Dagsê
NUUS EN STAPSAKE
- Stap môre saam by Kogelberg by Bettiesbaai: Hierdie is net ‘n vinnige nuusbrief om te sê ons stap Saterdag 9 April hierdie roete van 24 km deur ongelooflike mooi berglandskappe en fynbos. Daar is nog 3 plekke oop. Bespreek by Werner Dalziel by 082 579 0968 voor 14:00 vanmiddag (of daarna by Amanda Matthee by 082 570 3895). Hierdie stap is ‘n 2B met ‘n klimhoogte van 838m (twee “klimsessies van sowat 400 m elk”).
- Muratie-volmaanstap op Donderdagaand 14 April: Ons het weer ‘n volmaanstap by Muratie die aand net voor Paasnaweek. Sien http://www.dirtopia.co.za/index.php/full-moon-a-sunset-hikes. Die koste is R100 per persoon (en R50 vir kinders onder 10). Bespreek teen Maandag 11 April om 12:00 by Amanda Matthee by 082 570 3895 (sodat ons permitte kan koop). Die stap is altesaam 4 km. Wat dit spesiaal maak is om net ‘n slag op ‘n koppie stil te sit en te kyk hoe die son sak en die maan opkom. Bring lekker piekniekkos saam, en ‘n flits vir die terugstap. (Daar is wyn te koop bo-op die koppie teen R30 per glas. Daar is ook ‘n koffiestalletjie met heerlike koffie by die eindpunt.)
- Landdroskop-naweekstap 1-2 Mei: Hierdie naweekstap is ideaal vir mense wat “lank laas vir ‘n oornagstap of langstap ingepak het”. Daar is nog 2 plekke oop. Sien hieronder en bespreek by Amanda Matthee by 082 570 3895.
- Covid-19 reëls: Covid-19 reëls geld op al ons stappe – afstandhouding, maskers en hande ontsmet; moenie kom stap as jy siek voel of in kontak was met mense wat Covid het nie.
- Stapverslae: Ons sal weer in die volgende uitgawe stapverslae gee.
VOLGENDE SARSIE STAPPE
KOGELBERG BY BETTIESBAAI – SATERDAG 9 APRIL 2022
Nog 3 plekke oop
Beginpunt- en tyd: 07:00 by Kogelberg-Natuurreservaat. Stapleier: Werner Dalziel by 082 579 0968. Graad: 2B, 24 km (8 uur, 838 m klimhoogte). Groepgrootte: 16. Inpak. Dagsakkie met eetgoed, water, windjekker, ens. Maak gereed vir enige weersomstandighede. Koste: Permit R60 of gratis as jy Wildcard het. Brandstofdonasie R160 (110 km x 2 = 220 km). Adminheffing R5 (lid) / R10 (besoeker).
Werner sê: Dis ‘n BAIE mooi stap. Die Kogelberg-Natuurreservaat by Kleinmond lê in die hartjie van die Kaapse Blommeryk en bevat sowat 1 600 plantspesies. Kogelberg is die eerste amptelike biosfeer wat in SA geproklameer is. Die roete loop oor die hange bokant Oudebosrivier, verby Oudebosch na Platbos en ‘n kol oorblywende inheemse woud. Van Platbos volg die roete die een oorblywende spoor van ‘n viertrekpad na Louwsbos en volg dan die loop van die Louwsrivier voor ons langs die oostelike hange van Dwarsberg met die Palmietrivier-roete na die beginpunt terugkeer.
MURATIE, VOLMAANSTAP – DONDERDAGMIDDAG 14 MAART 2022 om 17:30
Bespreek teen Maandag 11 April om 12:00 (sodat ons die permitte kan koop)
Beginpunt- en tyd: 17:30 by die Dirtopia Trail Centre op die plaas Muratiebuite Stellenbosch. Stapleier: Amanda Matthee by 0825703895. Graad: 2A (maklik, geleidelike opdraand en afdraand; 4 km): Groepgrootte: 20. Inpak: Dagsakkie met kos, water, sonbeskerming, windjekker, FLITSLIG, ens. Ook iets soos piekniekkombers om op te sit. Koste: Permit R100 per persoon (wat jy in kontant moet saambring na die stap toe). Brandstofdonasie R60. Adminheffing R5 (lid) / R10 (besoeker). (Daar is wyn te koop bo-op die koppie teen R30 per glas. Daar is ook ‘n koffiestalletjie by die eindpunt.)
