~ 27 April 2024: Ons volgende sarsie stappe

NUUS EN STAPSAKE

Dagsê

  • Ons volgende sarsie stappe: Hierdie is net ‘n vinnige nuusbrief om ons volgende sarsie stappe deur te gee. ‘n Groep vertrek vandag om die Outeniqua en Harkerville te gaan stap – met Werner Dalziel as stapleier. Ons het Sosyskloof geherskeduleer vir Saterdag 4 Mei. En in ons volgende nuusbrief sit ons weer stapverslae.
  • Brandstofpryse: Net vir die interessantheid – ons sê altyd dat die werklike brandstofpryse op langstappe minder is as wat in die boekie staan. Die prys in die boekieprogram is uitgewerk die gemiddelde koste om ‘n voertuig met 2 betalende passasiers en ‘n bestuurder wat nie brandstof betaal nie (want die persoon gee sy voertuig) by die stap en weer terug by die huis uit te kry – met ander woorde die “worst case scenario” wat koste betref. Maar sodra ons weet wie kan ry en hoeveel passasiers hulle kan neem, kan ons fyner berekeninge doen. In die geval van die Outeniqua, was die brandstofkoste in die boekie R1300 pp. Maar omdat elke voertuig meer mense kan neem en ons fyner kon bereken, is die werklike koste nou net R830 per persoon.
  • Ons simpatie: Ons simpatie gaan aan Brenda Sideratos wie se stiefpa op 28 Maart oorlede is. Ons dink ook aan Erica Benkenstein wie se man Johann Benkenstein op 6 April oorlede is. Ons dink aan julle en jul geliefdes in hierdie hartseer tyd.

VOLGENDE SARSIE STAPPE

SOSYSKLOOF IN JONKERSHOEK, STELLENBOSCH – SATERDAG 4 MEI 2024

Bespreek nou

Beginpunt- en tyd: Jonkershoek-reservaat se hek om 08:00. Stapleier: Mariette Nortjé by 082 929 8493. Graad: 2A (redelik, sowat 8 km). Groepgrootte: 12. Inpak: Dagsakkie met kos, water, sonbeskerming, reënbaadjie, ens. Koste: Permit R60. Brandstofdonasie R100. Adminheffing R5 (lid) / R10 (besoeker).

Mariette sê: Hierdie skilderagtige sirkelroete in die Jonkershoekvallei buite Stellenbosch klim deur ‘n kloof tot noord van Swartboskloof en loop deur kolle inheemse woud. Van daar loop dit oor ‘n kontoer na Sosyskloof en dan na die uitkykpunt, en dan weer terug tot by die motors. (Daar is ’n koffiedrinkplek by die ingang van die natuurreservaat. Ons het laas na die stap hier gestop vir koffie en koek.)

TAFELBERG: KABELKAR NA MACCLEAR’S BAKEN EN TERUG – SATERDAG 11 MEI 2024

Bespreek vanaf Maandag 29 April per WhatsApp

Beginpunt- en tyd: 13:00 by onderste kabelkarstasie op Tafelbergpad (die kabelkarretjie se kaartjies is R60 goedkoper pp vanaf 13:00). Stapleier: Amanda Matthee by 082 570 3895. Graad

1B (redelik gelyk, sowat 10 km). Groepgrootte: 12. Inpak: Dagsakkie met kos, water, sonbeskerming, reënbaadjie, ens. Koste: Kabelkar-kaartjie (retoer) R360 vir volwassenes (of R120 vir pensioentrekkers). Brandstofdonasie R80. Adminheffing R5 (lid) / R10 (besoeker).

Amanda sê: Hierdie stap is onderhewig aan die weer. Teen Mei het ons gewoonlik pragtige windstil dae. Kom ons maak of ons toeriste is en ry met die kabelkarretjie tot op Tafelberg – dit is altyd ‘n ondervinding. Ons begin by die boonste kabelkarstasie stap al op die voorste tafel langs, deur Platteklipkloof se dippie tot by MacClear’s Baken en dan weer terug. Die roete is 10 km altesaam. Ons sal iewers langs die pad stop vir iets te eet (bring broodjies en koffie) terwyl ons die 10-uit-10 uitsigte oor die stad geniet. Terug by die kabelkarstasie kan ons by die winkeltjie inloer en dalk koffie by die restaurant drink voor ons weer met die kabelkarretjie terugry.

