Dagsê
NUUS EN STAPSAKE
- Bespreek nou vir ons Algemene Jaarvergadering: Ons algemene jaarvergadering is om 19:00 op Woensdagaand 16 Februarie in die NG Kerksaal in La Rochelle, Bellville. Ons deel die boekieprogram uit, kies die nuwe bestuur (stuur asseblief jou nominasies vir die bestuur vir 2022 aan amandam@mweb.co.za), deel die kilometer-wapentjies uit, en eet lekker saam (worsrolletjies met goeie wors en smoortjie, slaai en nagereg). Kry die inligting hieronder en bespreek by Ilse Marais by Ilse Marais 082 377 4584 of ilse.marais@sanlam.co.za. Ons sal jou graag daar wil sien.
- Kom stap Saterdag (môre) saam op Klipspringer-roete buite Gordonsbaai: Hierdie roete van 8 km begin oorkant die Kogelberg-kampeerterrein buite Gordonsbaai. Die kombinasie van berg en see maak hierdie roete spesiaal. Kry al die inligting hieronder en bespreek by Niel en Sharon Visser by 076 992 3375.
- Stapprogram 2022: Ons heg vir julle die jaar se stapprogram aan soos hy nou lyk. Ons sukkel nog om ‘n bespreking vir Orangekloof te kry (Sanparke antwoord nie hul telefone nie), en moet ongelukkig Kaappunt se bespreking skuif, maar sal julle ingelig hou oor alles (die mense wat bespreek het vir Kaappunt bly op die lys). Ons is besig om die boekieprogram met die roetebeskrywings, koste (ai, die petrolprys), en stapafstande af te handel. Die nuusbrief sal altyd die jongste inligting hê. Lekker beplan aan jou stapjaar!
- Hitte-uitputting: Die somer en die tyd van hittegolwe. Dit is belangrik dat ons weet wat om te doen wanneer mense op ‘n staproete in die moeilikheid beland weens hitte-uitputting. Verlede naweek was daar verskeie mense wat met ‘n helikopter vanaf Tafelberg en ook vanaf die Walvisroete gered moes word oor hipertermie. Lees asseblief die aangehegte pamflet wat deur Steve Chadwick van Gantouw-stapklub opgestel is (dankie Susan Pienaar vir die aanstuur).
- Lidmaatskap vir 2022: Sien vorm aangeheg as jy nog nie aangesluit het. Lidmaatskap hou talle voordele in, soos ‘n veilige infrastruktuur, lojaliteitsprogram en afslag by sekere pakstapwinkels.
- Covid-19 reëls: Covid-19 reëls geld op al ons stappe – afstandhouding, maskers en hande ontsmet; moenie kom stap as jy siek voel of in kontak was met mense wat Covid-19 het nie. Hierdie bly ‘n ernstige saak en dit gaan samewerking en verantwoordelikheid van almal van ons vra om ons stappe veilig te hou.
- Stapverslae: Die volgende uitgawe sal weer stapverslae hê.
VOLGENDE SARSIE STAPPE
KLIPSPRINGER-ROETE (BUITE GORDONSBAAI): SATERDAG 29 JANUARIE 2022
Bespreek nou
Bymekaarkompunt en -tyd: Om 07:30 by Kogelberg-kantoor (reg oorkant die Kogelberg-kampeerplek, aan die berg se kant). Besprekings: Niel en Sharon Visser 076 992 3375. Graad: 2A (8 km). Groepgrootte: onbeperk. Inpak: Dagsakkie, genoeg water, sonbeskerming, eetgoed, windjekker. Swemklere ook as jy dalk wil swem. Koste: Brandstofdonasie R100. Adminheffing R5 (lid) / R10 (besoeker).
