NUUS EN STAPSAKE
- Dankie aan almal wat ons Algemene Jaarvergadering bygewoon het: Hierdie is ‘n vinnige nuusbrief om dankie te sê aan almal wat Woensdagaand by ons jaarvergadering was. Ons het terugvoer gegee oor die jaar wat verby is (jammer oor die tegnologie wat eers nie wou werk nie) en die boekieprogram en km-wapentjies uitgedeel. Daarna het ons lekker saamgekuier – met worsrolletjies, slaai, roomys en sjokoladesous op die spyskaart.
- Km–wapentjies: Baie geluk aan die volgende mense wat km-wapentjies ontvang het: Delfie Issel (500 km), Waldemar Smuts (1000 km), Edna Terblanche (1000 km), Niel Visser (1000 km), Estelle Zietsman (1000 km), Elisma Maree (1000 km), Brenda Sideratos (2000 km) en Amanda Matthee (6000 km).
- Nuwe bestuur: Die nuwe bestuur bestaan uit Amanda Matthee, Steph du Toit, André Venter, Werner Dalziel, Ilse Marais, Niel Visser en Wynand Krause. Ons moet volgens ons reglement binne 3 weke vergader en dan sal ons die portefeuljes toeken. Baie dankie vir jul vertroue in ons!
- Boekieprogram: Die aangehegte boekieprogram het al die inligting om jou stapjaar mee te beplan. Teken ook in op ons nuusbrief – die jongste inligting is altyd hierin (ons reël van tyd tot tyd ekstra dagstappe, of moet stappe herskeduleer wat uitgereën het, ens). Brandstof is een van die grootste uitgawes van ‘n stap – mens skrik as jy sien wat petrol kos. Die brandstofdonasies in die boekie is soos volg bereken (op petrolprys van R19.89 soos in Feb 2022): By dagstappe word die koste om ‘n gemiddelde voertuig by die stapbeginpunt en terug te kry deur 3 betalende passasiers gedeel, en by langstappe deur 2 betalende passasiers want die bestuurder gee sy of haar voertuig, doen die bestuurwerk en dra die risiko daarvan. Maar by langstappe werk ons die brandstofkoste net voor die stap fyner uit (volgens die brandstofverbruik van die werklike voertuie wat ry en die brandstofprys in daardie stadium), en dan is dit altyd minder.
- WhatsApp-groep: Ons wil graag in WhatsApp-groep vir die hele klub stig om inligting aan lede deur te gee. Dit gaan oor ‘n diens aan lede. Ons sal dit byvoorbeeld gebruik om te sê dat daar plek op ‘n stap oop is, of julle op ‘n Sondagmiddag daaraan te herinner dat ‘n gewilde stap se bespreking die Maandagoggend open, of dat ‘n roete toe is oor verspoelings of brande. Hierdie groep is nie vir kiekies en klets nie (soos die individuele stappe se groepies nie) – dit gaan oor veiligheid en om belangrike inligting deur te gee. Jy kan enige tyd “opt out”.
- Sit WSAR se nommer op jou selfoon: Dit is ‘n goeie idee om Wilderness Search & Rescue se noodnommer op jou selfoon te sit of byderhand te hê wanneer jy gaan stap. Hier is hul noodnommer: 021 937 0300.
- Covid-19 reëls: Covid-19 reëls geld op al ons stappe – afstandhouding, maskers en hande ontsmet; moenie kom stap as jy siek voel of in kontak was met mense wat Covid-19 het nie. Hierdie bly ‘n ernstige saak en dit gaan samewerking en verantwoordelikheid van almal van ons vra om ons stappe veilig te hou.
- Stapverslae: Die volgende uitgawe sal weer stapverslae hê.
VOLGENDE SARSIE STAPPE
FRANSKRAAL-NAWEEK: VRYDAGMIDDAG 18 TOT SONDAG 20 FEBRUARIE 2022
Volbespreek
Stapleier en besprekings: Edna en Kobus Terblanche 082 379 3171. Graad: 2 toeganklike dagstappe van sowat 9 km elk. Groepgrootte: 12. Inpak: Dagsakkie met kos, water, windjekker, sonbeskerming, ens. Koste: Sowat R300 vir die naweek (kamp vir 2 nagte + verskeie aktiwiteite, hout) – presiese koste word later deurgegee. Brandstofdonasie R380 (165 km x 2 = 330 km) (of tref eie reëlings onderling). Adminheffing R10 (lid) / R20 (besoeker).