Amanda sê: Die son sak om 19:00 en die maan kom teen 19:26 op (maar verskyn eers ‘n rukkie later agter Simonsberg). Hier is nog inligting: This hiking trail has been constructed by Dirtopia, and runs from the Trail Centre at Muratie wine farm to a look-out point with spectacular views of the Winelands. See the sunset over Table Mountain in the distance and the moon rise on Simonsberg side, while enjoying a wonderful adventure with friends and family. The circle route is approximately 3.5 km, and it can take you 30 to 45 minutes to reach the top, so do not arrive later than 18:45 to ensure that you have the full experience. Bring a blanket to sit on while you wait for the sunset / moonrise under the watchful eye of Simonsberg. The look-out point is called Gilloolys where you can enjoy your packed picnic. Snacks & drinks for sale at the Trail Centre where you collect you permit on arrival. You can be back at the Trail Centre between 20h00/20h30, depending on your walking speed and the time you start going down. Bring something warm to wear after dark and a torch, but there are also some torches available at the Trail Centre. Wear good walking / hiking shoes – you are climbing a mountain with steps and various terrain. Sien ook www.dirtopia.co.za/index.php/full-moon-a-sunset-hikes.
D’ARIA-WINGERDE, DURBANVILLE – SATERDAG 23 APRIL 2022
Bespreek vanaf Maandag 11 April
Beginpunt- en tyd: 07:30 by D’Aria. Stapleier: Edna en Kobus Terblanche by 082 379 3171. Graad
2A, sowat 12 km: Groepgrootte: 16. Inpak: Dagsakkie met eetgoed, water, windjekker, ens. Maak gereed vir enige weersomstandighede. Koste: Brandstofdonasie R20. Adminheffing R5 (lid) / R10 (besoeker). Geen permitkoste nie.
Kobus en Edna sê: ‘n Lekker stap tussen die wingerde deur en oor die koppies by D’Aria net buitekant Durbanville. Goeie oefening hier op ons drumpel.
ANTJIE SE PAD (tussen Kareedouw en Humansdorp) – geherskeduleer vir 23 – 28 April 2023
Kry intussen meer inligting oor die roete by http://www.antjiesepad.co.za/index.htm en op Facebook by Antjie Se Pad.
LANDDROSKOP BY NUWEBERG, GRABOUW – SONDAG 1 TOT MAANDAG 2 MEI 2022
Bespreek nou – nog 2 plekke oop
Beginpunt: 08:00 by Nuweberg-bosboustasie buite Grabouw. Stapleier: Amanda Matthee by 082 082 570 3895. Graad: 2A (redelik; 6 uur). Groepgrootte: 12. Inpak: Oornagsak met slaapsak, kos, water, windjekker, ens. Slaap in oornaghutte met matrasse. Wees voorbereid op enige weersomstandighede. Koste: Permit + hout R270 (as jy Wildcard het) / R310 (as jy nie Wildcard het nie). Brandstofdonasie R160 (90 km x 2 = 180 km). Adminheffing R10 (lid) / R20 (besoeker).
Amanda sê: Mooi naweekstap sonder om ver te ry. Ons begin by die Nuweberg-natuurreservaat buite Grabouw en loop deur pragtige berglandskappe en fynbos. Ons loop vanaf die reservaat se kantoor via die Sphinx-roete na Landdroskop se hut (12 km, 3 tot 4 uur). Ons kom gewoonlik so teen 15:00 by die hut aan, wat vir genoeg tyd gee vir sit op ‘n klip om die landskap in te neem of lekker by die hut te kuier. Ons braai die aand. Ons stap die volgende dag met die jeeppad terug (14 km, 4 tot 5 uur). Goeie naweekstap ter voorbereiding vir langer stappe.