Niel en Sharon sê: Die Klipspringer-roete (wat dieselfde beginpunt het as die Kogelbaai-uitkykpuntroete wat ons verlede jaar saam met Tim en Belinda Burdett gestap het), begin met ‘n kort maar stewige 50 m klim op ‘n klipperige paadjie (stapstewels en stapstok sal help). Dan raak die paadjie soos die golwe van die baai – bietjie op, bietjie af. Ons stap tot ons op ‘n jeeppad kom, draai regs, en loop af tot by Clarence Drive waar ons by Klippiesbaai op die gras ontbyt kan eet. Dan stap ons verder langs die see tot by Dappat se Gat oor ‘n klompie boulders. Ons stop by die grotte, en stap dan weer oor die klippe tot by die kampplek se teerpad en terug tot by die motors. Geen skaduwee op die roete nie, sorg dus vir behoorlike sonbeskerming (sonhoed, sonbrandmiddel) en genoeg drinkwater. Die kombinasie van berg en see maak hierdie roete spesiaal.
TAFELBERG – DISAS – MOEILIKE ROETE: SATERDAG 5 FEBRUARIE 2022
Bespreek nou
Bymekaarkomplek- en tyd: Cecilia Forest om 06:30. Stapleier en besprekings: Werner Dalziel by 082 579 0968. Graad: 3B (veeleisend,3C, 15 km, klimhoogte 750 meter). Groepgrootte: onbeperk. Inpak: Dagsakkie met kos, water, windjekker, sonbeskerming, ens. Koste: Brandstofdonasie R60. Adminheffing R5 (lid) / R10 (besoeker).
Werner sê: Ons begin vroegoggend by Kirstenbosch en klim Skeleton Gorge uit. Daarna stap ons na die akwaduk, Valley of Isolation, Ash Valley, af by Cecilia Ridge en verby Cecilia-waterval tot terug by die motors.. Dit is ‘n vol dag se stap, maar dit neem ons na van die mooiste plekke op Tafelberg – met die disas daarby.
TAFELBERG – DISAS – MAKLIKER ROETE: SATERDAG 5 FEBRUARIE 2022
Bespreek nou
Bymekaarkomplek- en tyd: Constantianek om 07:00. Stapleier en besprekings: Amanda Matthee by 0825703895. Graad: 2A (geleidelike opdraand waarvan deel op jeeppad is, sowat 10 km). Groepgrootte: onbeperk. Inpak: Dagsakkie met kos, water, windjekker, sonbeskerming, ens. Koste: Brandstofdonasie R60. Adminheffing R5 (lid) / R10 (besoeker).
Amanda sê: Ons begin by Constantianek en stap met trappies op na die jeeppad tot op die agterste tafel by die damme. Dan stap ons op in Disakloof tot by die akwaduk waar die disas groei. Ons kom met dieselfde roete terug.
BERGRIVIERDAM, FRANSCHHOEK: SATERDAG 12 FEBRUARIE 2022
Bespreek vanaf Maandag 31 Januarie tot en met Donderdag 10 Feb om 12:00 (sodat ons permitte kan koop)
Stapleier: Werner Dalziel by 082 579 0968. Beginpunt: 07:00 by Robertsvleipad se hek. Graad:
3B (veeleisend, sowat 18 km). Groepgrootte: 15. Inpak: Dagsakkie met kos, water, sonbeskerming, reënbaadjie, ens. Koste: Stappermit R50. Brandstofdonasie R100. Adminheffing R5 (lid) / R10 (besoeker).
Werner sê: Ons begin met die Matoppie-kontoerpad, stap onder die damwal verby, tot by die oorkantse oewer van die dam en dan tot by die keerwal (weir) waar ons kan swem, en dan terug tot by die motors. ‘n Lekker vol dag se stap in die berge buite Franschhoek.
ALGEMENE JAARVERADERING: WOENSDAGAAND 16 FEBRUARIE 2022 OM 19:00
Bespreek nou
Op die agenda: Kort verslag oor die jaar wat verby is, verkiesing van nuwe bestuur, uitdeel van boekie-programme (met stappe se roetebeskrywings, afstande, koste, ens.), en kilometer-wapentjies. Gevolg deur ‘n gesellige ete. Dit sal lekker wees om julle almal weer te sien!
Plek: Die kerksaal van die NG Kerk La Rochelle. Hoek van Meerlust- en Hadleystraat, Bellair.