Kobus en Edna sê: Kampnaweek met 2 dagstappe. Ons kamp die Vrydagaand en Saterdagaand by die Strandkloof-kampterrein net buite Franskraal. Die geriewe is uitstekend. Daar is onder meer kragpunte, en ‘n koue en ‘n verhitte swembad. Ons braai elke aand. Ons doen 2 dagstappe met dagsakkies, en ook verskeie ander aktiwiteite met ekstras om die omgewing te verken. ‘n Heerlike naweek by die see!
KYLEMORE, BANHOEK, STELLENBOSCH – SATERDAG 26 FEBRUARIE 2022
Bespreek vanaf Maandag 14 Februarie
Beginpunt: 08:00 by die parkeerarea van die Banhoek Concervancy. Stapleier: Werner Dalziel by 082 579 0968. Graad: 3B (moeilik, sowat 15 km). Groepgrootte: 15. Inpak: Dagsakkie met kos, water, sonbeskerming, reënbaadjie, ens. Koste: Brandstofdonasie R80. Adminheffing R5 (lid) / R10 (besoeker).
Werner sê: Hierdie roete in die Banhoek-bewaringsgebied buite Stellenbosch begin by Kylemore en bied mooi uitsigte op die berge in hierdie vallei. Ons stap verby watervalle en baie mooi klowe in die berg.
GROTTO BAY, MELKBOSSTRAND – SATERDAG 5 MAART 2022
Bespreek vanaf Maandag 21 Februarie
Beginpunt: 08:00 by die Grotto Bay private natuurreservaat langs die Weskus. Stapleier: Freddie Pohl by 074 304 7678. Graad: 2A (9 km). Groepgrootte: 24 (omdat daar beperkte parkeerplek is). Inpak: Dagsakkie met kos, water, sonbeskerming, reënbaadjie, ens. Koste: Brandstofdonasie R100. Geen permitkoste. Adminheffing R5 (lid) / R10 (besoeker).
Freddie en Susan sê: Ons stap ‘n sirkelroete van 9 km in die Grotto Bay private natuurreservaat sowat 60 km noord van Kaapstad (28 km noord van Melkbosstrand) (moenie Grotto Bay verwar met Grotto Beach by Hermanus nie). Grotto Bay vorm deel van die Kaapse Weskus-biosfeer wat in 2000 deur UNESCO tot bewaringsgebied verklaar is. Ons stap ook ‘n deel langs die see. Vir dié wat lus het – daar is ‘n oulike eetplek by die Groote Post-wynplaas so 9 km verder. Ons kan agterna soontoe gaan vir iets te ete. Heerlike en besondere mooi dagstap langs die Weskus.
OUDEKRAAL RAVINE, TAFELBERG – SATERDAG 12 MAART 2022
Bespreek vanaf Maandag 28 Februarie
Beginpunt- en tyd: 07:30 by die Theresa Avenue jeep track in Bakoven – sien https://goo.gl/maps/jsiotDDBhj12. Stapleier: Werner Dalziel by 082 579 0968. Graad: 2B (veeleisend, 12 km): Groepgrootte: 15. Inpak: Dagsakkie met kos, water, sonbeskerming, reënbaadjie, ens.Maak seker jy het genoeg warm klere en maak gereed vir enige weersomstandighede. Koste: Brandstofdonasie R80. Adminheffing R5 (lid) / R10 (besoeker). Geen permitkoste.
Werner sê: Ons begin in Theresaweg en stap met die Pipetrack langs verby Corridor Ravine se afdraai totdat ons by Oudekraal Ravine se afdraai kom. Dan stap ons met hierdie steil maar baie mooi ravyn op tot bo-op Tafelberg se agterste tafel. (Ons het ‘n vorige keer hier ‘n enorme groot Himalaja tahr gesien.) Ons stap ‘n ent op die agterste tafel en dan met Corridor Ravine af (of alternatiewelik met die bebosde Woody Ravine as dit baie warm is) tot weer op die Pipetrack en dan terug tot by die motors. ʼn Baie mooi en moeite-werd dagstap.
