7 Oktober 2021 – Sanlam-Staptoerklub: Stap Saterdag Grootkop by Llundundo | Groot Winterhoek

Dagsê

NUUS EN STAPSAKE

  • Stapprogram: Net ‘n vinnige nuusbrief om te sê Grootkop by Llundudno is geskuif na hierdie Saterdag. Kry die besonderhede hieronder en bespreek by Werner Dalziel by 082 579 0968. Daar is nog plek op Groot Winterhoek (Die Hel – korter roete) hierdie naweek.
  • Covid-19 reëls: Covid-19 reëls geld op al ons stappe – afstandhouding, maskers en hande ontsmet; moenie kom stap as jy siek voel of in kontak was met mense wat Covid-19 het nie. Hierdie bly ‘n ernstige saak en dit gaan samewerking en verantwoordelikheid van almal van ons vra om ons stappe veilig te hou.
  • Stapverslae: Kry die stapverslag vir Assegaaiboskloof (Bergrivierdam) hieronder.

VOLGENDE SARSIE STAPPE

TAFELBERG: LLANDUDNO RAVINE NA GROOTKOP: SATERDAG 9 OKTOBER 2021

Bespreek nou

Stapleier: Werner Dalziel by 082 579 0968. Graad: 3C (veeleisend, met hoogteblootstelling, klimhoogte 608 m), 8 km. Groepgrootte: 12. Inpak: Dagsakkie, genoeg water, sonbeskerming, eetgoed, windjekker. Koste: Brandstofdonasie R50. Adminheffing R5 (lid) / R10 (besoeker).

Werner sê: ‘n Tafelbergstap vir mense wat hou van ‘n uitdaging. Vanaf die Llandudno-Houtbaaipad, neem die afdraai na Suikerbossie Restaurant en stop by die ingang na Ruyteplaats-landgoed. Die paadjie op na Hout Bay Corner en Llandudno Ravine begin links van Ruyteplaats-landgoed se hek. Die moeilikste gedeeltes op in die ravyn het staal handvatsels (staples) vir ekstra vashouplek. As jy bo kom, hou die paadjie aan verby die afdraai na Judaspiek en loop tot by Grootkop (857m), en dan weer al die pad terug. Kry meer inligting hier.

GROOT WINTERHOEK – DIE HEL: SATERDAGOGGEND 9 TOT SONDAG 10 OKTOBER 2021

Bespreek nou – nog plek oop

Besprekings: Amanda Matthee by 0825703895. Graad: 2B (redelik, 31 km oor 2 dae). Groepgrootte:

12. Inpak: Soos vir ‘n oornagstap met tent, matrassie, stofie, ens. Maak gereed vir enige soort weer. Heerlike swemplek langs die pad. Koste: Permit R150 (met Wildcard), + R10 (adminheffing). Brandstofdonasie R350 (2 x 184 km = 368 km) (of tref self reëlings onderling).

Amanda sê: Ons vertrek Saterdagoggend 06:30 na die Groot Winterhoek-reservaat wat sowat 184 km noord van Kaapstad is (33 km vanaf Porterville). Ons behoort dan so teen 09:00 te begin stap. Dit weer lyk in hierdie stadium na lekker stapweer – warm in die dag en koud snags, met min wind. Ons stap die roete na Die Hel toe en terug. Saterdag: Parkeerplek via rivier na De Tronk (13 km, sowat 3 uur) + De Tronk (waar ons kamp) na Die Hel (waar ons gaan swem) (5 km, 1,5 uur). Sondag: Stap 13 km via rivier terug na motors.

SIMONSTAD: SWARTKOP: SATERDAG 16 OKTOBER 2021

Bespreek nou

Stapleier en besprekings: Belinda Burdett by 084 514 4648. Beginpunt: 08:00 by Jan Smuts-rylaan, Simonstad. Graad: 2B, veeleisend, 10 km (5 uur). Groepgrootte: 15. Inpak: Dagsakkie met kos, water, sonbeskerming, reënbaadjie, ens. Koste: Permit R50 / Wildcard. Brandstofdonasie R60. Adminheffing R5 (lid) / R10 (besoeker).

