12 November 2021 – Sanlam-Staptoerklub: Stap Saterdag by Bettysbaai | Bespreek nou vir jaareindfunksie

Dagsê

NUUS EN STAPSAKE

  • Stapprogram: Net ‘n vinnige nuusbrief om te sê ons stap môre ‘n heerlike kusroete vanaf Bettysbaai tot by Seafarm en terug. Kry die inligting hieronder en bespreek by Pat de Beer by 082 418 3538 via WhatsApp. Daar is ook inligting oor ons jaareindfunksie, wat vanjaar in die NG Kerk Hottentots Holland Gemeente, Gordonweg, Somerset-Wes gehou word (veilige parkering, dit is net ons wat die venue gebruik, die weer sal ons nie afsit nie). Ons stel 2022 se stapprogram met ‘n PowerPoint-aanbieding bekend (dankie Niel Visser en span vir die saamstel van ‘n besonderse stapprogram), en daarna volg ‘n lekker ete met hoenderpastei, slaai en nagereg. Die funksie word voorafgegaan deur ‘n stap by die Strand. Bespreek gerus by Ilse Marais by 082 377 4584 / ilse.marais@sanlam.co.za. Kry ook inligting oor die wynkelderstap hieronder. Dit is vanjaar by Anthonij Rupert Wyne buite Franschhoek.
  • Covid-19 reëls: Covid-19 reëls geld op al ons stappe – afstandhouding, maskers en hande ontsmet; moenie kom stap as jy siek voel of in kontak was met mense wat Covid-19 het nie. Hierdie bly ‘n ernstige saak en dit gaan samewerking en verantwoordelikheid van almal van ons vra om ons stappe veilig te hou.
  • Stapverslae: Kyk uit vir stapverslae in die volgende nuusbrief.

VOLGENDE SARSIE STAPPE

BETTYSBAAI NA VUURTORING EN TERUG: SATERDAG 13 NOVEMBER 2021

Bespreek nou

Stapleier en besprekings: Pat de Beer by 082 418 3538 via WhatsApp. Stapbeginpunt: Bettysbaai se sanding boarding parkeerterrein om 08:15 vir 08:30. Graad: 2A (maklik, 4 tot 5 uur se stap). Groepgrootte: 15. Inpak: Dagsakkie met kos, water, sonbeskerming, reënbaadjie, ens. Koste: Brandstofdonasie R90 (85 km x 2 = 170 km). Adminheffing R5 (lid) / R10 (besoeker).

Pat sê: Ons kom by Bettysbaai se sanding boarding parkeerterrein bymekaar (vanaf Clarence Drive, draai regs in Porterweg en dan weer regs in Watsoniaweg, ry tot by die parkeerplek by die groot sandduin). Ons stap vanaf Bettysbaai seelangs in ‘n westelike rigting tot by die vuurtoring en terug. (Ons stap nie Brody’s Link nie omdat dit moeilik is om die paadjie uit te ken met al die Port Jacksonbome wat die afgelope paar maande uitgekap is.) Dit is ‘n besonder mooi roete wat jou ‘n geleentheid gee om ‘n slag die see te geniet.

KAAPPUNT-DAGSTAP – PAULSBERG: SATERDAG 20 NOVEMBER 2021

Bespreek nou

Stapleier en besprekings: Werner Dalziel by 082 579 0968. Beginpunt: 08:00 by die hek by Kaappunt-natuurreservaat. Graad: 2B (9 km, redelik). Groepgrootte: 15. Inpak: Dagsakkie met kos, water, sonbeskerming, reënbaadjie, ens. Koste: R85 hekgeld / Wildcard (bring jou ID-kaart saam). Brandstofdonasie R100 (85 km x 2 = 170 km). Adminheffing R5 (lid) / R10 (besoeker).

Werner sê: Paulsberg (367 m) is die hoogste piek in die Kaappunt-natuurreservaat. Ons begin by die Buffelsbaai-parkeerterrein en stap op na Kanonkop en agterom Paulsberg tot ons die paadjie na die piek van Paulsberg kry. Die uitsigte oor Valsbaai is indrukwekkend. Ons loop deels met dieselfde pad terug en kan in die getypoel by Bordjiesdrif gaan swem voor ons terugkeer huis toe.

JAAREINDFUNKSIE: SATERDAG 27 NOVEMBER 2021

Bespreek nou

Besprekings: Ilse Marais by 082 377 4584 / ilse.marais@sanlam.co.za

Op die program: Ons gee volgende week meer detail deur (soos koste, en roetekaart), maar ons plan van aksie is soos volg: Ons venue is die NG Kerk Hottentots Holland Gemeente, Gordonweg, Somerset-Wes. Dit word vooraf gegaan deur ‘n stap by die see by die Strand. Ons begin dan 11:00 met die vergadering-gedeelte (die bekendstelling van 2022 se stapprogram) en dan volg ‘n heerlike ete met hoenderpastei en slaai, en nagereg (jy bring eie skottelgoed en drinkgoed). Covid-reëls geld. Ons sien uit daarna om almal weer te sien!!!

WYNKELDERSTAP – ANTHONIJ RUPERT WYNE, FRANSCHHOEK: SATERDAG 4 DESEMBER 2021

Bespreek vanaf Maandag 22 November

Stapleier en besprekings: Steph du Toit by 082 851 9953. Beginpunt: Terra del Capo proelokaal, Anthonij Rupert Wynlandgoed, Franschhoek, om  09:00. Graad: 1A (redelik). Groepgrootte: 16. Inpak: Soos vir ‘n dagstap met water, sonbeskerming, kos, ens. Koste: R150 per persoon (koffie by die beginpunt, ‘n bottel water, die stappermit en die wynproe). Brandstofdonasie R60. Adminheffing R5 (lid) / R10 (besoeker).