MURATIE, VOLMAANSTAP – VRYDAG LAATMIDDAG, 18 MAART 2022
Bespreek vanaf Maandag 7 Maart
Beginpunt- en tyd: 17:30 by die Dirtopia Trail Centre op die plaas Muratiebuite Stellenbosch. Stapleier: Amanda Matthee by 0825703895. Graad: 2A (maklik, geleidelike opdraand en afdraand; 4 km): Groepgrootte: 20. Inpak: Dagsakkie met kos, water, sonbeskerming, windjekker, FLITSLIG, ens. Ook iets soos piekniekkombers om op te sit. Koste: Permit R100 per persoon. Brandstofdonasie R60. Adminheffing R5 (lid) / R10 (besoeker). (Daar was laas wyn te koop bo-op die koppie teen R30 per glas.)
Amanda sê: Die son sak om 19:00 en die maan kom teen 19:26 op (maar verskyn eers ‘n rukkie later agter Simonsberg). Hier is nog inligting: This hiking trail has been constructed by Dirtopia, and runs from the Trail Centre at Muratie wine farm to a look-out point with spectacular views of the Winelands. See the sunset over Table Mountain in the distance and the moon rise on Simonsberg side, while enjoying a wonderful adventure with friends and family. The circle route is approximately 3.5 km, and it can take you 30 to 45 minutes to reach the top, so do not arrive later than 18:45 to ensure that you have the full experience. Bring a blanket to sit on while you wait for the sunset / moonrise under the watchful eye of Simonsberg. The look-out point is called Gilloolys where you can enjoy your packed picnic. Snacks & drinks for sale at the Trail Centre where you collect you permit on arrival. Remember that you need to carry out all your own trash. No smoking allowed on the mountain. No dogs allowed. You can be back at the Trail Centre between 20h00/20h30, depending on your walking speed and the time you start going down. Bring something warm to wear after dark and a torch, but there are also some torches available at the Trail Centre. Wear good walking / hiking shoes – you are climbing a mountain with steps and various terrain.
ROOIHEUWELPIEK, BOTRIVIER – SATERDAG 26 MAART 2022
Bespreek vanaf Maandag 14 Maart
Beginpunt- en tyd: 08:00 by Rooiheuwel Noord. Besprekings: Niel en Sharon Visser by 076 992 3375. Stapleier: Niel Visser. Graad: 2B (redelik, sowat 10 km). Groepgrootte. Onbeperk. Inpak. Dagsakkie met kos, water, sonbeskerming, windjekker, ens. Koste.Permit R40. Adminheffing R5 (lid) / R10 (besoeker). Brandstofdonasie R165.
Niel en Sharon sê: Ons ry deur Botrivier na Van der Stel Pass waarvandaan ons links draai na Rooiheuwel Noord en by die gastehuisies parkeer. Ons begin stap op die paadjie agter Rooiheuwel Noord na Sentinel Hill. Na Sentinel Hill raak die paadjie steil met pragtige uitsigte in alle rigtings. Na die lekker lang opdraend bereik ons die koppie waar ons middagete geniet met uitsigte oor Houwhoek-vallei en Highlands. Na middagete neem ons dieselfde roete terug na Rooiheuwel Noord. Na die stap kan ons iets koels gaan drink by die Shunting Shed vir die wat wil.
WYNKELDERSTAP: ANTHONIJ RUPERT WYNE, FRANSCHHOEK – SATERDAG 26 MAART 2022
Bespreek vanaf Maandag 14 Maart (mense wat op waglys was vir dieselfde stap op 4 Des sal voorkeur kry)
Beginpunt- en tyd: Terra del Capo proelokaal, Anthonij Rupert Wynlandgoed, Franschhoek, om 09:00. Besprekings: Steph du Toit by 082 851 9953. Graad: 1A (redelik)
Groepgrootte: 16. Inpak: Dagsakkie met kos, water, sonbeskerming, windjekker, ens. Koste: R150 per persoon (koffie by die beginpunt, ‘n bottel water, stappermit en wynproe). Brandstofdonasie R70. Adminheffing R5 (lid) / R10 (besoeker).
