Dagsê
NUUS EN STAPSAKE
- Bespreek nou vir ons Algemene Jaarvergadering: Ons algemene jaarvergadering is om 19:00 op Woensdagaand 16 Februarie in die NG Kerksaal in La Rochelle, Bellville. Ons deel die boekieprogram uit, kies die nuwe bestuur (stuur asseblief jou nominasies vir die bestuur vir 2022 aan amandam@mweb.co.za), deel die kilometer-wapentjies uit, en eet lekker saam (worsrolletjie, slaaie, roomys en tuisgemaakte sjokoladesous). Kry al die inligting hieronder en bespreek voor Vrydag 11 Feb om 14:00 by Ilse Marais 082 377 4584 of ilse.marais@sanlam.co.za (vir spysenieringsdoeleindes). Koste: R60 per persoon. Dit sal lekker wees jou daar te sien!
- Kom stap Saterdag saam by Bergrivierdam, Franschhoek: Ons begin met die Matoppie-kontoerpad, stap onder die damwal verby, tot by die oorkantse oewer van die dam en dan tot by die keerwal waar ons kan swem, en dan terug tot by die motors. ‘n Lekker vol dag se stap (sowat 18 km). Bespreek by Werner Dalziel by 082 579 0968 voor Donderdag 10 Feb om 12:00 sodat ons die permitte (R50 pp) kan aankoop.
- Stapprogram 2022: Met al meer mense wat stap word dit al moeiliker om dagstap- en naweekpermitte te kry. Die eerste permit wat ons vir Orangekloof kan kry is vir 26 November! Ons moes ook Kaappunt (nuwe datum Saterdag 27 tot Sondag 28 Augustus), Arangieskop (nuwe datum Vrydagmiddag 12 tot Sondag 14 Augustus), en Sederberge (nuwe datum Vrydagmiddag 4 tot Sondag 6 November) se datums skuif. Die mense wat reeds vir Kaappunt en Sederberge bespreek het, se name bly op die besprekingslys (hulle hoef nie weer te bespreek nie). Ons heg vir julle die jaar se stapprogram aan soos hy nou lyk. Die boekieprogram met die roetebeskrywings, koste (ai, die petrolprys), en stapafstande is volgende week beskikbaar. Onthou, die nuusbrief sal altyd die jongste inligting hê.
- Sit WSAR se nommer op jou selfoon: Dit is ‘n goeie idee om Wilderness Search & Rescue se noodnommer op jou selfoon te sit of byderhand te hê wanneer jy gaan stap. Hier is hul noodnommer: 021 937 0300.
- Afslag vir lede van Sanlam-Staptoerklub – nou ook by Hi-Tec Access Park in Kuilsrivier: Lede van die klub kry 10% afslag by Cape Union Mart in Tygervallei, 10% afslag by Outdoor Warehouse by Willowbridge, en nou ook 20% afslag by Hi-Tec Access Park in Kuilsrivier (B24 & B25 Accesspark, 1 Van Riebeeck Road, Kuilsriver). (Baie dankie aan Chrisna Swart wat die konneksie met Hi-Tec Access Park vir ons moontlik gemaak het.) Jy moet jou ledekaartjie wys om vir die afslag te kwalifiseer.
- Stapklub se nuwe webwerf: Kyk gerus by www.sanlamstaptoerklub.co.za na ons nuwe webwerf. Baie dankie aan Abrie Marais en ook aan Franco van Vuuren vir al die werk agter die skerms.
- Covid-19 reëls: Covid-19 reëls geld op al ons stappe – afstandhouding, maskers en hande ontsmet; moenie kom stap as jy siek voel of in kontak was met mense wat Covid-19 het nie. Hierdie bly ‘n ernstige saak en dit gaan samewerking en verantwoordelikheid van almal van ons vra om ons stappe veilig te hou.
- Stapverslae: Die volgende uitgawe sal weer stapverslae hê.
VOLGENDE SARSIE STAPPE
BERGRIVIERDAM, FRANSCHHOEK: SATERDAG 12 FEBRUARIE 2022
Bespreek voor Donderdag 10 Feb om 12:00 (sodat ons permitte kan koop)
Stapleier: Werner Dalziel by 082 579 0968. Beginpunt: 07:00 by Robertsvleipad se hek. Graad:
3B (veeleisend, sowat 18 km). Groepgrootte: 15. Inpak: Dagsakkie met kos, water, sonbeskerming, reënbaadjie, swemklere (daar is paar plekke waar ons kan swem), ens. Koste: Stappermit R50. Brandstofdonasie R100. Adminheffing R5 (lid) / R10 (besoeker).
