~ 6 Januarie 2022 – Sanlam-Staptoerklub: Kom stap Saterdag saam by Kleinmond – kombinasie van see en rivieroewer

Dagsê

NUUS EN STAPSAKE

  • Welkom in 2022! Baie welkom in die nuwe jaar. Mag dit vir ons almal ‘n sinvolle, gesonde en vernuwende jaar wees met genoeg staproetes wat sorg vir iets om na uit te sien. Ons is hard aan die werk aan die boekieprogram met al die detailinligting, maar hieronder is solank inligting oor ons eerste stap van die jaar. Hierdie Saterdag is die Kleinmondstap – ‘n kombinasie van stap langs die rivier en langs die see. Net reg om die stapjaar op die pad te kry. Kry die inligting hieronder en bespreek by Werner Dalziel by 082 579 0968. Ons stuur volgende week weer ‘n nuusbrief uit met stapinligting oor die volgende sarsie stappe.
  • Covid-19 reëls: Covid-19 reëls geld op al ons stappe – afstandhouding, maskers en hande ontsmet; moenie kom stap as jy siek voel of in kontak was met mense wat Covid-19 het nie. Hierdie bly ‘n ernstige saak en dit gaan samewerking en verantwoordelikheid van almal van ons vra om ons stappe veilig te hou.
  • Stapverslae: Sien stapverslae vir Wynkelderstap hieronder.

EERSTE STAP VAN DIE JAAR

KLEINMOND-KUSROETE: SATERDAG 8 JANUARIE 2022

Bespreek nou

Bymekaarkompunt: 07:30 by Kleinmond se stand se parkeerplek. Besprekings: Werner Dalziel by 082 579 0968. Graad: 2A (redelik, 12 km). Groepgrootte: Onbeperk. Inpak: Reën-, wind- en sonbeskerming, water, kos, ens. Koste: Brandstofdonasie: R100. Adminheffing R5 (lid) / R10 (besoeker). (Geen permitkoste nie.)

Werner sê: Ons kom die oggend op die parkeerterrein van Kleinmond se strand bymekaar. Ons stap dan seelangs tot by Palmietriviermond voordat ons binneland toe draai. Ons stap al langs die oostelike oewer van die Palmiet-lagoon tot by die R44-brug. Hier sal ons ‘n bietjie vertoef en swem. Ons stap dan oor die brug en kom met die westelike oewer van die lagoon terug tot by die riviermond. Baie warm weer word tans voorspel. Maak dus seker jy het genoeg water (die water in die rivier is nie drinkbaar nie).

STAPVERSLAE

Anthonij Rupert Wyne, Franschhoek: 4 Desember 2021

Om 09:00 kom 16 van ons bymekaar by die Terra Del Capo proelokaal / restaurant op die Antonji Rupert Wynlandgoed. Ons word bederf met ‘n koppie koffie elk voordat Gidi, ons gasvrou, vir ons welkom heet en ‘n bietjie inlig oor die geskiedenis van die wynlandgoed asook wat voorlê met ons uitstappie. Ons vertrek om ongeveer 9:30 saam met Gidi en Ingrid en stap 4km deur die wingerde. Daar is pragtige uitsigte asook verskeie interessanthede langs die pad. Ons was beïndruk met die netheid van alles. Ná 4km kom ons by die TDC kelder aan waar die wynmaker, Mark, ons ontvang. Hulle laat vir ons sewe heerlike wyne uit hul Cape of Good Hope reeks proe. Ná die baie gesellige proesessie vertrek ons met ‘n trem terug na die beginpunt. Dáár het hulle vir ons ‘n groot tafel in ‘n onthaallokaal voorberei waar ons tog te heerlik geëet het. Dit was werklik ‘n belewenis. Hierdie wynlandgoed en sy personeel is beslis ‘n aanwins vir die Weskaapse gasvryheids- en toeriste-bedryf. Dit is die moeite werd om hulle op jou kuierlysie te plaas. Baie dankie aan Steph du Toit vir al die reëlings. Dit was ‘n besondere wynkeldertoer.