Jy bring saam: Eie skottelgoed en drinkgoed.
Ons gee: Worsrolletjies (goeie gehalte wors), tamatiesmoor, slaaie en nagereg. Ons gee binnekort die koste deur. Geld is betaalbaar by die deur.
Besprekings: Ilse Marais by 021 851 6160 / 082 377 4584 / ilse.marais@sanlam.co.za.
FRANSKRAAL-NAWEEK: VRYDAGMIDDAG 18 TOT SONDAG 20 FEBRUARIE 2022
Bespreek nou
Stapleier en besprekings: Edna en Kobus Terblanche 082 379 3171. Graad: 2 toeganklike dagstappe van sowat 9 km elk. Groepgrootte: 12. Inpak: Dagsakkie met kos, water, windjekker, sonbeskerming, ens. Koste: Sowat R300 vir die naweek (kamp vir 2 nagte + verskeie aktiwiteite, hout) – presiese koste word later deurgegee. Brandstofdonasie R380 (165 km x 2 = 330 km) (of tref eie reëlings onderling). Adminheffing R10 (lid) / R20 (besoeker).
Kobus en Edna sê: Ons kamp die Vrydagaand en Saterdagaand by die Strandkloof-kampterrein net buite Franskraal. Die geriewe is uitstekend. Daar is onder meer kragpunte, en ‘n koue en ‘n verhitte swembad. Ons braai elke aand. Ons doen 2 dagstappe met dagsakkies, en ook verskeie ander aktiwiteite met ekstras om die omgewing te verken. Ons gee binnekort meer besonderhede deur. ‘n Heerlike naweek by die see!
KYLEMORE, BANHOEK, STELLENBOSCH – SATERDAG 26 FEBRUARIE 2022
Bespreek vanaf Maandag 14 Februarie
Beginpunt: 08:00 by die parkeerarea van die Banhoek Concervancy. Stapleier: Werner Dalziel by 082 579 0968. Graad: 3B (moeilik, sowat 15 km). Groepgrootte: 15. Inpak: Dagsakkie met kos, water, sonbeskerming, reënbaadjie, ens. Koste: Brandstofdonasie R80. Adminheffing R5 (lid) / R10 (besoeker).
Werner sê: Hierdie roete in die Banhoek-bewaringsgebied buite Stellenbosch begin by Kylemore en bied mooi uitsigte op die berge in hierdie vallei. Ons stap verby watervalle en baie mooi klowe in die berg.
GROTTO BAY, MELKBOSSTRAND – SATERDAG 5 MAART 2022
Bespreek vanaf Maandag 21 Februarie
Beginpunt: 08:00 by die Grotto Bay private natuurreservaat langs die Weskus. Stapleier: Freddie Pohl by 074 304 7678. Graad: 2A (9 km). Groepgrootte: 24 (omdat daar beperkte parkeerplek is). Inpak: Dagsakkie met kos, water, sonbeskerming, reënbaadjie, ens. Koste: Brandstofdonasie R100. Geen permitkoste. Adminheffing R5 (lid) / R10 (besoeker).
Freddie en Susan sê: Ons stap ‘n sirkelroete van 9 km in die Grotto Bay private natuurreservaat sowat 60 km noord van Kaapstad (28 km noord van Melkbosstrand) (moenie Grotto Bay verwar met Grotto Beach by Hermanus nie). Grotto Bay vorm deel van die Kaapse Weskus-biosfeer wat in 2000 deur UNESCO tot bewaringsgebied verklaar is. Ons stap ook ‘n deel langs die see. Vir dié wat lus het – daar is ‘n oulike eetplek by die Groote Post-wynplaas so 9 km verder. Ons kan agterna soontoe gaan vir iets te ete. Heerlike en besondere mooi dagstap langs die weskus.
HOE OM STAPGELD TE BETAAL
- Internetbetalings in die “62-rekening”: First National Bank. Rekeningnaam: Sanlam-Staptoerklub. Rekeningnommer: 62049730999. Tak: Civic Centre, Bellville. Takkode: 200910.