HELDERBERG: WESPIEK – SATERDAG 7 MEI 2020
Bespreek vanaf Maandag 25 April
Beginpunt: 08:00 by Helderberg Natuurreservaat, Somerset-Wes. Stapleier:Werner Dalziel by 082 579 0968. Graad: 3C (sowat 12 km / 7 uur) – veeleisend. Groepgrootte: Onbeperk. Inpak: Dagsakkie met kos, water, sonbeskerming, reënbaadjie, ens. Koste: R25 hekgeld per persoon plus R15 per voertuig. R70 brandstofdonasie. Adminheffing R5 (lid) / R10 (besoeker).
Werner sê: ‘n Stewige dagstap wat by die Helderberg Natuurreservaat begin. Ons stap eers tot op die saaltjie en dan tot op die Wespiek (1003 m) vir ‘n fantastiese uitsig oor die see tot by Kaappunt en omringende berge. Ons sal ‘n behoorlike middete bo by die piek eet om die uitsig te geniet.
GROOTVADERSBOS, HEIDELBERG – VRYDAGMIDDAG 13 – SONDAG 15 MEI 2022
Volbespreek
Besprekings: Brenda Sideratos by 072 122 5216. Stapleiers: Brenda Sideratos en Werner Booyens. Graad: 2B (naweek met 2 dagstappe – 15 km en 10 km). Groepgrootte: 12. Inpak: Bly albei aande in chalets in die Grootvadersbos-natuurreservaat. Braai albei aande. Doen 2 dagstappe. Maak gereed vir enige soort weer. Koste: Chalets en braaihout sowat R170 per persoon. Stappermitte R100 vir 2 dagstappe (of gratis as jy Wildcard het). Adminheffing R10 (lid) / R20 (besoeker). Voorgestelde brandstofdonasie R600 (2 x 267 km = 534 km) (uitgewerk vir gemiddelde voertuig met 3 mense, maar net die 2 passasiers betaal).
Werner en Brenda sê: Die Grootvadersbosch Natuurreservaat lê in die Langeberge sowat 22 km noordwes van Heidelberg. Ons ry die Vrydagmiddag met die N2 tot verby Swellendam. Net ná Buffeljags draai ons links in Suurbraak se rigting (R324). Grootvadersbosch is sowat 22 km vanaf hierdie afdraai. Dit is waar ons vir die naweek in chalets oorbly (ons sou kamp maar hulle is nog besig om badkamers op te knap – toe gee hulle vir ons chalets teen dieselfde prys). Braai albei aande. Saterdag: Grysbok-sirkelroete (15 km, 5 tot 6 uur): The Grysboksirkel is a tougher hike, taking you out of the forest-covered valley, up the mountainside through the fynbos area, and on to the ridge of the hills bordering the Boosmansbos Wilderness Area. The hike is a loop and will bring you back to the reserve road. Sondag: Bosbok-roete (10 km, 3 tot 4 uur): This beautiful route wanders through mountain fynbos and indigenous forest, providing a shaded and relatively easy hike for all ages. The route loops in and around the indigenous forest, affording hikers the opportunity to visit both bird hides in the forest, as well as taking them past most of the tree species in the reserve. Pak rustig op en ry terug Kaap toe.
JONKERSHOEK CIRCUIT: PANORAMA-SWARTBOSKLOOF: SATERDAG 21 MEI
Bespreek vanaf Maandag 9 Mei
Beginpunt- en tyd: 07:30by ingang van Jonkershoeknatuurreservaat buite Stellenbosch. Stapleier: Werner Dalziel by 082 579 0968. Graad: 3B, veeleisend, 21 km. Groepgrootte: 16. Inpak: Soos vir dagstap met goeie beskerming teen die elemente. Koste: Permit en hekgeld R50 / Wildcard. Brandstofdonasie R70. Adminheffing R5 (lid) / R10 (besoeker).
