Dagsê
NUUS EN STAPSAKE
- Kom stap Saterdag saam by Gordonsbaai: Die volgende twee dagstappe is ideaal om “die jaar op die pad te kry” en te begin stap. Hieronder is die volgende twee stappe (terwyl ons die boekieprogram met al die detail regkry). Ons stap hierdie Saterdag ‘n sirkelroete by Gordonsbaai (mooi uitsigte oor die see, kan agterna gaan swem en/of roomys eet). Kry die inligting hieronder en bespreek by Steph du Toit by 082 851 9953. Die Saterdag daarna stap ons die Leeukop-kontoerpad. Stap help vir alles!
- Covid-19 reëls: Covid-19 reëls geld op al ons stappe – afstandhouding, maskers en hande ontsmet; moenie kom stap as jy siek voel of in kontak was met mense wat Covid-19 het nie. Hierdie bly ‘n ernstige saak en dit gaan samewerking en verantwoordelikheid van almal van ons vra om ons stappe veilig te hou.
VOLGENDE SARSIE STAPPE
DANIE MULLER-ROETE, GORDONSBAAI – SATERDAG 15 JANUARIE 2022
Bespreek nou
Bymekaarkompunt: Om 07:30 op parkeerterrein oorkant Talla’s Tavern, Kusweg, Gordonsbaai. Besprekings: Steph du Toit by 082 851 9953. Graad: 2A+ (redelik, 7 km). Groepgrootte: Onbeperk. Inpak: Reën-, wind- en sonbeskerming, water, kos, ens. Koste: Brandstofdonasie: R50. Adminheffing R5 (lid) / R10 (besoeker). (Geen permitkoste nie.)
Steph sê: Ons kom die oggend op die parkeerterrein oorkant Talla’s Tavern bymekaar. Ons stap dan deur die dorp voordat ons teen die berg op draai. Ons stap dan met die bergpaadjie onder die GB verby en af na die walvisuitkykpunt. Vandaar terug na die motors. Verwag enige weer en maak seker jy het genoeg water.
LEEUKOP-KONTOERPAD – SATERDAG 22 JANUARIE 2022
Bespreek nou
Stapbesprekings: Edna Terblanche by 082 379 3171. Stapleier: Estelle Smuts. Graad: 1A (maklik). Groepgrootte: Onbeperk. Inpak: Soos vir dagstap met dagsakkie, sonbeskerming, windjekker, kos, ens. Koste: Brandstofdonasie R50. Adminheffing R5 (lid) / R10 (besoeker). (Geen permitkoste nie.)
Estelle sê: Die stap begin by Kloofnek se “Leeukop-parkeerterrein”. Die stap se beginpunt is dieselfde as die van die tradisionele Leeukop-roete. Ons stap al met die “rug van die leeu” langs tot by die kramat van Sheikh Mohamed Hassen Ghaibie Shah al-Qadri op Seinheuwel. Daarna volg ons die kontoerpad aan die seekant van Leeukop tot by ‘n klompie dennebome waar ons iets eet en die uitsig oor die see geniet. Van daar af is dit ‘n kort entjie afdraand tot by die motors. Dit is ‘n mooi stap met fantastiese uitsigte oor die see en stad.
HOE OM STAPGELD TE BETAAL
- Internetbetalings in die “62-rekening”: First National Bank. Rekeningnaam: Sanlam-Staptoerklub. Rekeningnommer: 62049730999. Tak: Civic Centre, Bellville. Takkode: 200910.
- Kontant en tjekbetalings in die “74-rekening” slegs by ‘n OTM (nie binne-in die tak nie asseblief): First National Bank. Rekeningnaam: Sanlam-Staptoerklub. Rekeningnommer: 74049732396. Tak: Civic Centre, Bellville. Takkode: 200910
- Inbetalingsbewys vir stapgeld: Stuur aan André Venter by andre@matimbers.co.za en aan die stapleier / staporganiseerder.
- Verwysing by jou inbetaling: jou naam en van + die stap se naam (bv. Piet Pakstap Kaappunt)
HOE OM LEDEGELD TE BETAAL
- Internetbetalings in die “62-rekening”: First National Bank. Rekeningnaam: Sanlam-Staptoerklub. Rekeningnommer: 62049730999. Tak: Civic Centre, Bellville. Takkode: 200910.
- Kontant per OTM en tjekbetalings in die “74-rekening”: First National Bank. Rekeningnaam: Sanlam-Staptoerklub. Rekeningnommer: 74049732396. Tak: Civic Centre, Bellville. Takkode: 200910.
- Inbetalingsbewys vir ledegeld: Stuur aan Steph du Toit by steph@essef.co.za en aan André Venter by andre@matimbers.co.za.
- Verwysing by jou inbetaling: jou naam en van + ledegeld (bv. Piet Pakstap ledegeld)
LIDMAATSKAP VIR 2022
R100 vir die hooflid en R70 per gade en/of elke afhanklike kind bo 18. Elkeen moet ‘n lidmaatskapvorm invul. Lidmaatskap hou baie voordele in: Jy kry ’n stap-infrastruktuur met ’n jaarprogram en stapleiers wat ervare is, voorkeur op besprekingslyste bo besoekers, ’n kleiner administratiewe heffing (R5 per dag teenoor R10 per dag vir besoekers), gereelde nuusbriewe en 10%-afslag by die Tygervallei-tak van Cape Union Mart en by die Willowbridge-tak van Outdoor Warehouse (as jy jou ledekaartjie wys; afslag is vir alles behalwe elektroniese toerusting soos GPS’e). Die Stapklub se lidmaatskapvorm is by www.sanlamstaptoerklub.co.za.
BAIE GELUK AAN AL DIE LEDE WAT IN JANUARIE VERJAAR
Christiaan Smuts (1 Jan), Sonja Meyer (1 Jan), Joana Winterbach (1 Jan), Liza Burger (2 Jan), Cindy Vivian (2 Jan), Theo Smit (4 Jan), Hilda Tredoux (4 Jan), Gerna Terblanche (5 Jan), Elza Geldenhuys (6 Jan), Yvonne Truter (9 Jan), Sharon Visser (11 Jan), Annie Boshoff (13 Jan), Chris van der Merwe (16 Jan), Paulene Engelbrecht (16 Jan), Daniel Rousseau (16 Jan), Manie Ackermann (17 Jan), Wynand Krause (17 Jan), Anna de Wet (17 Jan), Karin Smith-Hamman (21 Jan), Naomi Smit (21 Jan), Gert Rousseau (22 Jan), Jannie Conradie (24 Jan), Ann Fraser (27 Jan), Hanna Boeke (29 Jan), Arina van Eck (29 Jan) en Edna Terblanche (31 Jan). (Laat weet asb as ons jou naam per ongeluk uitgelaat het.)
LAAT MENS DINK
“Start where you are. Use what you have. Do what you can.” – Arthur Ashe
KLUB SE KONTAKBESONDERHEDE
E-pos: amandam@mweb.co.za | Selfoon: 0825703895. Web: www.sanlamstaptoerklub.co.za. Facebook: Sanlam-Staptoerklub Kaapstad. As jou kontakbesonderhede verander het, laat weet ons asseblief. (As jy nie meer ons e-nuus wil ontvang nie, Reply met “Kanselleer” in die onderwerpblokkie.) Van Sanlam-Staptoerklub se bestuur: Amanda, Steph, Ilse, André, Werner en Niel