- Kontant en tjekbetalings in die “74-rekening” slegs by ‘n OTM (nie binne-in die tak nie asseblief): First National Bank. Rekeningnaam: Sanlam-Staptoerklub. Rekeningnommer: 74049732396. Tak: Civic Centre, Bellville. Takkode: 200910
- Inbetalingsbewys vir stapgeld: Stuur aan André Venter by andre@matimbers.co.za en aan die stapleier / staporganiseerder.
- Verwysing by jou inbetaling: jou naam en van + die stap se naam (bv. Piet Pakstap Kaappunt)
HOE OM LEDEGELD TE BETAAL
- Internetbetalings in die “62-rekening”: First National Bank. Rekeningnaam: Sanlam-Staptoerklub. Rekeningnommer: 62049730999. Tak: Civic Centre, Bellville. Takkode: 200910.
- Kontant per OTM en tjekbetalings in die “74-rekening”: First National Bank. Rekeningnaam: Sanlam-Staptoerklub. Rekeningnommer: 74049732396. Tak: Civic Centre, Bellville. Takkode: 200910.
- Inbetalingsbewys vir ledegeld: Stuur aan Steph du Toit by steph@essef.co.za en aan André Venter by andre@matimbers.co.za.
- Verwysing by jou inbetaling: jou naam en van + ledegeld (bv. Piet Pakstap ledegeld)
LIDMAATSKAP VIR 2022
R100 vir die hooflid en R70 per gade en/of elke afhanklike kind bo 18. Elkeen moet ‘n lidmaatskapvorm invul. Lidmaatskap hou baie voordele in: Jy kry ’n stap-infrastruktuur met ’n jaarprogram en stapleiers wat ervare is, voorkeur op besprekingslyste bo besoekers, ’n kleiner administratiewe heffing (R5 per dag teenoor R10 per dag vir besoekers), gereelde nuusbriewe en 10%-afslag by die Tygervallei-tak van Cape Union Mart en by die Willowbridge-tak van Outdoor Warehouse (as jy jou ledekaartjie wys; afslag is vir alles behalwe elektroniese toerusting soos GPS’e). Die Stapklub se lidmaatskapvorm is by www.sanlamstaptoerklub.co.za.
BAIE GELUK AAN AL DIE LEDE WAT IN JANUARIE VERJAAR
Christiaan Smuts (1 Jan), Sonja Meyer (1 Jan), Joana Winterbach (1 Jan), Liza Burger (2 Jan), Cindy Vivian (2 Jan), Theo Smit (4 Jan), Hilda Tredoux (4 Jan), Gerna Terblanche (5 Jan), Elza Geldenhuys (6 Jan), Yvonne Truter (9 Jan), Sharon Visser (11 Jan), Annie Boshoff (13 Jan), Chris van der Merwe (16 Jan), Paulene Engelbrecht (16 Jan), Daniel Rousseau (16 Jan), Manie Ackermann (17 Jan), Wynand Krause (17 Jan), Anna de Wet (17 Jan), Karin Smith-Hamman (21 Jan), Naomi Smit (21 Jan), Gert Rousseau (22 Jan), Jannie Conradie (24 Jan), Ann Fraser (27 Jan), Hanna Boeke (29 Jan), Arina van Eck (29 Jan) en Edna Terblanche (31 Jan). (Laat weet asb as ons jou naam per ongeluk uitgelaat het.)
LAAT MENS DINK
“We take photos as a return ticket to a moment otherwise gone.” – Anonymous
KLUB SE KONTAKBESONDERHEDE
E-pos: amandam@mweb.co.za | Selfoon: 0825703895. Web: www.sanlamstaptoerklub.co.za. Facebook: Sanlam-Staptoerklub Kaapstad. As jou kontakbesonderhede verander het, laat weet ons asseblief. (As jy nie meer ons e-nuus wil ontvang nie, Reply met “Kanselleer” in die onderwerpblokkie.) Van Sanlam-Staptoerklub se bestuur: Amanda, Steph, Ilse, André, Werner en Niel