Werner sê: Dié sirkelroete in die Jonkershoekberge buite Stellenbosch is een van die mooistes in die Wes-Kaap – veral wat berglandskappe betref. Ons begin by die haarnaalddraai in Jonkershoek en klim dan met die Panorama-roete uit tot net onder Derde Rif- en Banghoekpiek. Daarna volg ons die kontoerpad om ’n entjie verder weer te klim tot op Bergriviernek met asemrowende uitsigte in Assegaaiboskloof af in die rigting van Franschhoek. Dan stap ons oor die moerasagtige Dwarsbergplato en verby Kurktrekkernek se afgaan tot by uitsigpunte wat uitkyk oor Boegoekloof (begin van Riviersonderendrivier wat ’n takrivier van die Breederivier is) en Nuwejaarskloof (begin van Lourensrivier). Daarna stap ons op ’n plato (op sowat 1 100 meter) met uitsigte op Tafelberg, Valsbaai, Somerset-Wes, die Strand en Gordonsbaai. En dan volg ‘n afdraand af in Swartboskloof waarin ons 900 m in hoogte oor 5 km verloor. Jy sal die aand ‘n groot pizza kan opeet. Volgens die pakstapskrywer David Bristow is die naaste kompetisie vir só ‘n dagstap in die Drakensberge.
OLIVE GLEN-DAGSTAP, PAARL: SATERDAG 28 MEI 2022
Bespreek vanaf Maandag 16 Mei
Beginpunt- en tyd: Olive Glen om 08:00. Besprekings: Brenda Sideratos by 072 122 5216. Stapleiers:
Brenda Sideratos en Werner Booyens. Graad: 2A, redelik, 10 km. Groepgrootte: Onbeperk. Inpak: Dagsakkie met kos, water, sonbeskerming, reënbaadjie, swemklere, ens. Koste R30 vir permit. Brandstofdonasie R70. Adminheffing R5 (lid) / R10 (besoeker).
Werner en Brenda sê: Die plaas Olive Glen lê oos van die Paarl in die Klein Drakenstein-berge. Saterdag stap ons via Die Nekkie tot op ‘n kop (sowat 10 km + swem). As ons onder kom, kan ons in die rivier gaan swem. Lekker dagstap net wanneer die ergste hitte van die somer verby is.
MONT ROCHELLE: PERDEKOP – SATERDAG 4 JUNIE 2022
Bespreek vanaf Maandag 23 Mei
Beginpunt: 08:00 by Mont Rochelle buite Franschhoek. Stapleier: Abrie Marais by 082 578 3046. Graad: 3B (redelik, 13 km, klimhoogte 867 meter, sowat 7 uur). Groepgrootte: 16. Inpak: Reën-, wind- en sonbeskerming, water, kos, ens. Sorg veral dat jy genoeg warm klere het. Koste: Permit R50. Brandstofdonasie: R60 (2 x 65 km). Adminheffing R5 (lid) / R10 (besoeker).
Abrie sê: Ons beginpunt is in die Mont Rochelle Natuurreservaat in die Franschhoekpas. Ons stap die sirkelroete linksom (anti-kloksgewys) sodat die terugstap makliker is. Ongelooflike berglandskappe, uitkykpunte en foto-geleenthede. Dit sal jou dag die moeite werd maak.
DURBANVILLE-MEANDER: SATERDAG 11 JUNIE 2022
Bespreek vanaf Maandag 30 Mei
Beginpunt- en tyd: 08:00 by Doordekraaldam (naby Majik Forest). Stapleiers: Edna en Kobus Terblanche by 082 379 3171. Graad 2A, sowat 12 km. Groepgrootte: 16. Inpak: Dagsakkie met eetgoed, water, windjekker, ens. Maak gereed vir enige weersomstandighede. Koste: Brandstofdonasie R20. Adminheffing R5 (lid) / R10 (besoeker). Geen permitkoste nie.