PARADYSKLOOF EN DYLAN LEWIS SCULPTURES, STELLENBOSCH – SATERDAG 18 MEI 2024

Bespreek vanaf Maandag 6 Mei

Beginpunt- en tyd: 08:00 by Paradyskloof buite Stellenbosch. Stapleier: Werner Dalziel by 082 579 0968. Graad: 2B (10 km; 350 m klimhoogte): Groepgrootte: 16. Inpak: Dagsakkie met kos, water, sonbeskerming, reënbaadjie, ens. Koste: Stappermit: R60. Toegang by Dylan Lewis Sculpture Garden: R220 per persoon (studente en pensioentrekkers R150). Brandstofdonasie R100. Adminheffing R5 (lid) / R10 (besoeker).

Werner sê: Die Paradyskloof-watervalroete begin in Paradyskloof op die R44 (Blaauklippen-afdraai) buite Stellenbosch. Dit sluit bietjie rotsklouter in. Die uitsigte is ongelooflik mooi. Die roete is naby die Dylan Lewis Sculpture Garden (ook op die Paradyskloofpad) en daar is die opsie om agterna die tuin met sy indrukwekkende beeldhouwerke te gaan besoek. (Dit is nou die “toer”-gedeelte van die stap.) Ons moet vooraf bespreek om die tuin te besoek. Meer as 60 beelde op roete van 4 km. Sien https://www.dylanlewis.com/garden/sculpture-groupings.

GROOT WINTERHOEK – SATERDAG 25 – SONDAG 26 MEI 2024

Volbespreek

Stapleier: Amanda Matthee by 082 570 3895. Graad: 2B (40 km, klimhoogte 260 km). Groepgrootte: 12. Inpak: Soos vir oornagstap met tent, kos, water, sonbeskerming, reënbaadjie, ens. Koste: Stappermit: R170. Brandstofdonasie R310 (120 km x 2 = 240 km). Adminheffing R10 (lid) / R20 (besoeker).

Amanda sê: Ons vertrek die Saterdagoggend vroeg uit die Kaap na die Groot Winterhoek-natuurreservaat buite Porterville. Ons loop al met die rivier langs tot sowat 1 km anderkant De Tronk waar ons onder die akkerbome teen ‘n waterstroom kamp. Ons neem dan ons dagsakkies en stap sowat 4 km af na Die Hel – die grootste waterpoel in die Wes-Kaap. Dan stap ons terug kamp toe (omtrent 1 uur se stap), drink ietsie en maak lekker kos voor ons in ons tentjies inkruip. Sondag stap ons weer rivier langs terug, met tyd om by die twee groot poele te stop.

TAFELBERG: PLATTEKLIPKLOOF – SATERDAG 1 JUNIE 2024

Bespreek vanaf Maandag 20 Mei

Beginpunt- en tyd: 08:00 by houthuisie by stapbeginpunt op Tafelbergpad. Stapleier: Abrie Marais by 082 578 3046: Graad: 2B (5 km; 650 m klimhoogte). Groepgrootte: Onbeperk. Inpak. Dagsakkie met kos, water, sonbeskerming, reënbaadjie, ens. Koste: Brandstofdonasie R100. Adminheffing R5 (lid) / R10 (besoeker).

Abrie sê: Dit is een van daardie roetes wat hoër voel as wat dit lank is. Maar as jy bestendig stap, sal jy bo uitkom. Die idee van warm koffie op die berg by die kabelstasie se restaurant is ook aanloklik. Die uitsigte vanaf Tafelberg se voorste tafel en vanaf die boonste rotsagtige deel van Platteklipkloof bly prentjiemooi.

JONKERSHOEK: SWARTBOSKLOOF – SATERDAG 8 JUNIE 2024

Bespreek vanaf Maandag 27 Mei

Beginpunt- en tyd: 08:00 by hek van natuurreservaat. Stapleier: Werner Dalziel by 082 579 0968. Graad: 2B (redelik, 16 km, klimhoogte 900 m). Groepgrootte: 16. Inpak: Dagsakkie met kos, water, sonbeskerming, reënbaadjie, ens. Koste: Permit R60. Brandstofdonasie R100. Adminheffing R5 (lid) / R10 (besoeker).