Werner sê: Ons begin met die Matoppie-kontoerpad, stap onder die damwal verby, tot by die oorkantse oewer van die dam en dan tot by die keerwal (weir) waar ons kan swem, en dan terug tot by die motors. ‘n Lekker vol dag se stap in die berge buite Franschhoek.
ALGEMENE JAARVERADERING: WOENSDAGAAND 16 FEBRUARIE 2022 OM 19:00
Bespreek teen Vrydagmiddag 11 Feb om 14:00 (vir spysenieringsdoeleindes)
Op die agenda: Kort verslag oor die jaar wat verby is, verkiesing van nuwe bestuur, uitdeel van boekie-programme (met stappe se roetebeskrywings, afstande, koste, ens.), en kilometer-wapentjies. Gevolg deur ‘n gesellige ete. Dit sal lekker wees om julle almal weer te sien!
Plek: Die kerksaal van die NG Kerk La Rochelle. Hoek van Meerlust- en Hadleystraat, Bellair.
Jy bring saam: Eie skottelgoed en drinkgoed.
Ons gee: Ligte ete van ‘n worsrolletjies (goeie gehalte wors), tamatiesmoor, 2 slaaie, en roomys en nagereg. R60 per persoon. Geld is betaalbaar by die deur.
Besprekings: Ilse Marais by 021 851 6160 / 082 377 4584 / ilse.marais@sanlam.co.za.
FRANSKRAAL-NAWEEK: VRYDAGMIDDAG 18 TOT SONDAG 20 FEBRUARIE 2022
Bespreek nou
Stapleier en besprekings: Edna en Kobus Terblanche 082 379 3171. Graad: 2 toeganklike dagstappe van sowat 9 km elk. Groepgrootte: 12. Inpak: Dagsakkie met kos, water, windjekker, sonbeskerming, ens. Koste: Sowat R300 vir die naweek (kamp vir 2 nagte + verskeie aktiwiteite, hout) – presiese koste word later deurgegee. Brandstofdonasie R380 (165 km x 2 = 330 km) (of tref eie reëlings onderling). Adminheffing R10 (lid) / R20 (besoeker).
Kobus en Edna sê: Kampnaweek met 2 dagstappe. Ons kamp die Vrydagaand en Saterdagaand by die Strandkloof-kampterrein net buite Franskraal. Die geriewe is uitstekend. Daar is onder meer kragpunte, en ‘n koue en ‘n verhitte swembad. Ons braai elke aand. Ons doen 2 dagstappe met dagsakkies, en ook verskeie ander aktiwiteite met ekstras om die omgewing te verken. ‘n Heerlike naweek by die see!
KYLEMORE, BANHOEK, STELLENBOSCH – SATERDAG 26 FEBRUARIE 2022
Bespreek vanaf Maandag 14 Februarie
Beginpunt: 08:00 by die parkeerarea van die Banhoek Concervancy. Stapleier: Werner Dalziel by 082 579 0968. Graad: 3B (moeilik, sowat 15 km). Groepgrootte: 15. Inpak: Dagsakkie met kos, water, sonbeskerming, reënbaadjie, ens. Koste: Brandstofdonasie R80. Adminheffing R5 (lid) / R10 (besoeker).
Werner sê: Hierdie roete in die Banhoek-bewaringsgebied buite Stellenbosch begin by Kylemore en bied mooi uitsigte op die berge in hierdie vallei. Ons stap verby watervalle en baie mooi klowe in die berg.
GROTTO BAY, MELKBOSSTRAND – SATERDAG 5 MAART 2022
Bespreek vanaf Maandag 21 Februarie
Beginpunt: 08:00 by die Grotto Bay private natuurreservaat langs die Weskus. Stapleier: Freddie Pohl by 074 304 7678. Graad: 2A (9 km). Groepgrootte: 24 (omdat daar beperkte parkeerplek is). Inpak: Dagsakkie met kos, water, sonbeskerming, reënbaadjie, ens. Koste: Brandstofdonasie R100. Geen permitkoste. Adminheffing R5 (lid) / R10 (besoeker).