Kobus en Edna sê: Ons stap deur die groen strook in Doordekraal, Bellville – onder meer deur die Majic Forest met sy netwerk van roetes vir stappers en fietsryers. ‘n Luilekker stap om uit te kom in die natuur sonder om ver te ry of heeldag uit te bly.
ALPHEN-ROETE: SATERDAG 18 JUNIE 2022
Bespreek vanaf Maandag 6 Junie
Beginpunt- en tyd: 08:00 by Alphen Hotel, Constantia. Stapleier: Estelle Smuts by 082 335 3776. Graad: 1A (maklik), 14 km. Groepgrootte: Onbeperk: Inpak. Dagsakkie met kos, water, windjekker, ens. Koste: Brandstofdonasie R70. Adminheffing R5 (lid) / R10 (besoeker). Kan gaan koffie drink na die tyd.
Estelle sê: Die 14 km stap in die Constantia-vallei se groen gordel begin by die Alphen Hotel (Alphen Drive, Constantia http://www.alphen.co.za/pdf/Alphen_Directions.pdf). Ons begin met die Alphen Trail (parkeer motors – “most people park their cars on the bend of Alphen Drive that leads off Constantia Main Road to the Alphen Hotel”). Die roete loop langs die Dieprivier tot by Constantiaberg (met ‘n paar bruggies oor die rivier) tot by Le Sueur Avenue in die rigting van Hohenort. Dan stap ons op die Klaasenbosch-roete (stap verby Hohenort Hotel) deur ‘n deel van Kirstenbosch tot by Cecelia Forest, De Hel Nature Area via die Dieprivierroete terug na ons motors.
WALVISROETES (DE HOOP, BREDASDORP)
Volbespreek
Besprekings: Niel en Sharon Visser by 076 992 3375. Graad: 2B, 57 km oor 5 dae. Oor die roete: Ideaal vir mense wat hul eerste langstap wil doen omdat ons met dagsakkies stap. Ons oornaggoed word van hut tot hut vervoer. Elkeen kry ‘n krat waarin hulle hul oornaggoed kan pak. Daar is ook 2 koelhouer-kratte vir vleis en bederfbare kos. Koste: Permit R2530 (permit, verblyf voor die stap, vervoer van oornaggoed, pendeldiens vanaf eindpunt terug na motors). Brandstofdonasie R420 (230 km x 2 = 460 km). Adminheffing R25 (lid) / R50 (besoeker).
WALVISROETE 1: WOENSDAGMIDDAG 22 TOT MAANDAG 27 JUNIE 2022 (rydatums ingesluit)
Beginpunt- en tyd: Aankoms by De Hoop-natuurreservaat tussen 14: en 15:00 die Woensdagmiddag (die reservaat se hekke word dan gesluit). Daar is ook ‘n oriënteringspraatjie deur CapeNature.
Groepgrootte: 12. Inpak: Oornagstap met luukse hutte, waar ons oornaggoed van hut tot hut vervoer word sodat ons met dagsakkies kan stap. Maak gereed vir enige soort weersomstandighede.
WALVISROETE 2: DONDERDAGMIDDAG 23 TOT DINSDAG 28 JUNIE 2022 (rydatums ingesluit)
Beginpunt- en tyd: Aankoms by De Hoop-natuurreservaat tussen 14: en 15:00 die Donderdagmiddag (die reservaat se hekke word dan gesluit). Daar is ook ‘n oriënteringspraatjie deur CapeNature. Groepgrootte: 12. Inpak: Oornagstap met luukse hutte, waar ons oornaggoed van hut tot hut vervoer word sodat ons met dagsakkies kan stap. Maak gereed vir enige soort weersomstandighede.
