Dagsê
NUUS EN STAPSAKE
- Bespreek nou vir ons jaareindfunksie! Onthou om te bespreek vir ons jaareindfunksie, wat op Saterdag 27 November in die NG Kerk se saal, Hottentots Holland Gemeente, Gordonweg, Somerset-Wes gehou word. Ons stel 2022 se stapprogram met ‘n PowerPoint-aanbieding bekend (dankie Niel Visser en span vir die saamstel van ‘n besonderse stapprogram – mens moet iets hê om na uit te sien), en daarna volg ‘n lekker ete. Hieronder is meer inligting. Bespreek by Ilse Marais by 082 377 4584 / ilse.marais@sanlam.co.za.
- Covid-19 reëls: Covid-19 reëls geld op al ons stappe – afstandhouding, maskers en hande ontsmet; moenie kom stap as jy siek voel of in kontak was met mense wat Covid-19 het nie. Hierdie bly ‘n ernstige saak en dit gaan samewerking en verantwoordelikheid van almal van ons vra om ons stappe veilig te hou.
- Stapverslae: Kyk uit vir stapverslae in die volgende nuusbrief.
VOLGENDE SARSIE STAPPE
JAAREINDFUNKSIE: SATERDAG 27 NOVEMBER 2021 OM 11:00
Bespreek voor Donderdag 25 Nov om 14:00 vir spysenieringsdoeleindes
Besprekings: Ilse Marais by 082 377 4584 / ilse.marais@sanlam.co.za
Venue: NG Kerk Hottentots Holland Gemeente, Gordonweg, Somerset-Wes (net ons, die weer gaan ons nie afsit nie, veilige parkering). Die kerkgebou is op die hoek van Gordon- en Cloetenbergstraat, Somerset-Wes. Kaart.
Op die program: Die bekendstelling van 2022 se stapprogram, die aanwys van die stappers wat die “hoogste geklim het” in hierdie jaar (wat klimhoogte betref), heerlike ete (hoenderpastei, slaai, nagereg), en kuier
Koste: R75 per kop (betaal by die deur)
Vir saambring: Jou eie drinkgoed en skottelgoed
Om jou besoek aan Somerset-Wes die moeite werd te maak: Ry vroeër en gaan stap langs die see by die Strand, of besoek die Somerset-Wes Country Craft Market, Hoofweg 186. Die markie is oop van 09:00 tot 14:00 Saterdag.
Covid-reëls geld.
Ons sien uit daarna om almal weer te sien!!!
WYNKELDERSTAP – ANTHONIJ RUPERT WYNE, FRANSCHHOEK: SATERDAG 4 DESEMBER 2021
Volbespreek
Stapleier en besprekings: Steph du Toit by 082 851 9953. Beginpunt: Terra del Capo proelokaal, Anthonij Rupert Wynlandgoed, Franschhoek, om 09:00. Graad: 1A (redelik). Groepgrootte: 16. Inpak: Soos vir ‘n dagstap met water, sonbeskerming, kos, ens. Koste: R150 per persoon (koffie by die beginpunt, ‘n bottel water, die stappermit en die wynproe). Brandstofdonasie R60. Adminheffing R5 (lid) / R10 (besoeker).
Steph sê: Hierdie toer is baie gewild en dit sal ons 14de wyntoer wees. Vanjaar besoek ons die Anthonij Rupert Wynlandgoed buite Franschhoek. Ons kom 09:00 by die Terra del Capo-proelokaal op die plaas bymekaar en begin met koffie en ‘n verwelkomingspraatjie. Daarna stap ons oor die koppie verby die Kwaaibynes-dam en deur die wingerde tot by die Terra del Capo-wynkelder. Die wynproe by die kelder begin om 10:45 en sluit die proe van 7 Cape of Good Hope-wyne in. Om 11:45 laai die trem ons op om ons terug te neem na die proelokaal. Daarna kan ons middagete by die Antipasti Bar geniet (vir eie rekening – die meeste van die antipasti-bordjies is rondom R85; ons moet vooraf laat weet hoeveel vir middagete wil bespreek). Die stap-en-wynproe-kombinasie is spesiaal vir ons gereël omdat hulle nie gewoonlik stappers op die plaas toelaat nie.