Werner sê: Ons stap Swartboskloof op en af (nie Kurktrekker af nie en ook nie die circuit nie). Dié sirkelroete in die Jonkershoekberge buite Stellenbosch is een van die mooistes in die Wes-Kaap. Ons begin op 320 m en die eerste 5 km of so is opdraand met stroompies en ’n waterval as jy amper bo is. Daarna stap ons op ’n plato (op sowat 1 100 meter) met uitsigte op Tafelberg, Valsbaai, Somerset-Wes, die Strand en Gordonsbaai. Ons stap verby interessante rotsformasies met uitsigte oor Guardian Peak en Pic-Sans-Nom, kyk af in Boegoekloof (begin van Riviersonderendrivier wat ’n takrivier van die Breederivier is) en Nuwejaarskloof (begin van Lourensrivier). Ons omdraaipunt is die nekkie bokant Kurktrekkernek. Ons kom met dieselfde roete terug. Jy sal jou pizza die aand verdien.

LEEUKOP: KONTOERPAD – SATERDAG 15 JUNIE 2024

Bespreek vanaf Maandag 3 Junie

Beginpunt- en tyd: 08:00 by Kloofnek se “Leeukop-parkeerterrein”. Stapleiers: Kobus en Edna Terblanche by 082 379 3171. Graad: 1A (14 km; klimhoogte 262 m). Groepgrootte: Onbeperk. Inpak

Dagsakkie met kos, water, sonbeskerming, reënbaadjie, ens. Koste: Brandstofdonasie R100. Adminheffing R5 (lid) / R10 (besoeker).

Kobus en Edna sê: Die stap se beginpunt is dieselfde as die van die tradisionele Leeukop-roete. Ons stap al met die “rug van die leeu” langs tot by die kramat van Sheikh Mohamed Hassen Ghaibie Shah al-Qadri op Seinheuwel. Daarna volg ons die kontoerpad aan die seekant van Leeukop tot by ‘n klompie dennebome waar ons iets eet en die uitsig oor die see geniet. Van daar af is dit ‘n kort entjie afdraand tot by die motors. Dit is ‘n mooi stap met fantastiese uitsigte oor die see en stad.

MONT ROCHELLE: UITKYKPUNT – SATERDAG 6 JULIE 2024

Bespreek vanaf Maandag 24 Junie

Beginpunt- en tyd: 08:00 by Mont Rochelle buite Franschhoek. Stapleier: Werner Booyens en Brenda Sideratos by 072 122 5216. Graad: 2B (redelik, 6 km, 4 uur, klimhoogte 360 m) Groepgrootte: Onbeperk. Inpak: Reën-, wind- en sonbeskerming, water, piekniekkos, ens. Maak gereed vir enige weersomstandighede en sorg dat jy genoeg warm klere het. Koste: Permit R70. Brandstofdonasie: R110 (2 x 65 km = 130 km). Adminheffing R5 (lid) / R10 (besoeker).

Werner en Brenda sê: Sommer net ʼn lekker winter-dagstap na ʼn uitkykpunt met ongelooflike mooi uitsigte. Ons beginpunt is die Mont Rochelle Natuurreservaat in die Franschhoekpas. Die reservaat vorm deel van die UNESCO-bewaringsgebied. Die roete neem ons via Breakfast Rock na die Uitkykpunt. Hier kan ons koffie drink en iets eet met genoeg tyd om die uitsigte oor die Franschhoekvallei te geniet.

WINTERFUNKSIE: SPREKER EN LEKKER ETE – WOENSDAGAAND 10 JULIE 2024 OM 19:00

Bespreek vanaf Maandag 10 Junie

Plek: Die kerksaal van die NG Kerk La Rochelle. Hoek van Meerlust- en Hadleystraat, Bellair. Op die agenda: Spreker en lekker ete. Besprekings: Amanda Matthee by 082 570 3895. Vir saambring: Eie skottelgoed en drinkgoed. Koste: Koste sal later deurgegee word. Yoco-kaartmasjien by die deur.

JONKERSHOEK: JEEPPAD-SIRKELROETE – SATERDAG 13 JULIE 2024

Bespreek vanaf Maandag 1 Julie

Beginpunt- en tyd: 08:00 by hek van natuurreservaat. Stapleiers: Gerrit en Mariette Nortjé by 082 929 8493. Graad: 1A (11 km, klimhoogte 156 m). Groepgrootte: 16. Inpak: Dagsakkie met kos, water, sonbeskerming, reënbaadjie, ens. Koste: Permit R60. Brandstofdonasie R100. Adminheffing R5 (lid) / R10 (besoeker).

Gerrit en Mariette sê: Ons parkeer by die ingang van die Jonkershoek-natuurreservaat en stap antikloksgewys al met die jeeppad langs tot weer by die hek. Ons halfpadmerk is die Witbrug – bring lekker koffie en broodjies. Dit is ‘n maklike en toeganklike roete omring met pragtige berge. ‘n Lekker wintersoggendstap.