Niel en Sharon sê: Hierdie roete bied die perfekte kombinasie van stap en vakansie hou by die see. Ons stap met dagsakkies omdat ons swaar oornaggoed en kos van hut tot hut vervoer word. Daar is ‘n hut by die beginpunt waar ons die aand voor die tyd slaap (onthou jy moet voor 15:00 die middag voor die stap daar wees want hulle sluit die reservaat se hek en hulle hou nog ‘n oriënteringspraatjie). Ons motors bly dus veilig in die reservaat terwyl ons stap. Die eerste dag is die moeilikste (met ‘n klimhoogte van sowat 400 m tot op Potberg). Van daar af is dit kusheuwels of seelangs. Ons kom aan die einde van dag 2 by die see uit. Die drie hutte by die see (Noetsie, Hamerkop en Vaalkrans) het wonderlike uitsigte oor die kuslyn. Die hutte is luuks wat stapstandaarde betref – warm storte, spoeltoilette, yskaste, ketels, skottelgoed, en ruim en gesellige kuierplek. Ons kan elke aand vuur maak. Die roete is nie ‘n sirkelroete nie. Daar is ‘n busdiens vanaf die stap se eindpunt terug na ons motors toe (ingesluit by die prys).
- Dag 1: Potberg to Cupidoskraal (15.5 km – difficult ±8 hours): This is the toughest stretch and an early start is recommended. You ascend the Potberg under the watchful eyes of gliding Cape vultures and climb up to the highest point of the trail where you are rewarded with spectacular views. The trail descends along the watershed above Grootkloof where you will find erica and protea species that grow only here and nowhere else in the world!
- Day 2: Cupidoskraal to Noetsie (15.2 km – moderate ±8 hours): The trail follows the crest of the Potberg through mountain fynbos with unequalled views of the Indian Ocean and the Breede River. The route finally exits Potberg and leads onto limestone hills with strikingly different fynbos, then descends to the enchanting bay of Noetsie at the coast.
- Day 3: Noetsie to Hamerkop (8,5 km – difficult ±4 hours of actual walking with 6 hours suggested for several break periods): There is ample time for exploring the coastline on this stretch. Stilgat is a most enjoyable stop. Several vantage points lie ahead until you reach a beach stretching a short distance to Hamerkop Cottage.
- Day 4: Hamerkop to Vaalkrans (10,5 km – moderate ±7 hours): The long beachwalk can be quite strenuous. Allowtime to rest. On the way you pass LekkerwaterLodge. Please respect the privacy of the guests.Look out for the shy oystercatchers andwhitebreasted cormorants basking in the sun. Theintertidal pools on the wave-cut rock platforms andcoral reefs are remarkable sights. The last stretch toVaalkrans ambles through diverse coastalvegetation.
- Day 5: Vaalkrans to Koppie Alleen (7 km – easy ± 3 hours of actual walking, with 6 hours suggested for several break periods): This is a short hike through coastal thickets with ample time to soak up the last of the scenic landscapes. There are two alternative routes for high and low tide. Hippo Pools offers great swimming before the path leads up to Koppie Alleen where the trail ends.
Hoe om by De Hoop uit te kom: Take the N2 from Cape Town to Caledon. Turn right at the second turn off to Caledon. Drive through the town of Caledon and then continue on the R316 to Bredasdorp, via Napier. At the 3rd 4-way stop street in Bredasdorp, turn left into All Saints Street (Engen garage on left corner). Travel approximately 8 km on the R319 towards Swellendam (pass the silos on right-hand side) Look out for a brown sign “De Hoop”. Turn right onto the gravel road signposted Wydgeleë, Infanta, Malgas and De Hoop. Travel for approximately 50 km straight on to Potberg. (Do not turn right at the sign post De Hoop Pad). Go past Ouplaas School. Potberg gate is approximately 10 km from the school. Once you enter the reserve, follow the public entrance signs at the Y-junction to the office. Whale Trail hikers can go straight to their first overnight hut (Potberg hut).
WINTERFUNKSIE: WOENSDAGAAND 6 JULIE 2022 OM 19:00
Bespreek vanaf Maandag 6 Junie
Besprekings: Ilse Marais by 082 377 4584 / ilse.marais@sanlam.co.za. Op die program
Interessante spreker. Plus heerlike ete en kuier.