HOE OM STAPGELD TE BETAAL
- Internetbetalings in die “62-rekening”: First National Bank. Rekeningnaam: Sanlam-Staptoerklub. Rekeningnommer: 62049730999. Tak: Civic Centre, Bellville. Takkode: 200910.
- Kontant en tjekbetalings in die “74-rekening” slegs by ‘n OTM (nie binne-in die tak nie asseblief): First National Bank. Rekeningnaam: Sanlam-Staptoerklub. Rekeningnommer: 74049732396. Tak: Civic Centre, Bellville. Takkode: 200910
- Inbetalingsbewys vir stapgeld: Stuur aan André Venter by andre@matimbers.co.za en aan die stapleier / staporganiseerder.
- Verwysing by jou inbetaling: jou naam en van + die stap se naam (bv. Piet Pakstap Kaappunt)
HOE OM LEDEGELD TE BETAAL
- Internetbetalings in die “62-rekening”: First National Bank. Rekeningnaam: Sanlam-Staptoerklub. Rekeningnommer: 62049730999. Tak: Civic Centre, Bellville. Takkode: 200910.
- Kontant per OTM en tjekbetalings in die “74-rekening”: First National Bank. Rekeningnaam: Sanlam-Staptoerklub. Rekeningnommer: 74049732396. Tak: Civic Centre, Bellville. Takkode: 200910.
- Inbetalingsbewys vir ledegeld: Stuur aan Steph du Toit by steph@essef.co.za en aan André Venter by andre@matimbers.co.za.
- Verwysing by jou inbetaling: jou naam en van + ledegeld (bv. Piet Pakstap ledegeld)
LIDMAATSKAP VIR 2021
R100 vir die hooflid en R70 per gade en/of elke afhanklike kind bo 18. Elkeen moet ‘n lidmaatskapvorm invul. Lidmaatskap hou baie voordele in: Jy kry ’n stap-infrastruktuur met ’n jaarprogram en stapleiers wat ervare is, voorkeur op besprekingslyste bo besoekers, ’n kleiner administratiewe heffing (R5 per dag teenoor R10 per dag vir besoekers), gereelde nuusbriewe en 10%-afslag by die Tygervallei-tak van Cape Union Mart en by die Willowbridge-tak van Outdoor Warehouse (as jy jou ledekaartjie wys; afslag is vir alles behalwe elektroniese toerusting soos GPS’e). Die Stapklub se lidmaatskapvorm is by www.sanlamstaptoerklub.co.za.
BAIE GELUK AAN AL DIE LEDE WAT IN NOVEMBER VERJAAR
Beulagh Keulder (4 Nov), Linda de Villiers (5 Nov), Karien Barnard (5 Nov), Jane Hitchinson (8 Nov), Brenda Sideratos (10 Nov), Erica Benkenstein (12 Nov), Esmay Albertyn (12 Nov), Carin Duminy (14 Nov), Lewonia Thompson (14 Nov), Jasper van Breda (15 Nov), Elizabeth Bester (16 Nov), Anita Smit (16 Nov), Liezl Swart (18 Nov), Susan Pienaar (19 Nov), Joubert Matthee (20 Nov), Louis Conradie (22 Nov), Lindi Koen (24 Nov), Fanie Coetzee (25 Nov), Mathilda Claassen (25 Nov), Paula Bester (26 Nov), Noeks Foreman (28 Nov). (Laat weet asb as ons jou naam per ongeluk uitgelaat het.)
LAAT MENS DINK
“Backpacking: An extended form of hiking in which people carry double the amount of gear they need for half the distance they planned to go in twice the time it should take.” – Unknown
KLUB SE KONTAKBESONDERHEDE
E-pos: amandam@mweb.co.za | Selfoon: 0825703895. Web: www.sanlamstaptoerklub.co.za. Facebook: Sanlam-Staptoerklub Kaapstad. As jou kontakbesonderhede verander het, laat weet ons asseblief. (As jy nie meer ons e-nuus wil ontvang nie, Reply met “Kanselleer” in die onderwerpblokkie.) Van Sanlam-Staptoerklub se bestuur: Amanda, Steph, Ilse, André, Werner en Niel