TAFELBERG: 5 DAMME – SATERDAG 20 JULIE 2024

Bespreek vanaf Maandag 1 Julie

Beginpunt- en tyd: 07:30 by Constantianek. Stapleier: Amanda Matthee by 082 570 3895. Graad

2B (trappiespad tot op jeeppad is, 15 km, klimhoogte 569 m). Groepgrootte: 16: Inpak. Dagsakkie met kos en iets warms om te drink, water, sonbeskerming, reënbaadjie, ens. Koste: Brandstofdonasie R100. Adminheffing R5 (lid) / R10 (besoeker).

Amanda sê: Kom ons gaan kyk hoe lyk die damme op Tafelberg in die winter. Ons stap op met die trappiespad en jeeppad tot op die agterste tafel en kyk hoe lyk die vyf damme op ons pad. Lekker dagstap om jou naweek die moeite werd te maak.

HERMANUS-NAWEEK – VRYDAG 26 – SONDAG 28 JULIE 2024

Bespreek vanaf Maandag 6 Mei

Bymekaarkomplek: Vrydagmiddag in Hermanus. Stapleier: Amanda Matthee by 082 570 3895: Graad: Galpin-roete: 2B (15 km / 450 m klimhoogte). Rotspad: 1A (18 km / 60 m klimhoogte). Groepgrootte: 12. Inpak. Soos vir ʼn naweek wat uit 2 dagstappe bestaan. Ons basis in ʼn huis in Hermanus. Dagsakkie met kos, water, sonbeskerming, reënbaadjie, ens. Koste: Verblyf: Sowat R400 vir die naweek. Brandstofdonasie Rxxx (130 km x 2 = 260 km). Adminheffing R10 (lid) / R20 (besoeker). Ons braai albei aande.

Amanda sê: Saterdag stap ons in die Fernkloof-natuurreservaat (3 km oos van Hermanus) na Galpin Hut wat in 1978 deur die Hermanus Botaniese Verenigings gebou is. Dan stap ons via White Rock terug na die beginpunt (sowat 15 km, klimhoogte 450 m). Sondag stap ons die makliker Rotspad tot by die Ou Hawe. Lekker plek om vis en chips op die hawemuur te eet.

SILWERMYN: PANORAMAROETE (SKYWALK) – SATERDAG 3 AUGUSTUS 2024

Bespreek vanaf Maandag 22 Julie

Beginpunt- en tyd: 07:30 by Constantianek. Stapleier: Werner Dalziel by 082 579 0968. Graad: 2B (8 km, 4 uur). Groepgrootte: 16. Inpak: Dagsakkie met kos en iets warms om te drink, water, sonbeskerming, reënbaadjie, ens. Koste: Permit: R40 of Wildcard. Brandstofdonasie R100. Adminheffing R5 (lid) / R10 (besoeker).

Werner sê: Hierdie is die mooiste uitsigroete in die Skiereiland – kom neem jou beste foto’s hier. Die roete is in die Silwermyn-natuurreservaat Wes (afdraai na regs vanaf Ou Kaapseweg). Heerlike dagstap met fantastiese uitsigte sonder om hoog te klim.

AUGRABIES: KLIPSPRINGER – VRYDAG 9 TOT DINSDAG 13 AUGUSTUS 2024 (RY INGESLUIT)

Bespreek vanaf Maandag 13 Mei

Stapleier: Amanda Matthee by 082 570 3895. Graad: 2B (veeleisend; 33,5 km oor 3 dae). Groepgrootte: 12. Inpak: Soos vir 3-dag stap met oornaghutte met beddens en matrasse. Kamp in tent by Augrabies voor en na die stap. Reën-, wind- en sonbeskerming, water, kos, ens. Maak gereed vir enige weersomstandighede en sorg veral dat jy genoeg warm klere het. Koste: Permit R360. Kampplek vir 2 aande R370. Brandstofdonasie R2000 (770 km x 2 = 1540 km). Adminheffing R15 (lid) / R30 (besoeker).