Steph sê: Hierdie toer is baie gewild en dit sal ons 14de wyntoer wees. Vanjaar besoek ons die Anthonij Rupert Wynlandgoed buite Franschhoek. Ons kom 09:00 by die Terra del Capo-proelokaal op die plaas bymekaar en begin met koffie en ‘n verwelkomingspraatjie. Daarna stap ons oor die koppie verby die Kwaaibynes-dam en deur die wingerde tot by die Terra del Capo-wynkelder. Die wynproe by die kelder begin om 10:45 en sluit die proe van 7 Cape of Good Hope-wyne in. Om 11:45 laai die trem ons op om ons terug te neem na die proelokaal. Daarna kan ons middagete by die Antipasti Bar geniet (vir eie rekening – die meeste van die antipasti-bordjies is rondom R85; ons moet vooraf laat weet hoeveel vir middagete wil bespreek). Die stap-en-wynproe-kombinasie is spesiaal vir ons gereël omdat hulle nie gewoonlik stappers op die plaas toelaat nie.

HOE OM STAPGELD TE BETAAL

  • Internetbetalings in die 62-rekening: First National Bank. Rekeningnaam: Sanlam-Staptoerklub. Rekeningnommer: 62049730999. Tak: Civic Centre, Bellville. Takkode: 200910.
  • Kontant en tjekbetalings in die 74-rekening slegs by ‘n OTM (nie binne-in die tak nie asseblief): First National Bank. Rekeningnaam: Sanlam-Staptoerklub. Rekeningnommer: 74049732396. Tak: Civic Centre, Bellville. Takkode: 200910
  • Inbetalingsbewys vir stapgeld: Stuur aan André Venter by andre@matimbers.co.za en aan die stapleier / staporganiseerder.
  • Verwysing by jou inbetaling: jou naam en van + die stap se naam (bv. Piet Pakstap Kaappunt)

HOE OM LEDEGELD TE BETAAL

  • Internetbetalings in die 62-rekening: First National Bank. Rekeningnaam: Sanlam-Staptoerklub. Rekeningnommer: 62049730999. Tak: Civic Centre, Bellville. Takkode: 200910.
  • Kontant per OTM en tjekbetalings in die 74-rekening: First National Bank. Rekeningnaam: Sanlam-Staptoerklub. Rekeningnommer: 74049732396. Tak: Civic Centre, Bellville. Takkode: 200910.
  • Inbetalingsbewys vir ledegeld: Stuur aan Steph du Toit by steph@essef.co.za en aan André Venter by andre@matimbers.co.za.
  • Verwysing by jou inbetaling: jou naam en van + ledegeld (bv. Piet Pakstap ledegeld)

LIDMAATSKAP VIR 2021

R100 vir die hooflid en R70 per gade en/of elke afhanklike kind bo 18. Elkeen moet ‘n lidmaatskapvorm invul. Lidmaatskap hou baie voordele in: Jy kry ’n stap-infrastruktuur met ’n jaarprogram en stapleiers wat ervare is, voorkeur op besprekingslyste bo besoekers, ’n kleiner administratiewe heffing (R5 per dag teenoor R10 per dag vir besoekers), gereelde nuusbriewe en 10%-afslag by die Tygervallei-tak van Cape Union Mart en by die Willowbridge-tak van Outdoor Warehouse (as jy jou ledekaartjie wys; afslag is vir alles behalwe elektroniese toerusting soos GPS’e). Die Stapklub se lidmaatskapvorm is by www.sanlamstaptoerklub.co.za.

BAIE GELUK AAN AL DIE LEDE WAT IN NOVEMBER VERJAAR

Beulagh Keulder (4 Nov), Linda de Villiers (5 Nov), Karien Barnard (5 Nov), Jane Hitchinson (8 Nov), Brenda Sideratos (10 Nov), Erica Benkenstein (12 Nov), Esmay Albertyn (12 Nov), Carin Duminy (14 Nov), Lewonia Thompson (14 Nov), Jasper van Breda (15 Nov), Elizabeth Bester (16 Nov), Anita Smit (16 Nov), Liezl Swart (18 Nov), Susan Pienaar (19 Nov), Joubert Matthee (20 Nov), Louis Conradie (22 Nov), Lindi Koen (24 Nov), Fanie Coetzee (25 Nov), Mathilda Claassen (25 Nov), Paula Bester (26 Nov), Noeks Foreman (28 Nov). (Laat weet asb as ons jou naam per ongeluk uitgelaat het.)

LAAT MENS DINK

“Poking at a campfire with a stick is one of life’s greatest satisfactions.” – Pat McManus

KLUB SE KONTAKBESONDERHEDE

E-pos: amandam@mweb.co.za | Selfoon: 0825703895. Web: www.sanlamstaptoerklub.co.za. Facebook: Sanlam-Staptoerklub Kaapstad. As jou kontakbesonderhede verander het, laat weet ons asseblief. (As jy nie meer ons e-nuus wil ontvang nie, Reply met “Kanselleer” in die onderwerpblokkie.) Van Sanlam-Staptoerklub se bestuur: Amanda, Steph, Ilse, André, Werner en Niel