HOE OM STAPGELD TE BETAAL

  • Internetbetalings in die 62-rekening: First National Bank. Rekeningnaam: Sanlam-Staptoerklub. Rekeningnommer: 62049730999. Tak: Civic Centre, Bellville. Takkode: 200910.
  • Kontant en tjekbetalings in die 74-rekening slegs by ‘n OTM (nie binne-in die tak nie asseblief): First National Bank. Rekeningnaam: Sanlam-Staptoerklub. Rekeningnommer: 74049732396. Tak: Civic Centre, Bellville. Takkode: 200910
  • Inbetalingsbewys vir stapgeld: Stuur aan André Venter by andre@matimbers.co.za en aan die stapleier / staporganiseerder.
  • Verwysing by jou inbetaling: jou naam en van + die stap se naam (bv. Piet Pakstap Kaappunt)

HOE OM LEDEGELD TE BETAAL

  • Internetbetalings in die 62-rekening: First National Bank. Rekeningnaam: Sanlam-Staptoerklub. Rekeningnommer: 62049730999. Tak: Civic Centre, Bellville. Takkode: 200910.
  • Kontant per OTM en tjekbetalings in die 74-rekening: First National Bank. Rekeningnaam: Sanlam-Staptoerklub. Rekeningnommer: 74049732396. Tak: Civic Centre, Bellville. Takkode: 200910.
  • Inbetalingsbewys vir ledegeld: Stuur aan Steph du Toit by steph@essef.co.za en aan André Venter by andre@matimbers.co.za.
  • Verwysing by jou inbetaling: jou naam en van + ledegeld (bv. Piet Pakstap ledegeld)

LIDMAATSKAP VIR 2022

R100 vir die hooflid en R70 per gade en/of elke afhanklike kind bo 18. Elkeen moet ‘n lidmaatskapvorm invul. Lidmaatskap hou baie voordele in: Jy kry ’n stap-infrastruktuur met ’n jaarprogram en stapleiers wat ervare is, voorkeur op besprekingslyste bo besoekers, ’n kleiner administratiewe heffing (R5 per dag teenoor R10 per dag vir besoekers), gereelde nuusbriewe en 10%-afslag by die Tygervallei-tak van Cape Union Mart en by die Willowbridge-tak van Outdoor Warehouse (as jy jou ledekaartjie wys; afslag is vir alles behalwe elektroniese toerusting soos GPS’e). Die Stapklub se lidmaatskapvorm is by www.sanlamstaptoerklub.co.za.

BAIE GELUK AAN AL DIE LEDE WAT IN JANUARIE VERJAAR

Christiaan Smuts (1 Jan), Sonja Meyer (1 Jan), Joana Winterbach (1 Jan), Liza Burger (2 Jan), Cindy Vivian (2 Jan), Theo Smit (4 Jan), Hilda Tredoux (4 Jan), Gerna Terblanche (5 Jan), Elza Geldenhuys (6 Jan), Yvonne Truter (9 Jan), Sharon Visser (11 Jan), Annie Boshoff (13 Jan), Chris van der Merwe (16 Jan), Paulene Engelbrecht (16 Jan), Daniel Rousseau (16 Jan), Manie Ackermann (17 Jan), Wynand Krause (17 Jan), Anna de Wet (17 Jan), Karin Smith-Hamman (21 Jan), Naomi Smit (21 Jan), Gert Rousseau (22 Jan), Jannie Conradie (24 Jan), Ann Fraser (27 Jan), Hanna Boeke (29 Jan), Arina van Eck (29 Jan) en Edna Terblanche (31 Jan). (Laat weet asb as ons jou naam per ongeluk uitgelaat het.)

LAAT MENS DINK

“Optimism is a strategy for making a better future. Because unless you believe that the future can be better, you are unlikely to step up and take responsibility for making it so.” – Noam Chomsky

KLUB SE KONTAKBESONDERHEDE

E-pos: amandam@mweb.co.za | Selfoon: 0825703895. Web: www.sanlamstaptoerklub.co.za. Facebook: Sanlam-Staptoerklub Kaapstad. As jou kontakbesonderhede verander het, laat weet ons asseblief. (As jy nie meer ons e-nuus wil ontvang nie, Reply met “Kanselleer” in die onderwerpblokkie.)

Van Sanlam-Staptoerklub se bestuur: Amanda, Steph, Ilse, André, Werner en Niel