Belinda sê: ‘n Stewige klim tot by die baken op Swartkop, maar met fantastiese uitsigte oor die Kaapse Skiereiland, Kaappunt en selfs Kogelbaai. Stap verby ‘n ou blokhuis uit die Anglo Boereoorlog en die Roman Rock vuurtoring. Sien foto-verslag by https://walkinginwc.wordpress.com/b-walks-in-cape-town-2/swartkop-simonstown/

SLANGHOEKVALLEI – VRYDAGMIDDAG 22 – SONDAG 24 OKTOBER 2021

Volbespreek (die stap het in Mei uitgereën en is vir hierdie naweek geherskeduleer)

Stapleiers: Niel en Sharon Visser by 084 209 5014. Graad: 2A (22 km oor 3 dae). Groepgrootte:

24. Inpak: Soos vir kampnaweek met dagstappe, d.w.s. tentjies, kampgoed en dagruksakkie, ens.

Koste: Sowat R550 per persoon (sluit in Vrydagaand se potjie, Plankie en wyn, 2 se nagte kamp, permitte, admingelde en kleiduif-skiet). R120 brandstofdonasie. Adminheffing R10 (lid) / R20 (besoeker).

Niel en Sharon sê: Kom ontdek saam met ons die hartjie van die Slanghoekvallei net duskant Rawsonville. Ons kom almal Vrydagmiddag by die Slanghoek Mountain Resort (aan die Rawsonville kant van die vallei) se kampplek bymekaar waar ons die naweek in tente of karavane oorbly. Ons beoog om reeds die Vrydagmiddag ‘n kort roete te stap waarna ons potjiekos sal bedien. Saterdagoggend stap ons die Fynbos-roete op teen die berg tot by die waterval en terug waarna ons plankie en wyn by die Opstal gaan geniet. Ons probeer nog om kleiduif-skiet te organiseer na die wyn proe. Sondagoggend stap ons ‘n bergfietspaadjie op die kontoer van Badsberg waarna ons terug sal keer Kaap toe. Ongeveer 22 km se stap vir die naweek.

TAFELBERG, BEL OMRE: SATERDAG 30 OKTOBER 2021

Bespreek vanaf Maandag 18 Oktober

Stapleier: Werner Dalziel by 082 579 0968. Bymekaarkompunt: 07:00 by Constantianek

Graad: 3B (redelik), 15 km. Groepgrootte: 15. Inpak: Dagsakkie, genoeg water, sonbeskerming, eetgoed, windjekker. Koste: Brandstofdonasie R60. Adminheffing R5 (lid) / R10 (besoeker).

Werner sê: Ons begin by Constantianek, en stap op na Eagles Nest met mooi uitsigte oor Constantia. Dan volg ‘n stukkie klouter op na Bell Ombre-piek met uitsigte oor Constantia en Houtbaai. Ons volg dan die paadjie verby Camel Rock en dan af na De Villiersdam waar ons dan links uitswaai na Caveman’s overhang. Daarna stap ons terug na die jeeppad en neem dan die Bridle Path terug na Constantianek.

ZEVENWACHT-DAGSTAP, KUILSRIVIER: SATERDAG 6 NOVEMBER 2021

Bespreek vanaf Maandag 25 Oktober

Stapleier en besprekings: Chrisna Swart by 0834506682. Bymekaarkompunt: 08:00 by Zevenwacht – http://zevenwacht.co.za/map/Graad: 1A (redelik), 10 km. Groepgrootte: 15. Inpak: Dagsakkie, genoeg water, sonbeskerming, eetgoed, windjekker. Koste: R50 vir stappermit. Plus R45 vir die wynproe agterna. Die prys van die wynproe sluit ‘n bottel gratis wyn in. Ons proe wyne uit Zevenwacht se Zeven-reeks en dan kies jy ‘n bottel wyn uit dié reeks om huis toe te neem. Brandstofdonasie R20. Adminheffing R5 (lid) / R10 (besoeker).

Chrisna sê: Die roete loop deur die wingerde op die Zevenwacht-landgoed by Kuilsrivier en bied pragtige uitsigte oor Tafelberg, Valsbaai, Gordonsbaai en Tafelbaai. Die 10 km in die buitelug is net wat jy nodig het om uit jou gewone naweekpatroon te kom. Daarna doen ons ‘n wynproe, wat opsioneel is. (Zevenwacht vra dat ons asseblief die kleedkamers by die wynproelokaal moet gebruik en nie die by die restaurant nie. Ons is egter welkom om agterna by die restaurant iets te gaan eet.)