Steph sê: Ons het einde verlede jaar soveel belangstelling in hierdie stap gekry dat ons ‘n waglys gehad het. Ons kon toe gelukkig nog so ‘n wyntoer met die Anthonij Rupert Wynlandgoed buite Franschhoek reël. Hulle het die groepgrootte op 16 vasgemaak sodat Covid-reëls nagekom kan word. Mense wat laas jaar op die waglys was, sal voorkeur kry op hierdie stap. Ons kom om 09:00 by die Terra del Capo-proelokaal op die plaas bymekaar en begin met koffie en ‘n verwelkomingspraatjie. Daarna stap ons oor die koppie verby die Kwaaibynes-dam en deur die wingerde tot by die Terra del Capo-wynkelder. Die wynproe by die kelder begin om 10:45 en sluit die proe van 7 Cape of Good Hope-wyne in. Om 11:45 laai die trem ons op om ons terug te neem na die proelokaal. Daarna kan ons middagete by die Antipasti Bar geniet (vir eie rekening – die meeste van die antipasti-bordjies is rondom R85; ons moet vooraf laat weet hoeveel vir middagete wil bespreek). Die stap-en-wynproe-kombinasie is spesiaal vir ons gereël omdat hulle nie gewoonlik stappers op die plaas toelaat nie.
KOGELBERG BY BETTIESBAAI – SATERDAG 9 APRIL 2022
Bespreek vanaf Maandag 28 Maart
Beginpunt- en tyd: 07:00 by Kogelberg-Natuurreservaat. Stapleier: Werner Dalziel by 082 579 0968. Graad: 3A, lank en redelik maar nie groot klimhoogte nie, 24 km (8 uur). Groepgrootte: 16. Inpak
Dagsakkie met eetgoed, water, windjekker, ens. Maak gereed vir enige weersomstandighede. Koste: Permit R60 / Wildcard. Brandstofdonasie R160 (110 km x 2 = 220 km). Adminheffing R5 (lid) / R10 (besoeker).
Werner sê: Die Kogelberg-Natuurreservaat by Kleinmond lê in die hartjie van die Kaapse Blommeryk en bevat sowat 1 600 plantspesies. Kogelberg is die eerste amptelike biosfeer wat in SA geproklameer is. Die roete loop oor die hange bokant Oudebosrivier, verby Oudebosch na Platbos en ‘n kol oorblywende inheemse woud. Van Platbos volg die roete die een oorblywende spoor van ‘n viertrekpad na Louwsbos en volg dan die loop van die Louwsrivier voor ons langs die oostelike hange van Dwarsberg met die Palmietrivier-roete na die beginpunt terugkeer.
D’ARIA-WINGERDE, DURBANVILLE – SATERDAG 23 APRIL 2022
Bespreek vanaf Maandag 11 April
Beginpunt- en tyd: 07:30 by D’Aria. Stapleier: Edna en Kobus Terblanche by 082 379 3171. Graad
2A, sowat 12 km: Groepgrootte: 16. Inpak: Dagsakkie met eetgoed, water, windjekker, ens. Maak gereed vir enige weersomstandighede. Koste: Brandstofdonasie R20. Adminheffing R5 (lid) / R10 (besoeker). Geen permitkoste nie.
Kobus en Edna sê: ‘n Lekker stap tussen die wingerde deur en oor die koppies by D’Aria net buitekant Durbanville. Goeie oefening hier op ons drumpel.
ANTJIE SE PAD (tussen Kareedouw en Humansdorp) – SATERDAG 23 – VRYDAG 29 APRIL 2022 (rydatums ingesluit)
Bespreek nou
Beginpunt: Op plaas Witteklip in die Kougaberge in die oostelike deel van die Baviaanskloof. Stapleier: Amanda Matthee by 082 570 3895. Graad: 2B, 62 km oor 5 dae, veeleisend maar nie tegnies moeilik nie. Groepgrootte: 12. Inpak: Oornagstap met hutte. Maak gereed vir enige soort weersomstandighede. Koste: Permit R1170 (permit en verblyf voor en na die stap). Brandstofdonasie R1450 (646 km x 2 = 1292 km). Adminheffing R25 (lid) / R50 (besoeker).
Amanda sê: Hierdie 5-dagroete van sowat 62 km in die Kougaberge in die oostelike deel van die Baviaanskloof (45 km vanaf Kareedouw en 55 km vanaf Humansdorp) begin op die plaas Witteklip. Die roete is bekend vir sy fynbos en proteas, aalwyne en Karoo-agtige landskappe, en ongelooflike mooi uitsigte. Die moeilikheidsgraad word as 2B aangegee. Die terrein is heuwelagtig met stewige opdraandes en afdraandes maar die klimme is almal net sowat 300 m klimhoogte op ‘n slag (Tafelberg 670m klimhoogte).