Amanda sê: : Hierdie 3-dag roete in die Augrabies Nasionale Park in die Noord-Kaap begin by die bekende Aurabies-waterval en loop deur ’n fassinerende gebied wat aan ’n maanlandskap herinner. Dié droë, woestynagtige gebied word afgewissel met ‘n verfrissende groen deel langs die Oranjerivier. Ons ry vroeg die Vrydagoggend na die Augrabies Nasionale Park aan die oewer van die Oranjerivier waar ons die aand in ons tentjies slaap. (Ry met N7 tot by Vanrhynsdorp, draai links op R27 en ry via Calvinia na Upington, draai by Upington op N14 tot by Kakamas en draai 8 km ná Kakamas regs af en ry nog 29 km verder na Augrabies.) Ons stap van Saterdag tot Maandag (3 dae). Dag 1: Ruskamp na Fish Eagle Hut – 11 km (bietjie soos Visrivier se boulder hopping langs rivier). Dag 2: Fish Eagle Hut na Berghut – 10,5 km. Dag 3: Berghut na Ruskamp – 12 km. Slaap die aand weer in tentjies. Ry Dinsdag 13 Augustus terug Kaap toe. Die indrukwekkende Augrabies-waterval en die besonderse landskappe van die streek maak die stap spesiaal. Sien Sanparke se brosjure by https://www.sanparks.org/wp-content/uploads/2021/03/klipspringer_trail_brochure.pdf.

HOE OM STAPGELD TE BETAAL

  • Internetbetalings in die “62-rekening”: First National Bank. Rekeningnaam: Sanlam-Staptoerklub. Rekeningnommer: 62049730999. Tak: Civic Centre, Bellville. Takkode: 200910.
  • Inbetalingsbewys vir stapgeld: Stuur aan André Venter by andre@matimbers.co.za en aan die stapleier / staporganiseerder.
  • Verwysing by jou inbetaling: jou naam en van + die stap se naam (bv. Piet Pakstap Kaappunt)

HOE OM LEDEGELD TE BETAAL

  • Internetbetalings in die “62-rekening”: First National Bank. Rekeningnaam: Sanlam-Staptoerklub. Rekeningnommer: 62049730999. Tak: Civic Centre, Bellville. Takkode: 200910.
  • Inbetalingsbewys vir ledegeld: Stuur aan Steph du Toit by steph@essef.co.za en aan André Venter by andre@matimbers.co.za.
  • Verwysing by jou inbetaling: jou naam en van + ledegeld (bv. Piet Pakstap ledegeld)

LIDMAATSKAP VIR 2024

R100 vir die hooflid en R170 per paar (hooflid + gade of kind bo 18). Elkeen moet ‘n lidmaatskapvorm invul. Lidmaatskap hou baie voordele in: Jy kry ’n stap-infrastruktuur met ‘n jaarprogram en stapleiers wat ervare is, voorkeur op besprekingslyste bo besoekers, ’n kleiner administratiewe heffing (R5 per dag teenoor R10 per dag vir besoekers) en gereelde nuusbriewe. Die Stapklub se lidmaatskapvorm is by www.sanlamstaptoerklub.co.za.

ALGEMENE STAPREËLS

  • Vrywillige deelname: Deelname aan enige stap of aktiwiteit van Sanlam-Staptoerklub (ongeag die stapleier of verteenwoordiger) is geheel en al op eie risiko.
  • Kies jou stappe volgens jou fiksheidsvlak: Dit is wenslik om met ‘n makliker stap te begin en geleidelik al moeiliker stappe te doen.
  • Noodhulp: Stappers moet hul eie noodhulp-items saambring. Die volgende word as minimum aanbeveel: 1) Rehydrate (of iets vir krampe), pleisters en verbande. 2) Persoonlike medikasie. 3) ‘n Beskrywing, op ‘n stukkie papier, van enige bestaande mediese toestand wat jy het, en wat ‘n derde party kan help as jy tydens ‘n staptog iets oorkom.
  • Besoekers: Besoekers is welkom om saam te stap as dit stappermit en/of groepgrootte dit toelaat. (Adminheffing van R10 per persoon per dag bo en behalwe die gewone koste van die stap.)

LAAT MENS DINK

“Say yes, and you’ll figure it out afterwards.” – Mandy Hale

KLUB SE KONTAKBESONDERHEDE

E-pos: amandam@mweb.co.za | Selfoon: 0825703895. Web: www.sanlamstaptoerklub.co.za. Facebook: Sanlam-Staptoerklub Kaapstad. As jou kontakbesonderhede verander het, laat weet ons asseblief.

Jy ontvang hierdie e-pos omdat jy ‘n lid van Sanlam-Staptoerklub is of omdat jy toestemming gegee het dat ons jou naam op die nuusbrief se verspreidingslys kan sit. As jy nie meer ons e-nuus wil ontvang nie, Reply met “Kanselleer” in die onderwerpblokkie. Van Sanlam-Staptoerklub se bestuur: Amanda, Steph, André, Werner en Wynand