweb.co.za | Selfoon: 0825703895. Web: www.sanlamstaptoerklub.co.za. Facebook: Sanlam-Staptoerklub Kaapstad. As jou kontakbesonderhede verander het, laat weet ons asseblief. (As jy nie meer ons e-nuus wil ontvang nie, Reply met “Kanselleer” in die onderwerpblokkie.)
Van Sanlam-Staptoerklub se bestuur: Amanda, Steph, Ilse, André, Werner, Niel en Wynand
