Bespreek nou by Amanda Matthee by 082 570 3895.
Begintyd: 07:15 by die Houwhoek Hotel ter wille van die hitte-faktor – dit is so ‘n uur se ry tot daar. Moeilikheidsgraad: 2A (12km, geleidelike 400 m klimhoogte). Groepgrootte: 20. Inpak: Eetgoed, genoeg water, sonbeskerming. Wees voorbereid vir enige weer. Koste: R120 brandstofdonasie (80 km x 2). Geen permitgeld nodig nie. Admingelde = R5 (lede) / R20 (nie-lede).
Amanda sê: Nog ‘n lekker stap om die jaar op die pad te kry en jou fiksheid op te bou. Die sirkelroete van 12 km begin by die Houwhoek Hotel (net voor die Houwhoek-pas) en styg geleidelik 400 m tot op die hoogste punt met baie mooi uitsigte. Die plantegroei is hoofsaaklik lae fynbos (geen skaduwee nie). Die paadjie is meestal jeep track. Ons kan die stap afsluit met koue bier of koeldrank en iets te ete op die hotel se stoep.