PRINGLEBAAI – SEA FARM (HANGKLIP): SATERDAG 13 NOVEMBER 2021

Bespreek vanaf Maandag 1 November

Stapleier en besprekings: Pat de Beer by 082 418 3538. Graad: 2A (maklik). Groepgrootte:

15. Inpak: Dagsakkie met kos, water, sonbeskerming, reënbaadjie, ens. Koste: Brandstofdonasie R90 (85 km x 2 = 170 km). Adminheffing R5 (lid) / R10 (besoeker).

Pat sê: Ons begin by Pringlebaai en stap met die kuspaadjie langs in die rigting van Bettiesbaai en dan weer terug. Dit is sowat 5 uur se stap wat Brody’s Link en Sea Farm insluit. Dit is ‘n besonder mooi roete wat jou ‘n geleentheid gee om ‘n slag die see te geniet.

KAAPPUNT-DAGSTAP – PAULSBERG: SATERDAG 20 NOVEMBER 2021

Bespreek vanaf Maandag 8 November

Stapleier en besprekings: Werner Dalziel by 082 579 0968. Beginpunt: 08:00 by die hek by Kaappunt-natuurreservaat. Graad: 2B (9 km, redelik). Groepgrootte: 15. Inpak: Dagsakkie met kos, water, sonbeskerming, reënbaadjie, ens. Koste: R85 hekgeld / Wildcard (bring jou ID-kaart saam). Brandstofdonasie R100 (85 km x 2 = 170 km). Adminheffing R5 (lid) / R10 (besoeker).

Werner sê: Paulsberg (367 m) is die hoogste piek in die Kaappunt-natuurreservaat. Ons begin by die Buffelsbaai-parkeerterrein en stap op na Kanonkop en agterom Paulsberg tot ons die paadjie na die piek van Paulsberg kry. Die uitsigte oor Valsbaai is indrukwekkend. Ons loop deels met dieselfde pad terug en kan in die getypoel by Bordjiesdrif gaan swem voor ons terugkeer huis toe.

JAAREINDFUNKSIE: SATERDAG 27 NOVEMBER 2021

Bespreek vanaf Maandag 25 Oktober

Besprekings: Ilse Marais by 082 377 4584 / ilse.marais@sanlam.co.za

Op die program: Kort dagstap, uitdeel van 2022 se stapprogram, braai en kuier. Ons gee binnekort meer inligting deur oor waar ons bymekaar gaan kom die Saterdag.

WYNKELDERSTAP: SATERDAG 4 DESEMBER 2021

Bespreek vanaf Maandag 22 November

Stapleier en besprekings: Steph du Toit by 082 851 9953 . Beginpunt: Tyd en plek sal binnekort deurgegee word. Graad: 1A (redelik). Groepgrootte: 16. Inpak: Soos vir ‘n dagstap met water, sonbeskerming, kos, ens. Koste: Brandstofdonasie R50. Adminheffing R5 (lid) / R10 (besoeker).

Steph sê: Hierdie toer is baie gewild en dit sal ons 14de wyntoer wees. Ons gee binnekort die presiese roete en kelder aan. Dit is die ideale geleentheid om meer van ons omgewing se wynroetes uit te vind en om interessante nuwe wyne te proe en aan te koop.

STAPVERSLAE

Assegaaiboskloof, Bergrivierdam: 4 September 2021

Altesam 16 van ons kom lekker vroeg die oggend by die boonste hek van die Bergrivierdam bymekaar. Ons handel die administrasie af en begin te stap. Eers is dit die lang jeeptrack voordat ons links draai en die bergpaadjie vat. Ons klim tot op die kontoer en volg die paadjie tot ons weer by jeeptrack aansluit. Die watervalle vloei almal sterk en plek-plek moet ons mooi trap. Terug by die jeeptrack moet ons een van die rivier se vertakkings oorsteek. Almal trek skoene uit en ons gaan oor.  Hierna neem ons ‘n breek voordat ons die pad verder aanpak. Ons loop met die boonste jeeptrack langs in Assegaaiboskloof op.  Oral kan mens die watervalle sien wat lekker sterk vloei. Ons moet plek-plek stroompies oorsteek en rondom erosieslote klouter. By die omdraaipunt, met Bergriviernek in sig, stop ons vir ‘n welverdiende middagete. Op pad terug neem ons die paadjie al langs die rivier af. Die eerste deel is bietjie onduidelik en ons soek en bundu bash so bietjie. Terug op die paadjie is dit ‘n gemaklik stap verder terug. Daar is lekker baie plekke om te swem, maar dit was darem net te koud. Weer terug by die rivier is ons weer oor, party van ons stap sommer skoene en al deur die water. Daarna die lang staptog na die motors.  Dit is ‘n lekker lang, voldagstap. BAIE DANKIE aan Werner Dalziel vir die reëlings en die stapleiding. Klimhoogte: 537m.