Ons vertrek vroeg die Saterdagoggend en ry na die plaas Witteklip (45 km vanaf Kareedouw – draai af op die R62 sowat 20 km oos van Kareedouw, ry 25 km verder aan op grondpad tot by Witteklip-konferensiesentrum waar ons oornag). Ons bly ook die aand na die stap hier voor ons die volgende oggend die pad terugneem Kaap toe.
Dag 1: 16.06 km – Witteklip-konferensiesentrum (oornaghut) tot by Watervalhut
Dag 2: 12.5 km – Slaap weer by Watervalhut
Dag 3: 10.76 km – Watervalhut tot by Slagkamerhut
Dag 4: 11.82 km – Slaap weer by Slagkamerhut
Dag 5: 10.67 km – Slaap weer by Witteklip-konferensiesentrum (oornaghut)
Vir inpak: Soos vir ‘n 5-dagstap met oornaghutte met matrasse. Daar is spoeltoilette en ‘n warmwaterstort by al die hutte. Geen elektrisiteit by hutte nie. (Geen kerse nie as gevolg van brandgevaar.)
Meer oor Antjie se Pad: Antjie se Pad was named after a certain Antjie Stuurman who worked on the farm in the 1930s. Every day, she walked about 10 km over a hill called Blouberg to reach
the Witteklip farmstead. Antjie se Pad was started to help fund our other NGO – Living
Water Ministries. Living Water Ministries holds leadership camp for underprivileged children at no cost. Through this we wish to encourage the next generation in leadership. We believe that equipping the young with essential qualities will make all the difference in days to come. We sow into these children’s lives and know that the harvest will be bountiful. Living Water also focuses on teaching the children good
moral values. When you support Antjie se Pad, you are supporting so much more. Of course, Antjie se Pad has its own unique experience to offer. With a great workout and amazing scenes – true tranquillity.
Kry ook meer inligting oor die roete by http://www.antjiesepad.co.za/index.htm en op Facebook by Antjie Se Pad. Mooi lapwapentjies te koop teen R100 elk.
HELDERBERG: WESPIEK – SATERDAG 7 MEI 2020
Bespreek vanaf Maandag 25 April
Beginpunt: 08:00 by Helderberg Natuurreservaat, Somerset-Wes. Stapleier:Werner Dalziel by 082 579 0968. Graad: 3C (sowat 12 km / 7 uur) – veeleisend. Groepgrootte: Onbeperk. Inpak: Dagsakkie met kos, water, sonbeskerming, reënbaadjie, ens. Koste: R25 hekgeld per persoon plus R15 per voertuig. R70 brandstofdonasie. Adminheffing R5 (lid) / R10 (besoeker).
Werner sê: ‘n Stewige dagstap wat by die Helderberg Natuurreservaat begin. Ons stap eers tot op die saaltjie en dan tot op die Wespiek (1003 m) vir ‘n fantastiese uitsig oor die see tot by Kaappunt en omringende berge. Ons sal ‘n behoorlike middete bo by die piek eet om die uitsig te geniet.
GROOTVADERSBOS, HEIDELBERG – VRYDAGMIDDAG 13 – SONDAG 15 MEI 2022
Bespreek nou
Besprekings: Brenda Sideratos by 072 122 5216. Stapleiers: Brenda Sideratos en Werner Booyens. Graad: 2B (kampnaweek met 2 dagstappe – 15 km en 10 km). Groepgrootte: 12. Inpak: Kamp Vrydagaand en Saterdagaand in tentjies by die Grootvadersbos-natuurreservaat. Braai albei aande. Doen 2 dagstappe. Maak gereed vir enige soort weer. Koste: Kamp en braaihout sowat R170 per persoon. Stappermitte R100 vir 2 dagstappe (of gratis as jy Wildcard het). Adminheffing R10 (lid) / R20 (besoeker). Voorgestelde brandstofdonasie R600 (2 x 267 km = 534 km) (uitgewerk vir gemiddelde voertuig met 3 mense, maar net die 2 passasiers betaal).