HOE OM STAPGELD TE BETAAL
- Internetbetalings in die “62-rekening”: First National Bank. Rekeningnaam: Sanlam-Staptoerklub. Rekeningnommer: 62049730999. Tak: Civic Centre, Bellville. Takkode: 200910.
- Kontant en tjekbetalings in die “74-rekening” slegs by ‘n OTM (nie binne-in die tak nie asseblief): First National Bank. Rekeningnaam: Sanlam-Staptoerklub. Rekeningnommer: 74049732396. Tak: Civic Centre, Bellville. Takkode: 200910
- Inbetalingsbewys vir stapgeld: Stuur aan André Venter by andre@matimbers.co.za en aan die stapleier / staporganiseerder.
- Verwysing by jou inbetaling: jou naam en van + die stap se naam (bv. Piet Pakstap Kaappunt)
HOE OM LEDEGELD TE BETAAL
- Internetbetalings in die “62-rekening”: First National Bank. Rekeningnaam: Sanlam-Staptoerklub. Rekeningnommer: 62049730999. Tak: Civic Centre, Bellville. Takkode: 200910.
- Kontant per OTM en tjekbetalings in die “74-rekening”: First National Bank. Rekeningnaam: Sanlam-Staptoerklub. Rekeningnommer: 74049732396. Tak: Civic Centre, Bellville. Takkode: 200910.
- Inbetalingsbewys vir ledegeld: Stuur aan Steph du Toit by steph@essef.co.za en aan André Venter by andre@matimbers.co.za.
- Verwysing by jou inbetaling: jou naam en van + ledegeld (bv. Piet Pakstap ledegeld)
LIDMAATSKAP VIR 2022
R100 vir die hooflid en R70 per gade en/of elke afhanklike kind bo 18. Elkeen moet ‘n lidmaatskapvorm invul. Lidmaatskap hou baie voordele in: Jy kry ’n stap-infrastruktuur met ‘n jaarprogram en stapleiers wat ervare is, voorkeur op besprekingslyste bo besoekers, ’n kleiner administratiewe heffing (R5 per dag teenoor R10 per dag vir besoekers), gereelde nuusbriewe en 10%-afslag by die Tygervallei-tak van Cape Union Mart en by die Willowbridge-tak van Outdoor Warehouse, en 20% afslag by Hi-Tec Access Park in Kuilsrivier (as jy jou ledekaartjie wys; afslag is vir alles behalwe elektroniese toerusting soos GPS’e). Die Stapklub se lidmaatskapvorm is by www.sanlamstaptoerklub.co.za.
BAIE GELUK AAN AL DIE LEDE WAT IN APRIL VERJAAR
Mariette Nortjé (1 April), Joan Killian (3 April), Helen Kriel (5 April), Irma du Toit (7 April), Anelde Lochner (7 April), Peter Thompson (7 April), Hannalie Wendel (9 April), Ilse Marais (16 April), Marina Smit (18 April), Mariska Meissenheimer (18 April), Elisheva Adams (19 April), Johan Snyman (20 April), Miranda Myburgh (24 April), Elma Kritzinger (24 April), Nadine Reynecke (28 April), Ronelle Ehlers (29 April) en Elmien Louw (30 April). (Laat weet asb as ons jou naam per ongeluk uitgelaat het.)
LAAT MENS DINK
“For those who climb, the answer is both obvious and impossible to explain – the everyday concerns of livelihood, of social standing, overdue bills, and futureless romance all fall away before the vast and overwhelming absolute of the mountain.” – Paul Watkins
KLUB SE KONTAKBESONDERHEDE
E-pos: amandam@mweb.co.za | Selfoon: 0825703895. Web: www.sanlamstaptoerklub.co.za. Facebook: Sanlam-Staptoerklub Kaapstad. As jou kontakbesonderhede verander het, laat weet ons asseblief. (As jy nie meer ons e-nuus wil ontvang nie, Reply met “Kanselleer” in die onderwerpblokkie.) Van Sanlam-Staptoerklub se bestuur: Amanda, Steph, Ilse, André, Werner, Niel en Wynand