Freddie en Susan sê: Ons stap ‘n sirkelroete van 9 km in die Grotto Bay private natuurreservaat sowat 60 km noord van Kaapstad (28 km noord van Melkbosstrand) (moenie Grotto Bay verwar met Grotto Beach by Hermanus nie). Grotto Bay vorm deel van die Kaapse Weskus-biosfeer wat in 2000 deur UNESCO tot bewaringsgebied verklaar is. Ons stap ook ‘n deel langs die see. Vir dié wat lus het – daar is ‘n oulike eetplek by die Groote Post-wynplaas so 9 km verder. Ons kan agterna soontoe gaan vir iets te ete. Heerlike en besondere mooi dagstap langs die weskus.
HOE OM STAPGELD TE BETAAL
- Internetbetalings in die “62-rekening”: First National Bank. Rekeningnaam: Sanlam-Staptoerklub. Rekeningnommer: 62049730999. Tak: Civic Centre, Bellville. Takkode: 200910.
- Kontant en tjekbetalings in die “74-rekening” slegs by ‘n OTM (nie binne-in die tak nie asseblief): First National Bank. Rekeningnaam: Sanlam-Staptoerklub. Rekeningnommer: 74049732396. Tak: Civic Centre, Bellville. Takkode: 200910
- Inbetalingsbewys vir stapgeld: Stuur aan André Venter by andre@matimbers.co.za en aan die stapleier / staporganiseerder.
- Verwysing by jou inbetaling: jou naam en van + die stap se naam (bv. Piet Pakstap Kaappunt)
HOE OM LEDEGELD TE BETAAL
- Internetbetalings in die “62-rekening”: First National Bank. Rekeningnaam: Sanlam-Staptoerklub. Rekeningnommer: 62049730999. Tak: Civic Centre, Bellville. Takkode: 200910.
- Kontant per OTM en tjekbetalings in die “74-rekening”: First National Bank. Rekeningnaam: Sanlam-Staptoerklub. Rekeningnommer: 74049732396. Tak: Civic Centre, Bellville. Takkode: 200910.
- Inbetalingsbewys vir ledegeld: Stuur aan Steph du Toit by steph@essef.co.za en aan André Venter by andre@matimbers.co.za.
- Verwysing by jou inbetaling: jou naam en van + ledegeld (bv. Piet Pakstap ledegeld)
LIDMAATSKAP VIR 2022
R100 vir die hooflid en R70 per gade en/of elke afhanklike kind bo 18. Elkeen moet ‘n lidmaatskapvorm invul. Lidmaatskap hou baie voordele in: Jy kry ’n stap-infrastruktuur met ’n jaarprogram en stapleiers wat ervare is, voorkeur op besprekingslyste bo besoekers, ’n kleiner administratiewe heffing (R5 per dag teenoor R10 per dag vir besoekers), gereelde nuusbriewe en 10%-afslag by die Tygervallei-tak van Cape Union Mart en by die Willowbridge-tak van Outdoor Warehouse, en 20% afslag by Hi-Tec Access Park in Kuilsrivier (as jy jou ledekaartjie wys; afslag is vir alles behalwe elektroniese toerusting soos GPS’e). Die Stapklub se lidmaatskapvorm is by www.sanlamstaptoerklub.co.za.
BAIE GELUK AAN AL DIE LEDE WAT IN FEBRUARIE VERJAAR
Chris Kies (1 Feb), Org Nieuwoudt (8 Feb), Angie Basson (11 Feb), Belinda Burdett (19 Feb), Jean Pienaar (20 Feb), Louis Nel (22 Feb), Maureen Kolles (24 Feb), Pieter Smith (24 Feb), Madeleine Krause (28 Feb). (Laat weet asb as ons jou naam per ongeluk uitgelaat het.)
LAAT MENS DINK
“I would like to travel the world with you twice. Once to see the world. Twice, to see the way you see the world.” – Anonymous
KLUB SE KONTAKBESONDERHEDE
E-pos: amandam@mweb.co.za | Selfoon: 0825703895. Web: www.sanlamstaptoerklub.co.za. Facebook: Sanlam-Staptoerklub Kaapstad. As jou kontakbesonderhede verander het, laat weet ons asseblief. (As jy nie meer ons e-nuus wil ontvang nie, Reply met “Kanselleer” in die onderwerpblokkie.) Van Sanlam-Staptoerklub se bestuur: Amanda, Steph, Ilse, André, Werner en Niel