HOE OM STAPGELD TE BETAAL

  • Internetbetalings in die 62-rekening: First National Bank. Rekeningnaam: Sanlam-Staptoerklub. Rekeningnommer: 62049730999. Tak: Civic Centre, Bellville. Takkode: 200910.
  • Kontant en tjekbetalings in die 74-rekening slegs by ‘n OTM (nie binne-in die tak nie asseblief): First National Bank. Rekeningnaam: Sanlam-Staptoerklub. Rekeningnommer: 74049732396. Tak: Civic Centre, Bellville. Takkode: 200910
  • Inbetalingsbewys vir stapgeld: Stuur aan André Venter by andre@matimbers.co.za en aan die stapleier / staporganiseerder.
  • Verwysing by jou inbetaling: jou naam en van + die stap se naam (bv. Piet Pakstap Kaappunt)

HOE OM LEDEGELD TE BETAAL

  • Internetbetalings in die 62-rekening: First National Bank. Rekeningnaam: Sanlam-Staptoerklub. Rekeningnommer: 62049730999. Tak: Civic Centre, Bellville. Takkode: 200910.
  • Kontant per OTM en tjekbetalings in die 74-rekening: First National Bank. Rekeningnaam: Sanlam-Staptoerklub. Rekeningnommer: 74049732396. Tak: Civic Centre, Bellville. Takkode: 200910.
  • Inbetalingsbewys vir ledegeld: Stuur aan Steph du Toit by steph@essef.co.za en aan André Venter by andre@matimbers.co.za.
  • Verwysing by jou inbetaling: jou naam en van + ledegeld (bv. Piet Pakstap ledegeld)

LIDMAATSKAP VIR 2021

R100 vir die hooflid en R70 per gade en/of elke afhanklike kind bo 18. Elkeen moet ‘n lidmaatskapvorm invul. Lidmaatskap hou baie voordele in: Jy kry ’n stap-infrastruktuur met ’n jaarprogram en stapleiers wat ervare is, voorkeur op besprekingslyste bo besoekers, ’n kleiner administratiewe heffing (R5 per dag teenoor R10 per dag vir besoekers), gereelde nuusbriewe en 10%-afslag by die Tygervallei-tak van Cape Union Mart en by die Willowbridge-tak van Outdoor Warehouse (as jy jou ledekaartjie wys; afslag is vir alles behalwe elektroniese toerusting soos GPS’e). Die Stapklub se lidmaatskapvorm is by www.sanlamstaptoerklub.co.za.

BAIE GELUK AAN AL DIE LEDE WAT IN OKTOBER VERJAAR

Esta Koegelenberg (5 Okt), Frikkie Koegelenberg (5 Okt), Delfie Issel (5 Okt), Dirk Kuhn (5 Okt), Mahanda Bence (7 Okt), Pat de Beer (9 Okt), Janine Hitchinson (9 Okt), Rene Hodgson (10 Okt), Madelein Nortjé (10 Okt), Belinda Miller (15 Okt), Reline du Toit (16 Okt), Eugene du Plessis (16 Okt), Karien Fourie (18 Okt), Susal Pohl (19 Okt), Esther Warnich (20 Okt), Cluette Cloete (20 Okt), Jakkie Barnard (23 Okt), Isme Wentzel (25 Okt), Yvonne Odendal (26 Okt), Ryno van Niekerk (27 Okt), André Engelbrecht (27 Okt), Marica Fourie (27 Okt), Manie Blom (29 Okt), Theo Marais (29 Okt), Archie Winterbach (30 Okt) en James Wendel (31 Okt). (Laat weet asb as ons jou naam per ongeluk uitgelaat het.)

LAAT MENS DINK

“The best journeys in life are those that answer questions you never thought to ask.” – Rich Ridgeway

KLUB SE KONTAKBESONDERHEDE

E-pos: amandam@mweb.co.za | Selfoon: 0825703895. Web: www.sanlamstaptoerklub.co.za. Facebook: Sanlam-Staptoerklub Kaapstad. As jou kontakbesonderhede verander het, laat weet ons asseblief. (As jy nie meer ons e-nuus wil ontvang nie, Reply met “Kanselleer” in die onderwerpblokkie.) Van Sanlam-Staptoerklub se bestuur: Amanda, Steph, Ilse, André, Werner en Niel