Werner en Brenda sê: Die Grootvadersbosch Natuurreservaat lê in die Langeberge sowat 22 km noordwes van Heidelberg. Ons ry die Vrydagmiddag met die N2 tot verby Swellendam. Net ná Buffeljags draai ons links in Suurbraak se rigting (R324). Grootvadersbosch se kampterrein is sowat 22 km vanaf hierdie afdraai. Dit is waar ons vir die naweek kamp. Braai albei aande. Saterdag: Grysbok-sirkelroete (15 km, 5 tot 6 uur): The Grysboksirkel is a tougher hike, taking you out of the forest-covered valley, up the mountainside through the fynbos area, and on to the ridge of the hills bordering the Boosmansbos Wilderness Area. The hike is a loop and will bring you back to the reserve road. Sondag: Bosbok-roete (10 km, 3 tot 4 uur): This beautiful route wanders through mountain fynbos and indigenous forest, providing a shaded and relatively easy hike for all ages. The route loops in and around the indigenous forest, affording hikers the opportunity to visit both bird hides in the forest, as well as taking them past most of the tree species in the reserve. Pak rustig op en ry terug Kaap toe.
HOE OM STAPGELD TE BETAAL
- Internetbetalings in die “62-rekening”: First National Bank. Rekeningnaam: Sanlam-Staptoerklub. Rekeningnommer: 62049730999. Tak: Civic Centre, Bellville. Takkode: 200910.
- Kontant en tjekbetalings in die “74-rekening” slegs by ‘n OTM (nie binne-in die tak nie asseblief): First National Bank. Rekeningnaam: Sanlam-Staptoerklub. Rekeningnommer: 74049732396. Tak: Civic Centre, Bellville. Takkode: 200910
- Inbetalingsbewys vir stapgeld: Stuur aan André Venter by andre@matimbers.co.za en aan die stapleier / staporganiseerder.
- Verwysing by jou inbetaling: jou naam en van + die stap se naam (bv. Piet Pakstap Kaappunt)
HOE OM LEDEGELD TE BETAAL
- Internetbetalings in die “62-rekening”: First National Bank. Rekeningnaam: Sanlam-Staptoerklub. Rekeningnommer: 62049730999. Tak: Civic Centre, Bellville. Takkode: 200910.
- Kontant per OTM en tjekbetalings in die “74-rekening”: First National Bank. Rekeningnaam: Sanlam-Staptoerklub. Rekeningnommer: 74049732396. Tak: Civic Centre, Bellville. Takkode: 200910.
- Inbetalingsbewys vir ledegeld: Stuur aan Steph du Toit by steph@essef.co.za en aan André Venter by andre@matimbers.co.za.
- Verwysing by jou inbetaling: jou naam en van + ledegeld (bv. Piet Pakstap ledegeld)
LIDMAATSKAP VIR 2022
R100 vir die hooflid en R70 per gade en/of elke afhanklike kind bo 18. Elkeen moet ‘n lidmaatskapvorm invul. Lidmaatskap hou baie voordele in: Jy kry ’n stap-infrastruktuur met ‘n jaarprogram en stapleiers wat ervare is, voorkeur op besprekingslyste bo besoekers, ’n kleiner administratiewe heffing (R5 per dag teenoor R10 per dag vir besoekers), gereelde nuusbriewe en 10%-afslag by die Tygervallei-tak van Cape Union Mart en by die Willowbridge-tak van Outdoor Warehouse, en 20% afslag by Hi-Tec Access Park in Kuilsrivier (as jy jou ledekaartjie wys; afslag is vir alles behalwe elektroniese toerusting soos GPS’e). Die Stapklub se lidmaatskapvorm is by www.sanlamstaptoerklub.co.za.
BAIE GELUK AAN AL DIE LEDE WAT IN FEBRUARIE VERJAAR
Chris Kies (1 Feb), Org Nieuwoudt (8 Feb), Angie Basson (11 Feb), Belinda Burdett (19 Feb), Jean Pienaar (20 Feb), Louis Nel (22 Feb), Maureen Kolles (24 Feb), Pieter Smith (24 Feb), Madeleine Krause (28 Feb). (Laat weet asb as ons jou naam per ongeluk uitgelaat het.)
LAAT MENS DINK
“Lovely days don’t come to you. You should walk to them.” – Rumi
KLUB SE KONTAKBESONDERHEDE
E-pos: amandam@mweb.co.za | Selfoon: 0825703895. Web: www.sanlamstaptoerklub.co.za. Facebook: Sanlam-Staptoerklub Kaapstad. As jou kontakbesonderhede verander het, laat weet ons asseblief. (As jy nie meer ons e-nuus wil ontvang nie, Reply met “Kanselleer” in die onderwerpblokkie.)
Van Sanlam-Staptoerklub se bestuur: Amanda, Steph, Ilse, André, Werner en Niel
